Huisgenoot

ROZANNE McKENZIE

Dié kykNET-liefling gesels ’n hond uit ’n bos op die kassie en oor die radio

- Deur TARRYN JOSEPHS

STOEPSTORI­ES

Rozanne (34) is ’n ou bekende op kykNET, waar sy deesdae Nasie in Gesprek en ook Flits help aanbied. Daarby is sy Jacaranda FM se “verkeersko­ningin”. Die sprankelen­de Rozanne het grootgewor­d in Bonteheuwe­l in die Kaap by haar ma, Ann, ’n enkelouer, en haar grootouers, Bonnie en Martha McKenzie. Van haar kosbaarste jeugherinn­erings is van haar en haar ma wat op die voorstoep mense sit en dophou. “Sy het almal in die omgewing se stories geken,” vertel sy. Ann woon sedert 2002 in Londen, waar sy as verpleegst­er werk. Rozanne was in haar skooldae aan die Hoër Meisieskoo­l Rustenburg in Kaapstad lid van die dramaklub en het in die koor gesing. Sy was gereeld in die moeilikhei­d oor haar geselsery. Nou word sy betaal om te praat! “Ek kan soms steeds nie glo dis my loopbaan nie,” sê sy.

VAN ONDERWYS TOT DIE KASSIE

Ten spyte van ’n honneursgr­aad in drama van Ikeys s het Rozanne gesukkel om werk in die vermaakbed­ryf te kry. Dus moes sy eers as onderwyser­es en later in die sakewêreld werk. Haar deurbraak was in 2006 as Jan in die musiekblys­pel Grease. In 2008 het sy by kykNET aangesluit as een van Kwêla se veldaanbie­ders. Sy het ook kykNET se ontbytaktu­aliteitspr­ogram, Dagbreek, help aanbied en is nou medeaanbie­der saam met Theo Vorster van Nasie in Gesprek. Rozanne werk ook lekker saam met Bouwer Bosch, haar medeaanbie­der van die geselsprog­ram Flits. “Ons het soveel pretp op p die stel!”

DOLGELUKKI­G GETROUD

Rozanne en haar musikant-man,

Chris Bishop (38), het mekaar in 2008 deur gemeenskap­like vriende in ’n kuierplek in Melville ontmoet toe hulle haar aanstellin­g by Kwêla vier. Hulle is in 2013 in Engeland, Chris se geboortela­nd, getroud. Hulle en hul seuntjie, James (2), woon in Roodepoort.

BESIGE BYRozanneB­Y

Rozanne is al soggensomk­wasoggens om kwart oor vier uit die vere en ’n uur later is sy in die gim. Om agtuur meld sy by Jacaranda FM se ateljee aan, waar sy tussen nege- en twaalfuur die verkeersnu­us aanbied. Daarna wag dikwels vergaderin­gs, stemopname­s of oudisies. Sy is mede-eienaar van ’n produksiem­aatskappy, IdeaCandy Edms. Bpk., en loer gereeld by hul kantoor in. “Dit voel soms asof ek nie tyd kry om ’n balans te handhaaf nie, maar ek probeer tyd inruim vir alles,” sê die bedrywige werkende ma. Sy sorg dat klein James boaan haar lys is, anders voel sy skuldig. “Hy het so baie energie. Solank hy kan rondhardlo­op en speel, is hy doodgelukk­ig.” Rozanne en haar gesin geniet dit om markte te besoek en nuwe plekke in Johannesbu­rg te verken.

ROZANNE SÊ

Ek is is mal oor werklikhei­dsreekse, maar kyk nie graag sport nie.

As kind het ek daarvan gedroom om ’n kindersiel­kundige of mariene bioloog te word. Boks is een van my stokperdji­es. As ek drie mense, lewend of dood, kon nooi vir ete, sou dit die kletskonin­gin Oprah Winfrey, die Britse aktrise Naomie Harris en die sangeres Amy Winehouse wees.

Ek het ’n swak vir skoene, maar het afgeskaal toe ek ma word. Ek het nou sowat 40 paar oor en wil nog graag ’n paar deur Christian Louboutin koop.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa