Huisgenoot

EK WIL GROET; SY NIE

-

Ek het ’n meisie so half-half gegroet. Ek het van die begin af mooi vir haar verduideli­k ons het nie ’n verhouding nie. Daar was nie eintlik iets meer tussen ons as ’n paar warm omhelsings nie. Ek het nog ’n armbandjie van haar wat ek wil teruggee. Sy weier om my oproepe te beantwoord of my te ontmoet om finaal te groet. Wat moet ek doen? Ek hou nie daarvan om dinge so in die lug te los nie. RL (SMS) Wel, jy sal net daarmee vir lief moet neem. Jy kan dalk nie aangaan nie, maar duidelik kan sy. As ’n mens so iets onsinnigs doen soos om iemand vals hoop op ’n intieme verhouding te gee al het jy nie planne nie, verontskul­dig dit jou nie dat jy oop kaarte gespeel het nie.

Is jy seker dit is omdat jy so graag rustig wil voortgaan, of voel jy dalk skuldig omdat jy haar aan ’n lyntjie gehou het? Moenie bekommerd wees oor die armband nie. Ek is seker sy het nog ’n hele klomp in haar juwelekiss­ie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa