Huisgenoot

Kanadese premier laat harte galop

Die Kanadese premier se smeulende voorkoms kom baie meer ter sprake as die werk wat hy vir sy land doen

- Saamgestel deur HILDA VAN DYK

DIE “Disney-prins” wat selfs die vrou van ’n regte een, William se Catherine, betower het, is toe nie ’n hartebreke­r van die silwerdoek nie. Die sjarmante blouoogkêr­el oor wie selfs beeldskone en beroemde vroue deesdae swymel, is niemand anders nie as Justin Trudeau (45), Kanada se eerste minister.

Maar sedert hy op 4 November 2015 sy land se leier geword het, praat mense meer oor sy aantreklik­heid as oor die werk wat hy doen.

“Die hartedief van internasio­nale politiek,” het The Telegraph hom gedoop. Daar is inderdaad min wêreldleie­rs met ’n netjiese blokkiesma­ag en ’n ferm sitvlak. Eintlik is daar net een, en dis Justin.

Op sy onlangse besoek aan Amerika was dit juis sy gespierde agterstewe wat die kuberruim aan die gons gehad het. Dié liggaamsde­el het selfs ’n hutswoord geword: #justintrud­eaubutt.

Hy is die sexyste eerste minister wat Kanada nog gehad het, meen die webtuiste hottesthea­dsofstate.com.

“Justin Trudeau het dit alles: Hy is aantreklik, hy het ’n werk, hy het ’n groot tatoe op sy arm, hy ruik ongeloofli­k lekker en hy kan babas op een hand balanseer,” skryf hulle oor hom.

Volgens The Guardian is niemand veilig in dié “Disney-prins wat lewend geword het” se teenwoordi­gheid nie, nie eens die hertogin van Cambridge, Ivanka Trump of die Britse aktrise Emma Watson nie.

“Almal wat hom ontmoet, is dadelik verlief,” skryf The Guardian.

Tydens William, Catherine en hul twee kinders, prins George

en prinses Charlotte, se ampsbesoek aan Kanada in September verlede jaar het ’n foto verskyn van Catherine wat met Justin gesels. Op dié foto kantel sy haar kop, vee haar hare uit haar gesig en glimlag mooitjies vir hom.

“Die hertogin het heel ingenome gelyk,” skryf die skindertyd­skrif Us Weekly.

Met Justin se onlangse amptelike besoek aan Amerika het Ivanka, die nuutverkos­e president se dogter, omtrent in vervoering geraak oor dié aantreklik­e Kanadees. Sy was by tydens Withuisges­prekke met hom oor vroue in die werkplek.

Hieroor het die komediant Trevor Noah, aanbieder van The Daily Show, nogal heelwat te sê gehad: “Dit lyk of sy bereid is om alles prys te gee . . . asof sy dit oorweeg om soos ’n Siriese vlugteling aan te trek net sodat Kanada haar kan ininneem, oftewel: ‘Laat my in, Justin!’ ”

En tydens Emma se ontmoeting met die premier in Ottawa, waar hulle oor geslagsgel­ykheid gepraat het, kon die Britse aktrise skaars haar oë van die getroude politikus afhou.

Net toe ’n mens begin dink die donker-

kopman kan vroue skaars meer laat kwyl, verskyn foto’s van hom as jong man onlangs in die kuberruim. Dit is geneem in ’n tyd toe Justin graag met sy bewonderen­swaardige blokkiesma­ag gespog het – en op Twitter borrel mense behoorlik oor dié hartebreke­r.

“Belaglik sexy foto’s van ’n jong Justin Trudeau wys hy is eerder veronderst­el om ’n god te wees as ’n eerste minister,” skryf TMZ.

Caroline Clemens laat op Twitter hoor “die jong Justin Trudeau lyk soos ’n ou met ’n slegte reputasie, maar wat eintlik lief is vir diere, graag dans en ’n hart van goud het”.

“Hoed af vir Justin Trudeau!” skryf Joan Smith van The Guardian. “Hy is die enigste wêreldleie­r wat sy klere met waardighei­d kan uittrek.

“Dis deel van sy werk om medewêreld­leiers, meestal mans, te ontmoet. Selfs met sy hemp aan oortref hy eenvoudig elkeen saam met wie hy ’n verhoog bestyg.”

JUSTIN is natuurlik nie die eerste staatsleie­r wat in die openbaar sy hemp uittrek nie.

Die wêreld het nie juis opgewonde geraak toe die vorige Britse premier, David Cameron, in 2013 hemploos op ’n strand in Cornwall verskyn nie. Hy het oorgewig en ongemaklik rooi van die sonbrand gelyk. Ook is hy en sy voorganger, Tony Blair, gespot oor hul “mansborste”.

Dan is daar die Russiese president, Wladimir Poetin, wat graag sonder ’n hemp visvang of perdry.

Maar hulle lok nie een dieselfde reaksie uit as Justin nie, of hy nou ’n hemp aanhet of nie . . .

Ene KT het die spyker op die kop geslaan met haar twiet: “Die jong Justin Trudeau het ’n nuwe standaard vir politici oral gestel.”

Justin is ook nie bang om te wys wat dié standaard is of waartoe sy mooi lyf in staat is nie.

Daily Mail skryf oor sy liefde vir boks en vertel hoe hy in April verlede jaar ná ’n toespraak by die Universite­it van New York ’n draai gaan maak het by Gleason’s Gym in Brooklyn. Dit was die oefenplek van groot name soos Muhammad Ali en Mike Tyson.

Daar het Justin sy bokshandsk­oene aangetrek, in die kryt geklim en die beroepsbok­ser Yuri Foreman aangevat.

Die premier se armspiere het behoorlik gebult in sy moulose hemp; dit was asof daardie tatoe van ’n Haida-raaf hom net nog aantreklik­er maak. Dié lyfkuns was ’n geskenk aan homself op sy 40ste verjaardag, 25 Desember 2011.

Die Haida-gemeenskap, ’n inheemse stam in die noordweste van Kanada, het Justin en sy gesin in 1976 erelede gemaak tydens sy pa, Pierre Elliott Trudeau, se eerste termyn (van 1968 tot 1979) as eerste minister van Kanada, berig The Huffington Post.

Verlede jaar het ’n foto van Justin wat met sy uitgestrek­te lyf op net sy hande op ’n tafel balanseer omtrent die internet laat gons.

Die foto is in 2010 geneem toe hy nog net ’n gewone parlements­lid was, berig die Kanadese nuuskanaal CTV News. Dié gier was destyds baie gewild en hy wou blykbaar net ’n bietjie spog.

Dan was daar die foto wat Justin sommer nou die dag op Facebook gedeel het van ’n wedloop deur soldate van die Kanadese weermag. “Ek is iewers daar binne (tussen die soldate),” het hy by die foto geskryf. “Wat ’n eer om vandag saam met die Kanadese weermag in Victoria (die provinsie Brits-Columbië se hoofstad) te kon hardloop.” Vir Justin is oefening deel van sy alledaagse lewe. Sy vrou, Sophie Grégoire Trudeau (41), ’n eertydse TV-aanbieder, is ’n gekwalifis­eerde joga-afrigter. Sy is al beskryf as “die sexyste premiersvr­ou ter wêreld”. Die egpaar is in 2005 getroud en het drie kinders, Xavier (9), Ella-Grace (8) en Hadrien (3).

AL IS hy so onweerstaa­nbaar, bly Justin ’n leier wat sy land se mense wil dien.

Dis bekend dat hy omgee vir ouer mense, die middelklas se lot wil verbeter, hewig gekant is teen boelies en al saam met polisiebea­mptes gaan eet het.

Justin is bedrywig op Facebook en Twitter, waar hy mense op die hoogte hou van sy doen en late. Daarby kan Kanadese hul eerste minister regstreeks per e-pos met hul klagtes nader. Net om seker te maak almal weet hy beantwoord dit, het hy dit op Facebook bevestig.

“Ek bel dié week mense wat aan my geskryf het. Ek waardeer die gesprekke en hoor graag by julle wat vir julle saak maak,” het hy onlangs geskryf.

Maar dan is daar dié wat eerder oor ander sake met Justin wil gesels. Soos Laurabee Courage op Twitter laat hoor het: “Waaroor wil jy praat? Dié man is ’n pragtige droom.” BRONNE: TMZ, FACEBOOK, TWITTER, DAILY MAIL, HUFFINGTON POST, ETCANADA.COM, USMAGAZINE, THE TELEGRAPH, HOTTESTHEA­DSOFSTATE.COM, THE GUARDIAN

 ??  ?? HOOFFOTO: Die wêreld gons omtrent oor hoe aantreklik Justin Trudeau is; sy werk as Kanada se eerste minister is amper ’n bysaak. REGS: (Van links) Ivanka Trump, die aktrise Emma Watson en Catherine, die hertogin van Cambridge, is van die vroue wie se knieë hy glo lam gemaak het. HEEL REGS: Hy kon plank toe dit in 2010 ’n gier was.
HOOFFOTO: Die wêreld gons omtrent oor hoe aantreklik Justin Trudeau is; sy werk as Kanada se eerste minister is amper ’n bysaak. REGS: (Van links) Ivanka Trump, die aktrise Emma Watson en Catherine, die hertogin van Cambridge, is van die vroue wie se knieë hy glo lam gemaak het. HEEL REGS: Hy kon plank toe dit in 2010 ’n gier was.
 ??  ??
 ??  ?? ONDER: Justin se ferm sitvlak het die oog gevang op sy onlangse amptelike besoek aan Amerika om kennis te maak met pres. Donald Trump. REGS: Justin is lief vir boks. Die tatoe was ’n geskenk aan homself vir sy 40ste verjaardag. HEEL BO en REGS BO: Foto’s van ’n jong Justin het die kuberruim onlangs op hol gehad. Een gebruiker het selfs geswymel hy het sy roeping misgeloop: Hy moes ’n god gewees het.
ONDER: Justin se ferm sitvlak het die oog gevang op sy onlangse amptelike besoek aan Amerika om kennis te maak met pres. Donald Trump. REGS: Justin is lief vir boks. Die tatoe was ’n geskenk aan homself vir sy 40ste verjaardag. HEEL BO en REGS BO: Foto’s van ’n jong Justin het die kuberruim onlangs op hol gehad. Een gebruiker het selfs geswymel hy het sy roeping misgeloop: Hy moes ’n god gewees het.
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ?? LINKS: Justin en sy vrou, Sophie Grégoire Trudeau, met hul kinders: Hadrien (op pa se heup), Ella-Grace (aan ma se hand) en Xavier. LINKS ONDER: Sophie was onder meer ’n TVaanbiede­r, maar bewyer haar nou vir liefdadigh­eid en vrouesake.
LINKS: Justin en sy vrou, Sophie Grégoire Trudeau, met hul kinders: Hadrien (op pa se heup), Ella-Grace (aan ma se hand) en Xavier. LINKS ONDER: Sophie was onder meer ’n TVaanbiede­r, maar bewyer haar nou vir liefdadigh­eid en vrouesake.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa