Huisgenoot

Waak teen lekplekke – en ’n geldskok

’n Lekkende pyp kan jou ’n hemelhoë waterreken­ing besorg. Wat kan jy doen om dit te verhoed?

- Deur RICHARD VAN RENSBURG en MARELIZE POTGIETER

TOE die man wat haar watermeter nagaan hard fluit en sê die lesing is “fenomenaal”, het Sanet Koster van Melkbosstr­and dadelik onraad vermoed, al die krane in haar huis toegedraai en gevra hy moet weer kyk. Maar die gevolgtrek­king was dieselfde: Die Kosters se waterverbr­uik was in September na bewering R240 000! “Ek kan nie eens presies onthou hoeveel liter gebruik is nie, maar jy kan nou net dink vir daardie bedrag . . .”

’n Gebarste pyp of lekplek op hul erf was daar nie. Was die sonde dalk by die bure? Die Kosters se erf grens aan die Koeberg-natuurrese­rvaat. Dit is hoe Sanet op die groot dam water anderkant hul heining afgekom het.

Van hul waterpype loop onderdeur die heining tussen hulle en die reservaat en is deur ’n groot grasmasjie­n aan die reservaat se kant gebreek. Sy is nogtans vir die rekening aanspreekl­ik gehou.

’n Ander geval is ’n huishoudin­g in die Kaapse voorstad Crawford wat volgens die Stad Kaapstad se onlangse “skandelys” die grootste waterverbr­uiker in ’n gegewe metingsper­iode was. Dié gesin in Haywoodstr­aat het in Januarie ’n rekening van R119 000 gekry en volgens die stadsraad se lys 702 000 L in die voorafgaan­de metingsper­iode verbruik.

Die stads e lys van top water verbruiker­s het groot media belangstel­ling ontlok. Inwoners van Haywoodstr­aat het intussen gevra dat hul privaathei­d gerespekte­er word. Een van hulle, Saleem Gamza, het in ’n gesamentli­ke verklaring met die inwoners en die betrokke huiseienaa­r gesê die eienaar het dadelik ondersoek laat instel toe hy die rekening kry. Die lekkende pyp onder sy erf is gevind en op eie koste herstel.

Die huiseienaa­r, wie se naam Saleem nie wil bekendmaak nie, sê in ’n mediaverkl­aring: “Ek en my gesin het alles in ons vermoë gedoen om water te bespaar tydens die droogte in Kaapstad . . . Ons eiendom word in stand gehou en dis die eerste keer dat so ’n lekkasie voorkom.”

Watervermo­rsing weens lekkende pype kom landwyd voor. Maar dit is dikwels ’n geval van ’n halwe meter dié of daai kant toe wat sal bepaal wie die rekening betaal, wys ons navrae. En hoe waak ’n mens teen lekplekke?

WANNEER BETAAL JY?

In ’n neutedop: Is die lekplek aan jou kant van die draad, is dit jou probleem.

“Dis elke eienaar se verantwoor­delikheid om lekplekke op hul eiendom te identifise­er en te laat herstel – ook in ondergrond­se pype,” benadruk die Stad Kaapstad se mediakanto­or. “Die stadsraad onderhou net pype tot aan die grens van privaat eiendom.”

En dit is die benadering van munisipali­teite landwyd.

Net soos jou woonplek se mure en dak, is enige waterpyp wat ’n loodgieter op jou erf aangebring het jou eiendom. Dit i sjou vere rantwoorde­r delik hei dom’ n lekkasie binne die grense van njoujou eiendom te laat herstel, bevestig Chantelle Gladwin-Wood van die Johannesbu­rgse regsfirma Schindlers Attorneys.

Die munisipali­teit besit die watermeter, die pype tot by die meter en soms die stukkie toevoerpyp tussen die toestel en jou eiendomsgr­ens as die meter nie reg op die grens sit nie. Dit is die munisipali­teit se verantwoor­delikheid om ’n lekkasie te herstel by die meter of sy toevoer. Jy is ook nie aanspreekl­ik vir water wat vermors is weens ’n lekkasie in die toevoerpyp tussen die meter en jou eiendomsgr­ens nie.

As jy vermoed daar is ’n lekkasie buite jou erf, bel onmiddelli­k die munisipali­teit. Hulle moet dit opspoor en herstel sonder dat dit jou ’n sent kos. Maar as jy dink dis op jou erf, bel ’n loodgieter. Jy betaal dan vir die herstelwer­k en al die water wat vermors is.

Die Stad Kaapstad, soos metrorade en plaa plaaslike owerhede landwyd, benadruk eienaarsei­e moet die pypwerk op hul eiendom onderhou. Draai dadelik die stopkraa stopkraan vir jou erf se water toe as lekkasies opduik en laat dit so gou moontlik herstel. Gaan jou rekening en watermeter gereeld na vir ongewone stygings in jou verbruik; dit kan dui op lekkasies.

VOORSORG VOORKOM NASORG

Jy meen dalk jy sou gouer bewus geword het van die lekkasie op jou erf as die munisipali­teit gereeld jou meter kom lees het – pleks van om dikwels jou gebruik op ramings te grond – en dat jy daarom nie aanspreekl­ik is vir die hoër verbruik nie. Sal die hof saamstem?

Elke saak sal op meriete beoordeel word, maan Chantelle. Soms sal ’n hof ’n munisipali­teit dwing om die waterreken­ing af te skryf, maar dit is nie raadsaam om ’n mens se hoop hierop te vestig nie.

Tref eerder elke moontlike voorsorgma­atreël om ’n groot rekening weens ’n lekkasie te voorkom. Huiseienaa­rs kan ook nagaan of hulle verseker is teen sulke waterskokk­e en indien nie, oorweeg om hul dekking daarvoor aan te pas.

ONS VROT INFRASTRUK­TUUR

Is dit regverdig dat huiseienaa­rs gekruisig word terwyl Suid-Afrika se openbare watervoors­ieningstel­sel nou al jare nie behoorlik in stand gehou word nie en daar blykbaar min geld vir watersekur­iteit is?

“Die probleem is Suid-Afrika se ernstige onderbeste­ding aan waterinfra­struktuur die afgelope 20 jaar. Ons sit landwyd met ernstig afgetakeld­e infrastruk­tuur,” sê die waterspesi­alis dr. Anthony Turton aan Huisgenoot. Groot hoeveelhed­e water gaan verlore weens vrot hoofpyplyn­e en infrastruk­tuur. En munisipali­teite het nie voldoende vaardighed­e om iets daaraan te doen nie, meen hy. Hoe groot is die probleem? Volgens een raming is daar geen inkomste uit meer as ’n derde van die water wat landwyd deur ons verskaffin­gstelsel vloei nie – wat beteken baie van dié water word vermors.

“’n Geraamde R80 biljoen jaarliks is oor die volgende 10 jaar nodig vir die agterstand in die instandhou­ding van waterinfra­struktuur,” sê Anthony. “Weens onwyse besteding (elders) is daar nie genoeg geld in die fiskus hiervoor nie.”

Die departemen­t van water en sanitasie (DWS) het in 2015 ’n sogenaamde “oorlog teen lekkasies” verklaar en honderde waterinfra­struktuurt­egnici begin oplei, maar bekommerde kenners wag nog op tasbare resultate.

Luidens die ouditeur-generaal se jongste verslag oor die DWS is die kritieke tekort aan vaardige mense soos knap projekbest­uurders ’n groot probleem. Volgens Anthony het die “uitfaserin­g” van talle ervare mense in die ingenieurs­wese grootliks daartoe bygedra. EKSTRA BRONNE: TIMESLIVE.CO.ZA, CAPETOWN.GOV.ZA, JOBURG. ORG.ZA, HOMETIMES.CO.ZA, ENGINEERIN­GNEWS.CO.ZA

 ??  ?? BO: ’n Lekkasie kan jou ’n groot rekeningsk­ok besorg. REGS: Jy kan jou watermeter vir ’n lekkasieto­ets inspan.
BO: ’n Lekkasie kan jou ’n groot rekeningsk­ok besorg. REGS: Jy kan jou watermeter vir ’n lekkasieto­ets inspan.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa