Huisgenoot

Bobby: Dít het ek in my 30 jaar geleer

Met sy myl paal-mylpaalver­jaardag dag het Bobby ’n wonder-wonderlike beroeps-oeps- en gesinslewe,we, maar hy’t ook lesseesse langs die pad geleer,eleer, nes ander bekendes ekendes wat nou terugkyk gy op hul l groot drie- -nul

- Deur MARISA FFOCKEMA (Blaai om)

HY WAS ’n 16-jarige skoolseun toe hy met sy kitaar die langpad begin vat. Namate die jong troebadoer met die smeulende kyk sy musiek na die uithoeke van ons land geneem het, het sy gewildheid toegeneem. Deesdae is Bobby van Jaarsveld, wat op 6 Maart sy 30ste verjaardag gevier het, ’n prins van die Afrikaanse musiektone­el en het die singende skoolseun van weleer ’n gesin van sy eie.

Van die mylpale op Bobby se reis as kunstenaar is vyf albums, 45 musiekprys­e, twee verhoogstu­kke, verskeie rolle in sepies en twee in flieks, Liefling en As Jy Sing. Hy en die ewe gewilde sangeres Karlien van Jaarsveld, sy suster, het nou hul eie werklikhei­dsreeks, Bobby en Karlien: In Jou Skoene, op VIA. Daarin verruil boet en sus hul glanslewe om 48 uur op ’ n keer in die skoene van ge wone Suid-Afrikaners te stap, onder andere ’n polisieman, padwerkers en die dapper wagte wat renosterst­roping moet keer (’n Rots vir mekaar, 12 Januarie).

Saam met sy medesanger­s Karen Zoid, Lira en Kahn Morbee is Bobby ’n afrigter in die werklikhei­dsmusiekpr­ogram The Voice South Africa op M-Net.

Toe ons in 2015 saam met die hartebreke­r en sy jeugliefde, Annatjie, in Mauritius gaan vakansie hou, was hulle soos enige gewone verliefde jong paartjie. “Vir my sal ons altyd twee skoolkinde­rs bly wat op mekaar verlief geraak het,” het Annatjie toe vertel (Lag, liefde en lawwigheid, 26 Februarie 2015).

Hulle het op 7 Januarie hul sesde huwelikshe­rdenking gevier. “Saam is ons al deur hemel en hel,” het Bobby in die sosiale media aan Annatjie geskryf, “maar ek sal jou elke dag weer en weer kies. Ek is baie vir lief jou.”

Die paartjie het twee seuns, Sion (5) en Leben (4). Hul dogter, Armani, het op 7 Maart een jaar oud geword, net ’n dag ná pa Bobby se 30ste verjaardag. “Nou enige dag gaan ons klein Armani loop,” het Bobby onlangs by ’ n Instagramf­oto geskryf. Daarop hou hy haar hand vas terwyl sy versigtige treetjies op die strand gee. “Ons oefen solank op die strand hier by Langebaan,” het hy bygevoeg.

Maar al gedy Bobby se loopbaan nou en droom baie aanhangers van ’n gesinslewe soos syne, was sy lewe ook nie aldag maanskyn en rose nie. Soos vir almal, was daar ook harde lesse langs die pad. Ons het hom gevra om 30 dinge met ons te deel, een vir elkeen van sy lewensjare.

BOBBY SE LESSE

My gesin is my alles. Jou loopbaan is nie al wat tel nie; jou gesin is.

Trek die mense nader wat jou opbou. Laat gaan diegene wat skade veroorsaak en jou aftrek.

Soms begin jou vriend as ’n vyand en jou vyand as ’n vriend. Die mense wat jy gedink het vyande is, word dalk jou beste pelle, en jou beste pelle kan dalk jou vyande word. Hou jou vriende naby, maar jou vyande nog nader.

As jy die wêreld ’n beter plek wil maak, begin die mense help wat die naaste aan jou is. Dis iets wat ek veral besef het met In Jou Skoene se Bingo-episode, waar Karlien na haar huishulp, Bingo Ramapsepse, se woonplek in ’n informele nedersetti­ng naby Marble Hall is. Daar was geen badkamer nie, net ’n puttoilet buite wat sy met haar eie hande gegrawe en gebou het. Dit het my oë oopgemaak oor hoe mense in moeilike omstandigh­ede oor die weg kom. Stap weg sodra mense begin skinder. ’n Skelm sigaret so af en toe is net so sleg vir ’n mens soos om permanent te rook. Los dit finaal.

Waardeer klein goedjies, soos jou stembande, want dit kan so maklik weggevat word. (Bobby het sy stem ooreis nadat hy die afgelope paar jaar baie gesing het. Dit het groeisels op sy stembande laat vorm en hy moes begin verlede jaar ’n operasie ondergaan om die poliepe van sy stembande te laat verwyder. Hy moes twee weke lank ná sy stemoperas­ie tjoepstil bly en het die afgelope jaar minder as gewoonlik opgetree.) Ek het op 13 Maart weer ’n opvolgonde­rsoek by ’n stemspesia­lis. Dis natuurlik moeilik en soms uitdagend om so geduldig te wees, maar ek hou duim vas alles lyk nou weer goed. Ek moet meer braai. Maak vrede met jou familie. Sit saam om ’n tafel en vind uit wat in mekaar se lewe aangaan, wat die seer in almal se lewe is. Probeer mekaar se hart sien en pluis die strooi uit. As party twis en mekaar nie wil ken nie, maar die res wil wel, baklei daarvoor. Jou ooms en tannies se geveg is nie jou geveg nie. Die lewe is te kort. Nes ons elkeen ’n roeping het met ’n doel waarin ons kan slaag of misluk, so het ’n gesin en familie ook ’n roeping om

‘My gesin is my alles. Jou loopbaan is nie al wat tel nie; jou gesin is’

saam ’n sekere doel te bereik: om God te soek en die wêreld ’n beter plek te maak vir die volgende geslag Van Jaarsvelds. Ek wil hê my seuns en dogter moet weet wie hul neefs en niggies is. Ek wil hê hulle moet ’n familieban­d van samesyn beleef en hul uitgebreid­e familie ken. Lag meer en stres minder. Slaap meer. Maak vrede met die spieël. Ek is nogal ’n beheervraa­t. Ek wil beheer hê oor hoe ek lyk en oor wat met my gebeur. Maar ek het besef sulke nietighede is onbelangri­k toe ek in die Vernon Barnardepi­sode van In Jou Skoene vir twee dae geblinddoe­k is en bloot moes oorgee en aanvaar ek kan nie sien nie. (Vernon is die blinde sanger wat Bobby verlede jaar vir The Voice South Africa afgerig het.) Sê meer dankie. Onderwerp jou aan die wil van die Here. ’n Mens is so geneig om net stukstuk, pleks van heelhartig, oor te gee aan God se wil vir jou lewe.

Kuier meer saam met minder vriende.

Die breë weg is nie noodwendig altyd die verkeerde pad nie. Jy leer ook lesse en groei deur op dié pad te stap en so vind jy ook weer die smal weg.

Ek het vanjaar so baie van oordeel geleer. Elke mens kry te doen met oordeel, maar ons (hy en Karlien) het dit elke dag ervaar omdat mense sulke verskillen­de menings oor ons het. Karlien het baie kritiek gekry ná haar egskeiding (van die voormalige Springbok Derick Hougaard). Omdat ons so na aan mekaar is, maak snedige kommentaar oor ons ons albei seer.

Ek vra dat ons genade sal hê vir mekaar, dat ons sal begryp ons almal is net mens. Dit sal my hart verbly as ons altyd die beste in mekaar kan raaksien.

Vergewe mekaar. Ouers, vergewe jul kinders, en kinders, vergewe jul ouers. So ook jul broers en susters.

Onthou ’n storie het altyd drie kante: myne, joune en die waarheid. Moenie oordeel nie; jy het nog nie in daardie mens se skoene gestap nie. Soek God met alles wat jy kan, selfs al voel dit of jy in die donker sonder ’n flits wandel. Keep on swimming. Bewaring is die mensdom wat omgee vir die toekoms. Sommige mense is so arm, al wat hulle besit, is geld. Die enigste manier om goeie werk te doen is om die werk wat jy doen lief te hê. Oudpres. Nelson Mandela het ’ n nalatenska­p agtergelaa­t waarop ons moet voortbou: Ons is ons kinders ’n lewe sonder geweld of vrees verskuldig. Niemand is so weerloos soos kinders nie. Moenie verskoning­s maak nie; maak verbeterin­gs. Wees die beste jy wat jy kan. Jy is nooit te oud om ’n nuwe doel te stel of droom te hê vir jou volgende lewensfase nie. My doel vir die volgende fase in my lewe gaan oor my gesin: Ek wil die beste pa vir my kinders en die beste man vir my vrou wees. Hoe meer ons deel, hoe meer besit ons. Ek het soveel om voor dankbaar te wees. Ek wil elke oomblik waardeer.

Bobby en Karlien: In Jou Skoene word Woensdae om 20: 30 op VIA (DStv-kanaal 147) uitgesaai in samewerkin­g met Toyota SA, Huisgenoot en Jacaranda 94.2. Die heruitsend­ing is Sondae om 18:30.

 ??  ?? KLOKSGEWYS, van regs: Bobby van Jaarsveld is op 30 een van die gewildste Afrikaanse sterre; hy en ousus Karlien van Jaarsveld bied saam Bobby en Karlien: In Jou Skoene aan; Bobby en sy vrou, Annatjie, op ’n ete saam met familie op sy 30ste verjaardag; hy is ’n stemafrigt­er op The Voice South Africa; Bobby het al op skool die langpad begin vat om musiek te maak; hy en Annatjie is al sewe jaar getroud.
KLOKSGEWYS, van regs: Bobby van Jaarsveld is op 30 een van die gewildste Afrikaanse sterre; hy en ousus Karlien van Jaarsveld bied saam Bobby en Karlien: In Jou Skoene aan; Bobby en sy vrou, Annatjie, op ’n ete saam met familie op sy 30ste verjaardag; hy is ’n stemafrigt­er op The Voice South Africa; Bobby het al op skool die langpad begin vat om musiek te maak; hy en Annatjie is al sewe jaar getroud.
 ??  ??
 ??  ?? REGS: Bobby vermoed Armani, wat ’n dag ná haar pa se verjaardag ’n jaar oud geword het, gaan binnekort begin loop. ONDER: Bobby, Annatjie, Karlien en sy en Karlien se suster, Cara Brink, op sy 30ste verjaardag­partytjie.
REGS: Bobby vermoed Armani, wat ’n dag ná haar pa se verjaardag ’n jaar oud geword het, gaan binnekort begin loop. ONDER: Bobby, Annatjie, Karlien en sy en Karlien se suster, Cara Brink, op sy 30ste verjaardag­partytjie.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa