Huisgenoot

SO SÊ HAAR MAN, SEUN EN DOGTER

-

ALAIN

“Ek hou diedi pot aan die kook terwyl MaritaMa skryf – letterlik, want sys het nie tyd vir kos maak nie. Ek het al haar boeke gelees – in Engels. Ek was ook die eersteee leser van Misverstan­d se Engelse proewe. Ek dink disdi ’n goeie roman, een van haarh bestes. Nie net omdat dit in Frankryk afspeel nie, maar oor die manierman waarop sy Parysry beskryf en oor die hoofkarakt­er,ho Willem.”

DANIEL

“Ek praat altyd met my ma Afrikaans. Dit het baie gehelp toe ons Frankryk toe is (ek was vier), want ek kon glad nie Frans praat nie. En die enigste mens met wie ek kon praat, was my ma. Later jare het dit ons ding gebly, so ’n klein stukkie van Suid-Afrika. Ek het nog nie my ma se boeke gelees nie. Jy het ’n spesifieke verhouding met ’n skrywer wie se boek jy lees. Jy verbeel jou dinge oor die skrywer se lewe. En ek voel my ma is my ma. As ek haar boeke sou lees – sy kan nie my ma én die skrywer van die boek wees nie. Dis baie ingewikkel­d, baie intiem.”

MIA

“Mamma praat altyd met my Afrikaans en ek antwoord haar in Frans of Engels. Sy het altyd vir my gelees, ook haar Hanna Hoekom en Die Hart van Ons Huis. Die muur tussen haar studeerkam­er en my kamer is dun en ek kan haar hoor. Sy sê die dialoog hardop terwyl sy skryf en soms maak sy harde geluide, dan skrik ek en gaan vra wat aangaan. Ons mag nie daar ingaan nie, want dalk pla ons haar in die middel van ’n sin en dan vergeet sy wat sy wou skryf. Sy is maar pas klaar met ’n boek, dan kry sy weer ’n idee. Haar oë begin blink. Dis lekker om haar so te sien.”

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa