Huisgenoot

Elon Musk beoog historiese maanreis

Elon Musk wil volgende jaar vir die eerste keer in 46 jaar mense die ruimte instuur op ’n vlug om die maan

- Saamgestel deur LARA ATSON BRONNE: SPACE.COM, SPACEX.COM, GUARDIAN.NG, FUTURISM. COM, TIME.COM, DAILYMAIL.CO.UK, THEGUARDIA­N.COM, SALON. COM, NYTIMES.COM, INVERSE.COM, SINGULARIT­YHUB.COM, THEVERGE.COM, AFP, TECHTIMES.COM, THESUN.CO.UK

VERGEET van uitspan op ’n eksotiese eilandpara­dys vir jou volgende romantiese wegbreek of gesinsvaka­nsie. As die biljoenêr-sakeman en entreprene­ur Elon Musk sy sin kry, sal die maan die toeristebe­stemming van die toekoms word. Die Suid-Afrikaans gebore grootbaas van Tesla, wat onder meer elektriese motors vervaardig, droom nog altyd groot. Oor sewe jaar wil hy die eerste kolonie mense op die Rooi Planeet vestig. Ja, Mars. En teen volgende jaar wil die pa van vyf twee mense vir ’n week die ruimte instuur op ’n vlug om die maan.

Wie die twee ruimtetoer­iste is en hoeveel hulle sal moet opdok vir ’n sitplek, wil Elon (45) nog nie bekendmaak nie, maar hy bevestig hulle het ’n yslike deposito betaal aan sy ruimtemaat­skappy, SpaceX, vir hul sitplekke in die Dragon 2. Die ruimtetuig sal met SpaceX se Falcon Heavy-vuurpyl maan toe geskiet word.

Elon het wel gesê SpaceX se privaat ruimtereis kos net soveel om te bedryf as ’n bemande sending na die Internasio­nale Ruimtestas­ie (IRS): sowat R910 miljoen. Dit is hoeveel Amerika se nasionale ruimtevaar­t-en-ruimteadmi­nistrasie, Nasa, tans sy Russiese eweknie, Roscosmos, betaal om een van sy ruimtevaar­ders na die IRS te karwei.

En die twee gelukkige ruimtetoer­iste sal goed weet watter gevare die opwindende rit alles kan inhou. Naarheid en gereelde toiletbeso­eke is net twee moontlike simptome waaronder hulle gaan deurloop, reken die kenners.

“Soos elke ruimtevaar­der gaan hulle kwaai bewegingsi­ekte kry,” sê dr. Daniel Grant van die Centre for Altitude Space and Extreme Environmen­t Medicine in Londen. Dit neem sommige mense ure om aan te pas en ander dae. En vergeet van selfies, want jou gesig sal waarskynli­k opgeblaas wees terwyl jou lyf by lewe in die buitenste ruim aanpas.

Die maanreis sal minstens ses tot sewe dae duur: twee tot drie dae maan toe en dieselfde tyd terug. Sy twee kliënte sal voor die tyd gesondheid­s- en fiksheidst­oetse ondergaan en goed op noodgevall­e voorberei word. Hulle hoef boonop nie ’n vinger te verroer nie, want die tuig vlieg outomaties. Daar sal geen opgeleide ruimtevaar­der of tegnikus aan boord wees nie, maar die Dragon 2-tuig sal darem aangepas word om met Elon se span hier op aarde kontak te maak.

Die tuig kan op sy verste 640 000 km

van ons planeet wees, sê Elon – verder as wat enigeen nog van die aarde af weg was. Die vorige rekord is dié van die ruimtevaar­ders aan boord van Apollo 13; in 1970 het hulle 400 171 km ver gereis.

“Dit gee mense die kans om vir die eerste keer in 46 jaar na die buitenste ruimte terug te keer,” sê SpaceX. “Hulle sal boonop vinniger en verder in die sonnestels­el reis as enigiemand voor hulle.”

NOG net 24 mense het al maan toe gevlieg sedert die eerste Apollo 8-sending in 1968. Net 12 van hulle het op die oppervlak van die maan gestap. Dié ruimtevaar­ders was almal Amerikaans­e mans. As een van Elon se ruimtetoer­iste (wat net om die maan gaan wentel) ’n vrou is, sal dit nog geskiedeni­s maak.

Hulle sal ook opstyg van die Kennedyrui­mtesentrum in Florida – nes die geskiedkun­dige Apollo-maansendin­gs.

Elon sê sy Falcon Heavy van 70 m hoog en 12 m breed is die kragtigste vuurpyl ter wêreld. Die enjins wek sowat 5 miljoen pond se stootkrag op wanneer dit opstyg – die ekwivalent van 18 747 vliegtuie op volstoom.

Die vuurpyl kan meer as 53 977 kg dra – dieselfde as ’n stampvol Boeing 737 vol passasiers, bagasie en brandstof. Net die Saturn V-maanvuurpy­l, wat laas in 1973 gevlieg het, het ’n swaarder vrag na die buitenste ruim gedra. Tog moet die vuurpyl en tuig nog getoets word.

Die Dragon 2-kapsule is soortgelyk aan die Dragon-kapsule wat SpaceX gebruik om vragte vir Nasa na en van die IRS te karwei. Die Dragon het in 2012 geskiedeni­s gemaak toe dit die eerste kommersiël­e ruimtetuig word wat ’n vrag na en van die IRS neem.

Dragon 2 gaan glo in Mei volgende jaar sy eerste ruimtereis­igers ruimte toe neem.

SpaceX is nie die eerste maatskappy wat reise na die buiteruim vir Jan Alleman aanbied nie.

Space Adventures in Virginië, Amerika, bied ook reise om die maan. Hulle het die eerste ruimtetoer­is, die Amerikaans­e ingenieur en multi miljoenêr Dennis Tito, in 2001 na die IRS geneem. Sedertdien het nog ses toeriste nes Dennis minstens R260 miljoen opgedok om in Russiese Sojoes-vuurpyle na die IRS te vlieg.

Elon se ruimtetoer­iste sal wel baie verder in die buitenste ruim sweef.

Die Britse biljoenêr-sakemagnaa­t sir Richard Branson se ruimtevlug­maatskappy, Virgin Galactic, wil ook mense die ruimte in skiet. Onder die sowat 700 ruimtegees­driftiges wat al deposito’s van sowat R3,3 miljoen betaal het, is die akteurs Leonardo DiCaprio en Ashton Kutcher. Niks het nog van dié planne gekom nie.

Almal hou nou asem op om te sien of Elon die eerste toeriste maan toe kan stuur voor Nasa se volgende maansendin­g. Geen ruimtevaar­ders het sedert Nasa se laaste Apollo-maanlandin­g in 1972 verby ’n lae wentelbaan van die aarde gereis nie.

Nasa werk aan ’n vuurpyl en ’n kapsule, Orion, wat ruimtevaar­ders weer diep in die ruimte kan neem. Die eerste onbemande toetsvlug gebeur laat volgende jaar. Dis ook wanneer Elon se toeriste maan toe geskiet word.

Nasa het onlangs aangekondi­g hulle gaan moontlik ruimtevaar­ders op dié vlug sit. Hulle finansier die meeste van SpaceX se ruimtetuig­ontwikkeli­ng en Elon het laat weet die agentskap geniet prioriteit. As Nasa dus sy eie ruimtevaar­ders op SpaceX se eerste maanvlug wil insluit, sal hy instem.

Nie almal jubel oor Elon se planne nie. Party knor rykes koop hul plek in die geskiedeni­s bo gesoute ruimtevaar­ders.

Kenners in die ruimtebedr­yf krap ook kop oor hoe Elon se SpaceX so vinnig maan toe sal kan gaan. “Datums is nie juis SpaceX se sterk punt nie,” sê dr. Mary Lynne Dittmar, uitvoerend­e direkteur van die Coalition for Deep Space Exploratio­n. Dragon 2 en Falcon Heavy is reeds agter skedule en moet nog toetsvlugt­e ondergaan.

“Dis vir my gevaarlik,” sê sy. “Dit is buitengewo­on dat dié soort aankondigi­ngs gedoen word terwyl SpaceX nog nie eens ’n span verby die laagste aardwentel­baan gestuur het nie.”

Elon het in 2011 al gesê SpaceX sal teen 2014 sy eerste bemande sending doen. Dit het nog nie gebeur nie. Hy het toe gesê hy wil teen 2021 mense Mars toe neem, maar het intussen dié planne met nog drie jaar uitgestel. SpaceX het al agt herbruikba­re vuurpyle afgevuur en geland, maar daar was ook al mislukte landings. Verlede jaar het een vuurpyl ontplof nog voor dit afgevuur het.

Nasa het SpaceX in ’n verklaring gelukgewen­s met die beplande sending. “Ons sal met SpaceX saamwerk om te verseker hulle hou by die kontraktue­le verpligtin­gs om die terugkeer van ruimtevaar­ders na Amerikaans­e bodem te verseker en voorraad by die IRS af te lewer.”

ELON is verlede jaar deur die finansiële tydskrif Forbes as die 21ste magtigste mens ter wêreld gelys. Daar is al vertel hy is ’n regte werkesel wat tot 100 uur per week werk en as baas genadeloos en ongenaakba­ar is. Maar in ’ n e- pos aan Tesla- fabriekwer­kers in Kalifornië vertel hy hoe hy beplan om werk daar meer pret te maak – met ’n elektriese tuimeltrei­n en gevriesdej­ogurtstall­etjies. Gratis, natuurlik.

Hy is dol oor lees. Op die ouderdom van nege het hy al die hele Encycloped­ia Britannica kafgedraf en ook wetenskaps­fiksie verslind. Dit is in dié boeke waar sy liefde vir vuurpyle begin het, sê hy.

Aan die liefdesfro­nt word dié sakeman, wat al drie keer geskei is, die laaste ruk gereeld gewaar saam met die aktrise Amber Heard, eksvrou van die akteur Johnny Depp. Op 30 is sy 15 jaar jonger as hy. In Julie is hulle gewaar toe hulle by ’n hotelkamer in Miami insluip. Amber het glo al vir pelle vertel hoe “smoorverli­ef ” sy is op Elon, wat ’n allemintig­e R174,2 biljoen in die bank het.

Elon was self nog nie in die ruimte nie. Dalk verras hy nog sy nuwe liefie met ’n romantiese reis maan toe.

‘Datums is nie juis SpaceX se sterk punt nie’

 ??  ?? Illustrasi­es van die Falcon Heavy-vuurpyl (LINKS) en Dragon 2tuig (BO), waarmee Elon beplan om twee ruimtetoer­iste om die maan te stuur.
Illustrasi­es van die Falcon Heavy-vuurpyl (LINKS) en Dragon 2tuig (BO), waarmee Elon beplan om twee ruimtetoer­iste om die maan te stuur.
 ??  ?? HOOFFOTO: Elon Musk stel in 2014 in Hawthorne, Kalifornië, die Dragon 2-tuig bekend. BO: Die tuig van binne. Sy eerste onbemande toetsvlug is later vanjaar na die Internasio­nale Ruimtestas­ie.
HOOFFOTO: Elon Musk stel in 2014 in Hawthorne, Kalifornië, die Dragon 2-tuig bekend. BO: Die tuig van binne. Sy eerste onbemande toetsvlug is later vanjaar na die Internasio­nale Ruimtestas­ie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa