Huisgenoot

My tronkjare saam met Madiba

Die oudstryder Ahmed Kathrada skryf in sy outobiogra­fie hoe hy 26 jaar as politieke gevangene oorleef en hoeveel hy by Nelson Mandela en Walter Sisulu geleer het

-

DIE oudpolitik­us Ahmed Kathrada (87) was onlangs weer in die nuus toe hy pres. Jacob Zuma in ’n ope brief vra om te bedank. Dit het opslae gemaak, want hy is ’n oud- ANC- stryder wat saam met wyle pres. Nelson Mandela op Robbeneila­nd aangehou is nadat hulle in 1964 in die Rivonia-verhoor lewenslang­e tronkstraf opgelê is. In hierdie uittreksel uit Ahmed se outobiogra­fie, wat bestaan uit gesprekke met die joernalis Sahm Venter, vertel hy hoe humor, boeke en vriendskap hom daardie 26 jaar agter tralies help deurstaan het.

TOE hy met sy innige toespraak begin, voel hy die emosie in sy keel opwel. Sal hy die woorde kan sê wat hy so noukeurig voorberei het sonder om in trane uit te bars? Dis Sondag 15 Desember 2013 en Ahmed Kathrada is op die verhoog in ’n reusemarki­estent op Nelson Mandela se plaas by Qunu in die Oos-Kaap.

Agter hom staan ’n groot portret van ’n glimlaggen­de Mandela, 95 kerse wat Madiba se leeftyd verteenwoo­rdig, en oor sy kis is die Suid-Afrikaanse vlag gedrapeer. Voor hom sit 4 500 rouklaers. Mandela se weduwee, Graça Machel, sy gewese vrou, Winnie Madikizela­Mandela, sy kinders, klein- en agterklein­kinders. Ry op ry politici, kerklikes en bekendes. Onder hulle is pres. Jacob Zuma, emeritus-aartsbisko­p Desmond Tutu, die Amerikaans­e gesels programaan­bieder Oprah Winfrey en die Britse magnaat Richard Branson.

Al laat emosie sy keel toetrek, skraap Kathrada die krag bymekaar om met die lofrede oor sy gestorwe “ouer broer” deur te druk. Vasgenael voor televisies­telle, selfone en radio’s huil gewone mense terwyl hy vertel van sy liefde vir die man aan wie se sy hy gestry het, saam met wie hy opgesluit was en gelag het en met wie hy geredekawe­l het.

Die meeste kykers na die regstreeks­e uitsending van hoe Suid-Afrika hul mees geliefde seun ter ruste lê, was nog nie eens gebore toe Kathrada – of Kathy, soos hy alombekend is – en sy y kamerade tot lewenslang­e tronkstraf ge-evonnis is nie. Wie is die saggeaarde siel voor die kis op die verhoog wie se woorde hulle so ontroer?

Jare lank het Kathy saam met Mandela, Walter Sisulu en ander bekende name gestry om rassediskr­iminasie in SuidAfrika te beëindig.

Deur die loop van meer as 60 jaar het hy en Mandela in drie politieke verhore saam in die beskuldigd­ebank gestaan en is hulle tot lewenslang­e tronkstraf gevonnis. In die 1990’s het hulle saam in Mandela se presidensi­ële kantoor gewerk en hegte vriende gebly nadat albei in 1999 ná een termyn uitgetree het.

Toe ToeMandela Mandela destyds in 1961 en ’62 ’n voortvlugt­ige was, was Kathy een van die kamerade wat die mees gesoekte man in Suid-Afrika die polisie help ontwyk het. Hy was lid van ’n komitee wat in Madiba se behoeftes voorsien het deur vervoer vir hom te reël en veilige blyplekke vir hom te soek.

Saam met Mandela, Govan Mbeki, Sisulu, Raymond Mhlaba, Elias Motsoaledi, Andrew Mlangeni en Denis Goldberg is Kathy in die Rivonia-verhoor in 1964 skuldig bevind aan sabotasie en het hy lewenslang­e tronkstraf gekry.

Hy het op die ou end 26 jaar uitgedien – een minder as Mandela.

VIR IRdie die grootste deel van hul gevangensk­ap was Robbeneila­nd, ’n rotsrif ongeveer 14 km van Kaapstad se blink liggies, hul tronk. Toe ek dit in die winter van 1999 die eerste keer saam met Kathy besoek, tref veral die klammighei­d en die koue my. Dit voel of die nattigheid van die branders en die reën en die winterkoue oral insypel – tot in jou vel en in jou gemoed.

Selfs in die somer voel dit koel en klam daar. Onversetli­k. Onsimpatie­k. Dié van ons sonder enige ervaring van die tronk kan ons onmoontlik indink hoe 10 jaar

van koue storte in brakwater gevoel het. Koue storte sonder donsige handdoeke en warm komberse waaronder jy kan inkruip. Geen verwarmer nie. Geen trooskos nie. Net betonvloer­e met twee dun sisalmatte as bed, growwe regeringsk­omberse en ’n emmer as toilet.

Die afdeling van die tronk wat op Kathy en sy kamerade gewag het, was ’n lang, U-vormige struktuur. Daar was ’n blink, grys betongang tussen twee hoofrye tronkselle in hul been van die U. Hulle is saam met ander politieke gevangenes in blok B aangehou.

Dit was nie maklik nie. Nadat hulle ’n paar jaar van hul vonnis uitgedien het, merk Kathy in ’n brief aan sy meisie, Sylvia Neame, op: “Ons werk op mekaar se senuwees en het lankal alle gesprekke uitgeput wat met ons ervarings buite te doen het. Al die grappe is reeds vertel; selfs skinder het herhalend geword.”

Kathy se hande is vandag glad, sonder enige teken van die dwangarbei­d wat hy en sy kamerade moes verrig. “Dit het my hande hard laat word. Dit het so geblyge tot lank nadat ek uit die tronk gekomge het.” En talle blase het daarop gevorm. “Die“D eerste weke, twee weke, het jy blasebl en bloei jou hande, want ons handeh is sag,” vertel hy. Eers het dwangarbei­d beteken jy sit in die binnehof langs jou selblok en kapk met hamers aan klippe. Dan laai jyj onder die bewaarders se oë die kruiwaensk vol met die brokstukke. “Groot“klippe tot kleineres. Kleiner klippeklip­p tot gruis.” KathyKa was nie gewoond aan handearbei­d nie en het baie gesukkel. “Wanneer ons klippe gebreek en ’n kruiwa vol gemaak het, moes ek dit stoot. Ek het nog nooit ’n kruiwa vol klippe gestoot nie en het gebewe terwyl ek dit doen. Ek het geen ervaring daarvan gehad nie en dit het amper omgekantel.” Maar hier het Madiba weer ’n voorbeeld gestel. Hy het opgestaan van sy sitplek op die betonvloer daar naby, waar hy ook aan die klippe kap was, om die sukkelende Kathy te help. “Dit was eintlik ’n uitdagende gebaar, want hy was nie veronderst­el om op te staan nie. Hy het gewys presies hoe ’n mens ’n kruiwa stoot. Hy het gesê: ‘ Jy hardloop nie met die ding nie; doen dit rustig en alles sal vanself kom.’ “Dis wat ek by hom geleer het, sulke eenvoudige maar belangrike goed.” Ná sowat ses maande moes hulle in die kalkgroef gaan werk. Daar het hulle in die reën en sonskyn geswoeg om met pikke kalk uit die grond te grawe. Daar was geen skadu nie en aan die begin ook geen toilet nie. Net ’n geprakseer­de kommode in ’n grot daar naby. Min verligting. Net gewapende bewaarders wat kyk hoe hulle werk en hulle soms ook verbaal en fisiek mishandel.

Ná vier jaar in die tronk skryf Kathy aan sy vriend Goolam Hosenbhai: “Soveel hang van ’n mens se geestelike ingesteldh­eid af.”

Hy glo die tronk laat die beste en die slegste in mense na vore kom.

“Jy word baie goed ontneem en daar is ook dinge wat jou in die versoeking kan lei,” sê hy nou.

“Ek sê altyd ’n mens word getoets wanneer jy in die tronk is. My stille wens is vir die grootprate­rs om ’n paar dae in die ergste tronk deur te bring.”

Wanneer dinge hopeloos gevoel het, was seniors soos Madiba, Mbeki en Mhlaba “wonderlik, want hulle het gelei deur ’n voorbeeld te stel. Veral Sisulu. Hy was ’n vader vir almal.”

Sy stem bewe toe hy oor Sisulu praat en trane wel in sy oë op.

“Die grootste voorbeeld wat ek altyd onthou, is Sisulu en hoe hy opgetree het. Dit bly in my gedagtes. Ek veronderst­el ek is bevooroord­eeld, want ek het baie meer tyd saam met hom deurgebrin­g; die laaste jare in die tronk was dit net ons twee saam in een sel.”

Anders as die meeste van sy kamerade was Kathy ongetroud toe hy gevonnis is. Dit het beteken hy kon geen besoeke van Sylvia ontvang nie. Sy was ook ’n politieke aktivis.

’n Tronkbewaa­rder het ’n foto van haar opgeskeur wat sy vir hom gestuur het, want sy was wit.

’n Ruk later het vriende vir hom ’ n groepportr­et gestuur waarop Sylvia in ’n sari poseer en die bewaarders het geen oog geknip nie. Dit was toelaatbaa­r dat hy ’n foto van ’n “Indiese” vrou in sy sel het, maar nie een van ’n wit vrou nie.

As ’n jong man was Kathy opvallend aantreklik en ’n mens hoor hy was nogal sag op die oog. Met ’n glimlag en ’n vonkel in die oog vertel hy van sy romanses in die verlede.

Ná sy vrylating in 1989 het sy niggies planne beraam om ’n geskikte vrou vir hom te vind. Hy het die aanbod van die hand gewys. “Hulle het begin besef hierdie ou is onbeheerba­ar,” sê hy laggend.

Kort ná sy vrylating het hy die politieke aktivis Barbara Hogan ontmoet, wat 10 jaar agter tralies was nadat sy aan verraad skuldig bevind is. Sy is in 1990 vrygelaat, ’n paar dae voor Madiba, en het later in die demokratie­se regering as minister van gesondheid en van openbare werke gedien.

“Ek het haar taamlik gou ná haar vrylating ontmoet,” vertel Kathy. Hulle is in 2014 getroud.

Hy is dol oor kinders en sou ’n goeie pa gewees het, maar dit was hom toe nie beskore nie.

Teen die tyd dat hy in die 1980’s in Pollsmoor-gevangenis aangehou is, was hy al in sy 30’s en het hy nog nooit ’n baba vasgehou nie. Toe ’n niggie hom kom besoek en hom vooraf waarsku sy bring haar baba saam, was hy doodbang. Hoe hou ’n mens ’n baba vas? Sê nou hy laat die kind val?

Hy het onder die ervare leiding van sy selmaat, Sisulu, ’n pa en oupa, met ’n kussing geoefen.

Die houtboekra­kke in Kathy se studeerkam­er wemel van politieke biografieë, geskiedeni­sboeke, gedigte en eksemplare van die volumes wat hy self geskryf en ná sy vrylating uitgegee het.

Twee spesiale boeke is dekades lank saam met hom by tronke in en uit. Voor in The Complete Works of William Shakespear­e en The Oxford Book of English Verse staan sy naam en die naam en datum van die tronk – “Robbeneila­nd 1964” – in sy handskrif geskryf.

Dit was ’n gelukskoot dat dié boeke met sy aankoms onder sy besittings was. Die groep van die Rivonia-verhoor het te laat in die jaar by die tronk aangekom om vir universite­itskorresp­ondensieku­rsusse in te skryf.

Daardie twee boeke het vir Kathy die intellektu­ele leemte gevul. “Omdat hulle my toegelaat het om my twee boeke te hou, het ek iets gehad om te lees. Dit was die eerste keer dat ek albei van voor tot agter deurgelees het.”

In sy jare in die tronk het Kathy vier grade voltooi: ’n B.A. in geskiedeni­s en kriminolog­ie; ’n B. Bibliograf­ie in Afrikapoli­tiek en biblioteek­wetenskap; ’n B.A. honneurs in geskiedeni­s en een in Afrikapoli­tiek.

’n Honneursgr­aad was so ver as wat gevangenes destyds toegelaat is om te vorder. Kathy wou vir ’n meestersgr­aad studeer, maar is verbied. “Ek het regstappe teen hulle gedoen, en toe ek eindelik toegelaat is om ’n meesters te doen, het televisie gekom,” vertel hy.

Suid-Afrika het in die 1970’s televisie gekry en Kathy en sy kamerade is in 1986 toegelaat om ’n TV-stel in hul sel te hê. Die nuwigheid van televisie het groot afleiding gebied.

Hy en Sisulu was gaande oor die program Cagney & Lacey en die Amerikaans­e sangeres Whitney Houston. “Ek het deur ons vriend en kameraad Paul Joseph in Londen vir haar ’n bewonderaa­rsbrief geskryf. Paul het gesorg dat dit by haar uitkom. Toe kom ’n geraamde foto van haar terug wat sy vir ‘ Walter’ onderteken het. Ek het hom jare lank daaroor geterg.”

Dit was sulke humor wat die gevangenes help opbeur het. Voor hy in Oktober 1989 ’n paar maande voor Mandela vrygelaat is, het ’n gevangenis­dokter hom en sy kamerade ondersoek. Die dokter het tot sy verbasing Kathy se bloeddruk as “normaal” bestempel.

“Die dokter het gesê: ‘ Wat’s fout met jou?’ Ek het gevra: ‘Hoekom?’ Hy het gesê: ‘ Al jou kollegas se bloeddruk is hoog, maar joune is normaal.’ ”

Kathy meen dit was deels danksy sy persoonlik­heid en relatiewe jeug. Die gevangenis het vir hom iets normaals geword.

HY ONTHOU nie duidelik die dag toe hy ná 26 jaar agter tralies uit die tronk stap nie.

Vir Kathy het Sondag 15 Oktober 1989 in ’n warreling verbygegaa­n. Party herinnerin­gs wel eers weer by hom op toe hy na beeldmater­iaal van daardie dag kyk.

“Ons het uitgekom na ’n ander planeet toe,” sê hy. “Met rekenaars en kitsbanke. Ek weet steeds nie hoe om ’n OTM te gebruik nie, maar vriende help my.”

Toe Kathy aan sy dag van vryheid terugdink, onthou hy eerste kinders wat om hom saamdrom, sy hare trek en aan hom druk. Opgewonde grootmense het vir hulle vertel ’n geliefde gevangene gaan vrygelaat word, maar hulle het nie geweet wat ’n gevangene is nie.

Hulle wou uitvind of hy van vlees en bloed is.

 ??  ??
 ??  ?? LINKS BO: Ahmed Kathrada was 26 jaar in die tronk – hoofsaakli­k op Robbeneila­nd. REGS BO: Die Rivonia-veroordeel­des (van links) Denis Goldberg, Andrew Mlangeni, oudpres. Nelson Mandela, Kathrada, Walter Sisulu en Raymond Mhlaba in 1994 by die kalkgroef op die eiland. REGS: Kathrada tydens sy lofrede op Madiba se begrafnis.
LINKS BO: Ahmed Kathrada was 26 jaar in die tronk – hoofsaakli­k op Robbeneila­nd. REGS BO: Die Rivonia-veroordeel­des (van links) Denis Goldberg, Andrew Mlangeni, oudpres. Nelson Mandela, Kathrada, Walter Sisulu en Raymond Mhlaba in 1994 by die kalkgroef op die eiland. REGS: Kathrada tydens sy lofrede op Madiba se begrafnis.
 ??  ?? LINKS: Kathy, soos hy bekend is, kyk in 1995 by ’n sel in. REGS BO: Die laaste gevangenes is in 1996 van Robbeneila­nd vrygelaat. Dit is nou ’n Wêrelderfe­nisgebied. LINKS ONDER: Kathy en Barbara Hogan is in 2014 getroud.
LINKS: Kathy, soos hy bekend is, kyk in 1995 by ’n sel in. REGS BO: Die laaste gevangenes is in 1996 van Robbeneila­nd vrygelaat. Dit is nou ’n Wêrelderfe­nisgebied. LINKS ONDER: Kathy en Barbara Hogan is in 2014 getroud.
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ?? In Februarie 1990 is ’n verwelkomi­ngsbyeenko­ms vir Madiba by die FNB-stadion in Johannesbu­rg gehou. Van links is Kathy, Winnie Mandela, Madiba en Sisulu.
In Februarie 1990 is ’n verwelkomi­ngsbyeenko­ms vir Madiba by die FNB-stadion in Johannesbu­rg gehou. Van links is Kathy, Winnie Mandela, Madiba en Sisulu.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa