Huisgenoot

Darren Scott se meisie sy rots

-

HY WEET hoe dit voel as die lewe jou die een dwarsklap ná die ander uitdeel. Hy ken die kommer van ’ n pa wie se kleuterseu­n teen kanker stry. Boonop het die groot K al herhaaldel­ik ’n skadu oor sy eie lewe kom gooi. Voeg ’n traumaties­e egskeiding en finansiële en werkproble­me daarby, en dis genoeg om jou soos ’n eietydse Job op die ashoop te laat beland.

Maar waar die omroeper Darren Scott nou in sy huis in Fourways, Johannesbu­rg, sit, lyk dit of die swaarkry van die verlede net ’n vae herinnerin­g is. “Ek is vir die eerste keer in ’n lang tyd weer gelukkig,” sê hy terwyl ’n skoonheid met diepbruin oë en lang blonde hare stralend langs hom sit.

Nooit het Darren (53) gedink hy sou ná sy egskeiding van die voormalige Mev. Suid-Afrika Sarah-Kate Seaward weer liefde vind nie, maar toe kanker hom die soveelste keer in die hospitaal laat beland, verskyn Natasha Laird (38) in sy lewe. So asof sy van Bo gestuur is.

Eintlik het sy vir ’n werkonderh­oud opgedaag toe hy aan die einde van 2015 opgeneem is om melanoomka­nker in sy linkerlong te laat verwyder. In dié tyd het hy in die hospitaal se kantien onderhoude gevoer vir ’n nuwe bemarkings­pos by Xtreme Visual Radio, een van sy aanlyn radiostasi­es. Natasha, wat kort tevore uit die Kaap Johannesbu­rg toe verhuis het, was een van die vyf kandidate.

“Toe ek haar die eerste keer ontmoet, was sy glad nie wat ek verwag het nie. Ek het gedink sy is hierdie pragtige blondekop wat die lewe vir jou kan moeilik maak. Maar sy was die teenoorges­telde en ek het onmiddelli­k in haar belanggest­el,” onthou hy.

In 2003, toe Darren nog vir 5FM uitgesaai het, het Natasha elke oggend na sy rasperstem geluister, maar nie geweet dit is die man wat die onderhoud met haar sou voer nie. “Ek het nie eens geweet wie hy is nie. Ek moes Darren google om uit te vind wie hy is.”

Met haar goeie kommunikas­ievaardigh­ede en sjarme het sy hom beïndruk en sy het die pos losgeslaan. “Teen middel verlede jaar het ons mekaar beter leer ken. Sy was, nes ek, besig om te skei,” vertel Darren. “Ons het baie dinge gemeen gehad, en dit is hoe alles begin het.”

Met ’n vonkel in die oog sê Natasha: “Hy het my beslis betower.”

OP DIE oog af lyk die twee soos verliefde hoërskoolk­inders, maar die manier waarop hulle na mekaar kyk, verklap hier is iets diepers aan die gang. Ten spyte van alles wat Natasha oor hom gelees en gehoor het, het sy geen vooropgest­elde idees oor hom gehad nie. Sy het kans gesien om hom beter te leer ken, vertel Darren oor die begin van hul verhouding.

Sy geskiedeni­s is geen geheim nie – van die wolk waaronder hy in 2011 by SuperSport en Jacaranda FM weg is nadat hy Africa Tshoaedi, ’n kollega by dié radiostasi­e, die k-woord toegesnou het, tot sy egskeiding van Sarah-Kate.

Was Natasha skepties oor al die omstredenh­eid? “Ek was aan die begin

Bestendigh­eid is die omroeper Darren Scott eindelik beskore – en hy skryf dit grootliks toe aan die pragtige vrou aan sy sy Deur JACQUES MYBURGH Foto’s: ROWYN LOMBARD

geïntimide­er, maar ek het hom in my vertroue geneem en hy my,” vertel sy.

“Natasha weet alles van my,” beaam Darren, “van die finansiële probleme wat ek gehad het en van alles wat ek die afgelope vyf jaar deurgemaak het.”

Darren se geldsake het verlede jaar die nuus gehaal toe ’n gewese vriend en sakevennoo­t, Anthony Duke, ’n siviele eis teen hom instel vir R1,125 miljoen wat hy Anthony skuld. “Ons het besluit om buite die hof te skik en die ou koeie finaal te begrawe,” sê hy nou hieroor.

“Ons het vir mekaar gesê dit is nie die moeite werd om ’n jare lange vriendskap oor geld weg te gooi nie. Toe ons mekaar die eerste keer weer buite die hof sien, het ons mekaar omhels.”

Darren is ook dankbaar hy is nou vry van kanker. Hy was nog in sy vroeë 20’s toe ’n melanoom in 1986 van sy lae rug verwyder is (Ek sal die kanker weer oorwin, 5 November 2015).

Die volgende jaar moes kanker uit sy lies gesny word. Toe, ná 20 jaar, kry hy melanoom op sy ken.

Groeisels moes ook al op verskeie ander plekke aan sy lyf verwyder word, en eindelik ook ’n gewas uit sy long.

“Ek het in November vir ’n ondersoek gegaan,” vertel hy. “Ek is altyd bang om te gaan. Ek het al vier keer kanker gehad, maar is nou skoon.”

Ook met sy gesondheid­sprobleme was Natasha nog altyd ’n steunpilaa­r vir hom. “Sy sorg dat ek altyd weet sy is daar om my te steun. Ek dink ook dit is hoekom ek so na aan haar voel. Sy aanvaar my vir wie ek is.”

Natasha werk steeds vir Darren se aanlyn radiostasi­e Hot 91.9 FM. Sy behartig die bemarking en reël geleenthed­e.

Werkkwessi­es laat hulle by die werk agter wanneer hulle huis toe gaan, vertel die twee.

“Sy verstaan ek is haar baas. Wanneer ek met haar oor iets moet praat, bring sy dit nie saam huis toe nie. Ek hoef nooit op die bank te slaap nie,” vertel Darren laggend.

En dit wil lyk of hierdie gebreekte pot as’t ware sy gom en sy deksel gevind het. “Sy is deel van die genesingsp­roses,” benadruk hy, maar voeg by hy het ook besef hy is geneig om hom oor gedane sake te verknies en moet end kry daarmee.

“Met die egskeiding het ek besluit om nie oor dinge te tob nie, om die dinge te bestuur wat in my mag is om te bestuur en enaannetee­ndingopaan net een ding op ’n ’nsla slag te dink. Dit is opsigself ’n genesende ding. Dinge gebeur. Gaan aan. Leef nou jou lewe.”

Hy en Sarah-Kate het in 2015 ’n verklaring uitgereik dat hulle ná 12 jaar saam “en amper ses jaar se getroude lewe – waarvan vyf gekenmerk is deur verskeie uitdagings vir ons huwelik en gesin” besluit het om te skei. Vriende het hul huwelik as “onstuimig” en “een van daardie aan-af-verhouding­s” beskryf (So lank al op pad na breekpunt, 12 November 2015).

Van sy gewese vrou sê Darren nou: “Sy is ’n fantasties­e ma. Ek kan sommer sien die kinders is gelukkig.”

Hul oudste seun, Mark (6), is nou perdfris en gesond nadat nierkanker op net 15 maande by hom gediagnose­er is en hy ses maande lank chemoterap­ie ontvang het. Hy en sy kleinboet, Matthew (4), kom goed oor die weg met Natasha se twee dogters, Trinity (13) en Shylah-Star (5). “Hulle is so oulik wanneer hulle bymekaar is,” vertel Natasha.

“Ek is mal oor haar dogters en my seuns is mal oor Natasha,” las Darren by. “Dit is ’n huis met baie liefde en positiewe energie.”

Opblaasbot­e wat op die swembad dryf, verklap dat kinders gereeld hier skaterlag en speel.

In die paartjie se kombuis hang ’n bordjie met die woorde: “Everything happens for a reason.”

“Dis een van Natasha se gunsteling­sêgoed,” verduideli­k Darren. “’n Volmaakte voorbeeld daarvan is dat ek nou so gelukkig is in my radiowerk soos wat ek laas was toe ek by 5FM begin het, en dit is 20 jaar gelede.”

Kan ons ons ore begin spits vir die gelui van trouklokke? “Nee wat,” sê Darren. “Ons vat dit baie rustig. Ons albei is baie gelukkig met waar ons op die oomblik in die lewe is.”

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ?? Die kinders het vinnig maats geword. Hier is hulle tydens ’n uitstappie in Desember.
Die kinders het vinnig maats geword. Hier is hulle tydens ’n uitstappie in Desember.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa