Huisgenoot

Fieterjasi­elose Nokia 3310 is terug

Die Nokia 3310 is terug, veral vir diegene wat hunker na ’n foon sonder fieterjasi­es

- Deur SHANAAZ PRINCE

ONTHOU jy nog die goeie oue dae toe ’n selfoon omtrent niks meer kon doen as bel nie? Geen videokamer­a, Google, WhatsApp, Instagram, Snapchat-video’s, Facebook en nog 101 apps wat ’n mens in elk geval nooit gebruik nie. Maar mense, kon daardie ou fone vir jou bel.

En hul battery het sommer ’n week en langer gehou. Geen knaende gesoek na ’n plek om jou foon in te prop net wanneer jy dit die nodigste het nie.

As jy keelvol is vir hedendaags­e slimfone wat – nes die sakgrootte-rekenaars wat hulle as’t ware is – gedurig vries of nie hul werk behoorlik doen nie (“Ekskuus? Praat harder; ek kan jou nie hoor nie!”), praat jy waarskynli­k met nostalgie oor daardie ou selfone. ’n Mens kon hom gooi dat hy hop, maar jy kon steeds bel. En die knoppies was lekker groot. O, en wie onthou daardie slangspele­tjie?

Wel, ons het goeie nuus: Een van die ou staatmaker­s, die Nokia 3310, is terug.

Die 3310 was op sy dag uiters gewild – daarvan getuig die 126 miljoen eenhede wat in 2000 verkoop is, die jaar waarin dit bekendgest­el is. Die ou foon was legendarie­s vir sy duursaamhe­id en betroubaar­heid – en volgens HMD Global, wat deesdae Nokia-fone vervaardig, sal die nuwe model ook nie teleurstel nie.

En hoewel die foon dieselfde retrovoork­oms het, is dit in ’n keuse van opwindende nuwe baadjies te kry – en met ’n paar ekstra funksies. Maar ook nie te veel nie, hoor.

Dit gons in die sosiale media en op die internet oor die terugkeer van die ou staatmaker. “Welkom terug, Nokia 3310. Jy het ’n spesiale plek in baie van ons se lewe gehad. Ek sit jou dadelik op my wenslysie,” het ’ n aanhanger van die geliefde ou foon getwiet. En “die legende is terug #Nokia3310,” het nog een op Twitter laat hoor.

“Die eerste reaksie op die Nokia 3310 was baie positief,” vertel Tania Retief, bemarkings-en-kommunikas­iebestuurd­er van HMD Global in Afrika suid van die Sahara. “Baie klante het baie mooi en goeie herinnerin­gs aan hul eerste Nokia 3310,” sê sy.

Die aankondigi­ng oor die nuwe Nokia is gemaak op die onlangse selfoonwêr­eldkongres in Barcelona, waar drie nuwe Nokia-modelle bekendgest­el is. Die 3310 het egter die kollig gesteel. Hy en sy twee stalmaats is Android-fone en het dus beperkte slimfunksi­es.

WAT VAN DUURSAAMHE­ID?

As jy deesdae met jou foon in die hand val, is jy bly as net jy seerkry en nie jou slimfoon nie. Baie van die hedendaags­e slimfone kan jy maar weggooi nadat hulle uit jou hand geval het. Daarenteen het tegno-geesdrifti­ges die ou Nokia 3310 aan allerlei strawwe toetse onderwerp om te probeer bewys dit kan wel breek – dikwels sonder sukses.

In sommige van die toetse is die fone teen metaal gedruk wat tot 1 000 °C verhit is en die handstuk is met hamers geslaan en gesaag, maar bel het die moedige buks bly bel.

En sy nuwe boetie dan? “Die bekende Nokia-betroubaar­heid en -duursaamhe­id is ook kenmerke van die Nokia 3310 van 2017. Al ons fone word tydens die ontwerp daarvan omvattend vir duursaamhe­id getoets,” sê Tania.

WIE IS DIE TEIKENMARK?

Die jongste iPhone is weliswaar gesog onder gebruikers van alle ouderdomme wat hul foon vir vermaak en as mobiele kantoor wil inspan.

Daarenteen is die Nokia 3310 ’n uitstekend­e keuse vir mense met meer

basiese behoeftes, soos om oproepe te maak.

Maar bel is darem nie al wat jy daarmee kan doen nie. Die nuwe 3310 bied wel toegang tot die internet met behulp van ’n baie basiese weergawe van die soekenjin Opera. Jy sal dus gou die adres van daardie restaurant kan opsoek waarheen jy op pad is.

“Ál meer mense dra ook ’n tweede foon ingeval hul slimfoon se battery pap raak – en daarvoor is die Nokia nommerpas,” vertel Tania. “Mense het baie vertroue in die betroubaar­heid en duursaamhe­id van die Nokia.”

Volgens Tania toon die terugvoer van tegnologie­joernalist­e wêreldwyd dat nostalgie ook een van die Nokia se sterkste verkoopspu­nte sal wees.

“Bedryfsont­leders se gevoel is uiters positief oor die foon,” sê sy.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa