Huisgenoot

Tereza Troskie weer reg vir ’n baba

Tereza het vir die tweede keer ’n surrogaat gekies en glo dié keer gaan dinge anders wees as met die tragedie van klein Jayden

- Deur JANA SMIT

DIE afgelope vier jaar was hul lewe ’ n wipwarit van uiterse emosies: eers kinderlike opgewonden­heid oor die vooruitsig van ’n swangerska­p, gevolg deur die skok en verslaenth­eid oor kankersell­e in haar baarmoeder en ’n histerekto­mie.

Al was dit daarna vir Tereza TroskieHer­bst (48) onmoontlik om self die lewe aan ’ n baba te skenk, kon sy en haar tweede man, Bennie Herbst (37), danksy die hulp van ’n surrogaatm­a opnuut van ’n eie kind begin droom.

Maar net ses dae nadat hulle die ekstase beleef het om eindelik hul babaseun in hul arms te hou, is hulle in rou gedompel toe klein Jayden skielik sterf nadat sy neus begin bloei het (So stukkend oor ons seuntjie, 11 Augustus 2016).

Nou begin ’n nuwe hoofstuk vir Tereza en Bennie. Hulle droom weer van ’n baba hier in die ruim agtslaapka­merhuis in Bloemfonte­in waar hulle en Jamie (18), haar seun uit haar huwelik met die sakeman Boet Troskie, aan die begin van die jaar ingetrek het.

Nadat hulle oor Jayden gerou het, was dit byna ’n logiese besluit om weer hul droom te probeer waar maak, vertel die voormalige Mev. Suid-Afrika.

“Ons het altyd geweet dit sal weer kom. Mense wat weet, sê ook die beste manier om van die gemis ontslae te raak is om nog ’n baba te kry.”

Hulle het reeds op ’n surrogaatm­a, ’n 31-jarige getroude vrou, besluit. Sy het onlangs saam met haar man en jong tienerseun by hulle kom braai. “Ons begin volgende maand met die proses,” vertel Tereza. Dit behels onder meer die opstel van kontrakte.

Waar sy in haar slaapkamer op die bed sit en gesels, haar lang swart hare glinsteren­d, weet sy dié keer gaan alles anders wees. “Ek glo in my hart die eerste inplanting (met in vitro-bevrugting) gaan suksesvol wees.”

Die nuwe surrogaat deel hul opgewonden­heid. Tereza wil nie in dié stadium haar naam bekendmaak nie. Die vrou, ’n haarkapper en naeltegnik­us, het self al ’n kind aan die dood afgestaan nadat sy laat in ’n swangerska­p waterpokki­es by ’n kliënt aangesteek het.

“Ek het geen vrees oor of die surrogaat na die beste belang van die baba gaan kyk nie,” sê Tereza. “Ek het vrede in my gemoed.” Tog erken sy die vorige tragiese

ervaring het ’n letsel gelaat. “Ons is almal bang, want ons het die vorige keer baie seergekry.”

Dis waarom hulle nie so opgewonde is soos hulle tydens die swangerska­p met Jayden was nie. “Soms voel ek skuldig en wonder ek of dit te vinnig is. Maar ek kan nie te lank wag nie; my ouderdom laat my nie toe nie.”

AL SAL die surrogaatm­a hul baba deur die swangerska­p dra, moet eierselle vyf dae voor die in vitro-bevrugting van Tereza geoes word. Haar eierstokke is nie tydens die histerekto­mie verwyder nie. Toe Jayden verwek is, is ’n eiersel gebruik wat voor die histerekto­mie van haar geoes en bevries is (Ons baba ná kankerskri­k, 18 Februarie 2016).

Tereza en Bennie droom al sedert hul troue sewe jaar gelede van ’n baba. Aan die begin van 2013 het sy ’n derde miskraam gehad en in Mei 2014 die histerekto­mie.

Maar Bennie, Tereza en Jamie se vreugde oor die langverwag­te baba was van korte duur toe Jayden in die hospitaal sterf weens aspirasie – die inaseming van ’n vloei- of vastestof, soos melk tydens voeding, of braaksel. Ná Jayden se begrafnis kon Tereza nog nie dink aan die moontlikhe­id van nog ’n baba nie; haar hart was rou.

In hierdie hartseer tyd was daar sprake dat sy lyk opgegrawe sou word nadat sy surrogaatm­a, Jaenne-Marie Coetzer, ’n geregtelik­e doodsonder­soek aangevra het. Die idee is laat vaar omdat dit volgens ’n forensiese patoloog geen doel sou dien nie, vertel Tereza.

Hul seuntjie se dood het haar, Bennie en Jamie nader aan mekaar gebring.

“Maar as ek en Bennie nie ’n goeie verhouding gehad het nie, sou ons huwelik dit nie deurstaan het nie. ’n Ongesonde verhouding kan geen tragedie oorleef nie.”

Tereza en Bennie is al 16 jaar saam en Jamie het voor hom grootgewor­d. “Hy is ’n ongeloofli­ke vaderfiguu­r in Jamie se lewe. Dit sou ’n absolute sonde wees as hy nie sy eie kind van babatyd af het nie,” sê sy.

Die donkerkop is om sy onthalwe opgewonde omdat hy hopelik nou eindelik ook biologies gaan pa wees. Sy, Bennie en Jamie het saam op die nuwe surrogaatm­a besluit. “Voor ons haar gekies het, het ek ander surrogate na ons huis genooi, maar daar was nooit ’n spontane gevoel dat dit die regte keuse is nie.”

Sy en die nuwe surrogaat ken mekaar al lank. Ná Jayden se dood het sy Tereza selfs gevra hoekom sy haar nooit gevra het om die surrogaatm­a te wees nie. “Sy is baie opgewonde om iets vir iemand anders te kan beteken,” vertel Tereza.

Die vrou het reeds hormoonaan­vullings begin drink omdat sy lank ’n voorbehoed­inspuiting ontvang het. Haar man het selfs ’n alarm op sy selfoon gestel om haar daagliks daaraan te herinner. “Dit is vir ons belangrik dat haar man ook gelukkig is. Haar seun weet en verstaan ook wat gaan gebeur.”

In April sal hulle en die surrogaatm­a en haar gesin bymekaarko­m en gesels oor hoe hulle te werk sal gaan. Die Herbst-egpaar dek al die onkoste vir die swangerska­p – die surrogaatm­a se gesonde etes, versekerin­g op haar lewe, doktersbes­oeke en so meer.

Dit is nie moontlik om emosioneel onbetrokke te wees by so ’n proses nie, sê Tereza oor die swangerska­p. “Dit is so ’n emosiebela­aide proses, dit kan nie anders nie. Dit is moeilik om nie betrokke te wees by iemand terwyl jou baba in haar maag is nie.”

Ná die geboorte wil sy nie hê die surrogaatm­a moet uit hul lewe verdwyn nie. “Ek hou nie van geheime nie. Hy of sy moet weet (van die surrogaatm­a).”

Oor die geslag van hul baba gee hulle nie om nie. “Die surrogaatm­a hoop om ons onthalwe vir ’n dogter, maar ons sal gelukkig wees met wat ons ook al kry.”

Hulle wil die babakamer inrig in ’n vertrek wat uit hul slaapkamer loop. Hul nuwe huis is in dieselfde straat as hul vorige een, wat aan ’n filiaal van haar eksman, Boet, se Mimosagroe­p behoort. Kragtens ’n hofbevel moes die Herbstgesi­n die huis einde verlede jaar verlaat omdat hulle glo R82 133 agterstall­ig was met die betaling van huurgeld.

“Die nuwe huis is twee keer so groot soos die oue. Ons woon baie lekker hier. Die vorige huis was nie my smaak nie,” sê Tereza, ’n sakevrou met verskeie biltongsta­lletjies.

Daarby het sy onlangs met ’n aanlyn winkel begin wat ingevoerde vroue- en babaklere te koop aanbied. Bennie is ’n verkoopsbe­stuurder.

In die nuwe huis het Jamie, ’n eerstejaar­student in B.Com. (Regte) aan die Universite­it van die Vrystaat, sy eie kombuis, kantoor en aantrekkam­er.

Oral in die huis is foto’s van Jayden, die seun wat hulle net ses dae kon vertroetel. Die verlange na hom is sterk, sê Tereza. “Ek weet ’n mens moet met jou lewe aangaan, maar dis moeilik. Dit is seker omdat ek Jayden wil hê. Hy is die eerste prys en moes hier gewees het.”

Hulle sal hul nuwe baba van sy boeta in die hemel vertel, sê sy. “Jayden is ons beskermeng­el.”

 ??  ?? Tereza Troskie-Herbst droom van nog ’n kind nadat haar surrogaatb­aba oorlede is.
Tereza Troskie-Herbst droom van nog ’n kind nadat haar surrogaatb­aba oorlede is.
 ??  ?? LINKS: So was baba Jayden se kamer in hul vorige huis ingerig. ONDER: Tereza, Bennie en baba Jayden in hul enigste amptelike fotosessie enkele dae ná die kleinding se geboorte.
LINKS: So was baba Jayden se kamer in hul vorige huis ingerig. ONDER: Tereza, Bennie en baba Jayden in hul enigste amptelike fotosessie enkele dae ná die kleinding se geboorte.
 ??  ??
 ??  ?? Bennie, Tereza en Jamie is ’n hegte gesin met ’n sterk verhouding, vertel sy.
Bennie, Tereza en Jamie is ’n hegte gesin met ’n sterk verhouding, vertel sy.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa