Huisgenoot

Local Is Lekker

-

Die sepie 7de Laan het onlangs sy partytjiek­lere aangetrek etrek k vir sy 4 000ste episode. Die vervaardig­ingspan, spelers rs en mense in die vermaakbed­ryf het die mylpaal by Katy’sty’s Palace Bar in Johannesbu­rg met musiek, koek, kos en vonkelwyn gevier. DANIE ODENDAAL, wat met die idee vir die sepie vorendag gekom het, was daar. Hy het aktrises es soos VINETTE EBRAHIM (Charmaine) en ANNELISA WEILAND (Hilda), wat al inwoners van die Laan is sedert dit in 2000 begin het, gehelp om die koek te sny. “Wat ’n opwindende roller-coaster ride. 7de Laan bly ’n plesier en ’n voorreg,” het THEODORE JANTJIES (Xander) gesê. Hy en JACQUES BLIGNAUT (Vince) is albei al 12 jaar in 7de Laan. “Toe ek by 7de Laan begin, was ek ongetroud en kinderloos. Nou is ek al nege jaar getroud en het ek drie kinders,” het Jacques vertel. Vinette was van die sepie se eerste episode daar. “Ek het daar aangekom toe ek in my 40’s was; nou is ek 60,” het sy gesê. “Dis ’n leeftyd. Ek het mense sien kom en gaan. Storielyne gehad wat wonderlik was, asook storielyne wat bitter seergemaak het. En al wat ek kan sê, is: Dit bly elke dag ’n belewenis. Dit is ’n voorreg om lid van die 7de Laan-familie te wees.” In die spesiale aflewering van 7de Laan se 4 000ste episode op 9 Maart het Xander en Vanessa (Ingrid Paulus) hul huweliksbe­loftes hernu. Dit was ’n storielyn vol intrige. Met karakters soos Wilmien (Nina Swart), Dezi (Elma Postma), Karien (Christi Panagio) en Errol (Christo Davids) wat vir die geleenthei­d ’n draai kom maak het, was Hillside behoorlik in rep en roer.

 ??  ?? Hennie Jacobs (Diederik) en sy vrou, Marissa.Marissa Die sanger André Schwartz het saam kom feesvier. Hier kuier hy saam met Vinette.
Hennie Jacobs (Diederik) en sy vrou, Marissa.Marissa Die sanger André Schwartz het saam kom feesvier. Hier kuier hy saam met Vinette.
 ??  ?? LINKS: Theodore Jantjies tjies (Xander) en Jacques Blig-Blignaut (Vince), die Meinntjies-sepiebroer­s, bekyk kyk 7de Laan se drielaagko­ek koek versier met foto’s vann die Laan-akteurs. REGS: Quinne Brown, wat die rol vann Con-Connie vertolk, was uitgevatev­at vir die aand. HEEL REGS:EGS: Carina Nel, wat dr. Alexaexa Welman speel, en haar man, Deon Nagel.
LINKS: Theodore Jantjies tjies (Xander) en Jacques Blig-Blignaut (Vince), die Meinntjies-sepiebroer­s, bekyk kyk 7de Laan se drielaagko­ek koek versier met foto’s vann die Laan-akteurs. REGS: Quinne Brown, wat die rol vann Con-Connie vertolk, was uitgevatev­at vir die aand. HEEL REGS:EGS: Carina Nel, wat dr. Alexaexa Welman speel, en haar man, Deon Nagel.
 ??  ?? David Rees (Chris) saam met Karen Retief, wat rolverdeli­ng by 7de Laan behartig en ’n dialoogafr­igter is.
David Rees (Chris) saam met Karen Retief, wat rolverdeli­ng by 7de Laan behartig en ’n dialoogafr­igter is.
 ??  ?? LINKS: Annelise van der RystHattin­gh (Matrone) en Terence Bridgett (Jerome). REGS: Danie Odendaal, 7de Laan se “pa”, by Annelisa Weiland (Hilda, links) en Vinette Ebrahim (Charmaine).
LINKS: Annelise van der RystHattin­gh (Matrone) en Terence Bridgett (Jerome). REGS: Danie Odendaal, 7de Laan se “pa”, by Annelisa Weiland (Hilda, links) en Vinette Ebrahim (Charmaine).
 ??  ?? LIN LINKS: Tammy va van der Merwe en haar kêrel, T Theodore. ONDER: Madelaine L Lötter en ha haar man, die akt akteur André Lötte Lötter (Rickus).
LIN LINKS: Tammy va van der Merwe en haar kêrel, T Theodore. ONDER: Madelaine L Lötter en ha haar man, die akt akteur André Lötte Lötter (Rickus).
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa