Huisgenoot

Verhaal: Vir Soetkoek Opgeëet

Op skool was hulle ’n driemanska­p; as groot vroue het die geluk net twee getref

- Deur MARLI GRÜNEWALD Illustrasi­e: MIEKE VAN DER MERWE

DIS ’n Woensdag in die loumooi maand Maart. Al wat tant Jessie vandag moet doen, is om haar 100ste verjaardag op statige wyse te vier. Die partytjier­eëlings is gelaat in die bekwame hande van Bertha de Kock, haar erfgenaam. Vanselfspr­ekend sou al die eetgoed uit Piet de Kock se supermark kom, behalwe die spesiale verjaardag­koek. Daarvoor moes Bertha noodgedwon­ge in Vera se oë kyk.

Soos Bertha het Vera ook ná jare teruggekom na die dorp waar hulle grootgewor­d het. As die dorp se bobaas-bakster van sjokoladek­oeke en melkterte is sy die antwoord op almal se onthaalpro­bleme. Haar geheime resepte, het almal lankal besef, sal eendag saam met haar na haar graf gaan.

Stella het ook teruggekom. Haar sterk intellek deur hul hele skoolloopb­aan het daarvoor gesorg dat haar naam in goue letters op die ererol in die skoolsaal gepryk het. Maar die kollig het altyd helderder geskyn op haar vriendinne, Bertha en Vera, met hul goed ontwikkeld­e sosiale vaardighed­e. Diep in haar wese het sy maar altyd geweet sy word as lid van die driemanska­p aanvaar vir wat sy kan gee en nie vir wie sy is nie. Nou, ná al die jare, het haar vriendskap met hulle weens omstandigh­ede gedegenere­er tot ’n hoflike groet so in die verbygaan.

Vir Bertha het die meetsnoere in mooi plekke geval. Saam met Piet en haar twee begaafde kinders woon die De Kocks in ’n spoghuis met ’n onbelemmer­de uitsig oor die hele vallei. Dit is daar vanuit haar sonkamer waar sy met haar vroegoggen­dkoffie in die een hand en die telefoon in die ander hand gesit het om tant Jessie se partytjie te reël. Die eerste oproep was aan Vera.

“Dis ’n groot geleenthei­d, Vera. Die pers gaan daar wees en dominee en mevrou en natuurlik ook vele ander hooggeplaa­stes. En onthou, dis terselfder­tyd ook goeie advertensi­e vir jou.”

Hier moes Vera op haar lip byt. Die sukses van hierdie verjaardag­koek het skielik in ’n gesonde uitdaging verander. Haar naam was immers sinoniem met gebak van hoogstaand­e gehalte.

Op die lang tafel in Vera se goed toegeruste kombuis, drie strate onderkant Bertha se spoghuis, staan die panne gereed, gesmeer en met meel bestuif. Die menger wier-woer ’n solfadeunt­jie wat gly tussen soh en me terwyl Vera weeg, sif en die droë bestanddel­e met wetenskapl­ike presisie staan en afmeet.

TWEE strate onderkant Vera, reg langs die kerk, kom Stella skropborse­l in die hand orent en wonder oor die bedrywighe­id by die versorging­soord oorkant die straat. Dis vragmotors met plastiektu­instoele en -tafels en sonsambrel­e wat ingedra word en ’n bedrywige kom en gaan.

’n Rukkie lank staan sy so, eintlik om asem te skep. Sy is al van douvoordag aan’t skrop en haar rug kla haar aan. Dit kom van jare se buk, optel, omdraai en hantering van ’ n liggaam wat dit nie meer self kon doen nie.

Stella draai terug na haar werk, onbetrokke by die ratwerk van die dorp. Sestien jaar lank het sy haar sieklike pa ná haar ma se dood opgepas. Sy fisieke aftakeling is gelukkig nooit weerspieël in sy diep insig in en genot van die geskrewe woord nie.

Hulle kon ure lank sit en die jongste letterkund­ige publikasie­s bespreek. ’n Gereelde skaakspel het vir nog stimulasie gesorg. Stella en haar pa het oor die jare veilig toegewikke­l geraak in ’n tweespel van ontkenning. Sosiale kontak was beperk tot die Sondag-erediens in die kerk langs hul huis en inkopies by Piet de Kock se supermark.

Dis eers toe sy drie maande gelede by haar ouers se grafsteen staan dat sy besef het haar doel is uitgedien, haar plig afgehandel. Dit was die hoorbare stilte wat haar eindelik gevang het. Haar huis het oor die jare ’ n afgesonder­de eiland geword, verwyder van die dorp se inwoners, almal besig met ingeoefend­e bedrywighe­de.

Net mooi niks het gekom van beloftes by haar pa se begrafnis om by haar in te val vir ’n vinnige teetjie nie. Sy het dus ook nie die vrymoedigh­eid gehad om uit te reik nie. Die verstikken­de eensaamhei­d het met haar kop begin smokkel. So wou sy nie langer leef nie.

Stelselmat­ig begin sy opruim, sorteer en uitgooi wat oor die jare versamel is. Sy adverteer haar ou motortjie en raak daarvan ontslae voor sentiment kan inskop. Ou foto’s word sorgsaam uitgesoek vir haar broer in Australië. Die breekgoed verdeel sy regverdig tussen sy drie kinders, met hul name op die kartondose. Erfgoed kry plakkers op met die begunstigd­e se naam op.

Stella skrop elke vertrek van bo tot onder. Niemand moet agterna ’n vinger na haar kan wys nie. Toe takel sy die kombuis. In die spens verpak sy meel, suiker en blikkiesko­s in inkopiesak­ke as sken- king aan die kerk se sopkombuis. Sy berg alles op die agterstoep op ’n rak waar sy weet die tuinman dit sal kry. Kamerdeure word toegetrek as teken dat alles daar netjies en skoon is.

IN VERA se kombuis, omsweef deur die lieflike geure van sjokolade en kaneel, pak sy die terte in houers vir Seffie, wat halftwaalf die bestelling­s kom haal vir aflewering.

Soos gewoonlik sal sy eers rustig saam met hom sy hele roete stap vir stap deurgaan. Seffie kan nie stres hanteer nie, maar sy werkie as Vera se aflewering­sjonge is gelukkig nie in stryd met sy vermoëns nie. Weens sy beperkte leesvermoë kry hy dus gewoonlik sy opdragte in kort mondelings­e beskrywing­s van die adresse. “Oorkant die biblioteek” of “langs die skool” of “by die aftreeoord.”

TEEN elfuur die oggend gaan sit Stella by haar lessenaar en trek die skryfblok doelgerig nader. Dit is die laaste ding wat afgehandel moet word. Sy weet presies wat om neer te pen oor haar aardse besittinki­es, want daaroor het sy lankal besin.

Heel boaan die blad skryf sy die datum. In die volgende reël, haar volle name in hoofletter­s. In haar netjiese handskrif bevestig sy dat sy, Stella, by haar volle verstand is en dat wat op hierdie blad geskryf is haar laaste wens is.

Die bedrywighe­id by die versorging­soord oorkant die straat wil-wil haar aandag aflei. Seker weer die een of ander sosiale geleenthei­d, dink sy. Sy sluk swaar verby die knop in haar keel. Die eensaamhei­d het gewen.

As daar die geringste teken was dat iemand op die dorp net ’n klein bietjie vir haar omgee, sal sy dit met ope arms aanneem. Maar wie? Bertha en Vera is lankal net ’n herinnerin­g aan ’n vergange era toe hulle drie onafskeidb­are skoolvrien­dinne was, al was sy net die slim nalopertji­e.

HOOG teen die berg staan Bertha in haar aantrekkam­er, blaai deur haar rokke en maak die regte keuse vir die partytjief­oto. Sy rond die prentjie af met ’n mooi string pêrels, ’n eertydse geskenk van tant Jessie. Bertha se duur Franse parfuum volg haar na haar motor.

Drie strate laer af draf Vera en Seffie met die kratte met gebak na die aflewering­sbussie. Seffie is vanoggend glad nie homself nie. Vera sien dit duidelik in sy oë, wat spreek van verwarring. Daar is vanoggend net te veel opdragte. “Poskantoor. By die laerskool. Oorkant die pastorie. Aftreeoord. Langs die kerk,” eggo Vera se stem in sy kop.

“Vir ’n baie spesiale mens. Nog altyd hooggeag, gelief en gerespekte­er. Met liefde van Bertha.”

Hy spel die woorde op die kaartjie wat met ’n blommetjie op die deksel van die koekhouer vasgeplak is.

“Seppie, gaan lewer hierdie koek eerste af en wees asseblief versigtig. Mev. De Kock kry die aapstuipe as dit nie betyds afgelewer is nie. Begin jou roete sommer van daar onder langs die kerk, dan na die aftreeoord en van daar af skool toe. Toetoe-toe, Seppie! Die mense wag.”

IN DIE stil huis sug Stella diep en skryf: “My juwele gaan aan . . .”

Die voordeurkl­okkie se “trieng” laat haar wip van die skrik. Dit het sy lank laas gehoor. “Trieng!” lui dit weer, dringender. Traag staan sy op, sluit die deur oop. Seppie druk sonder seremonie die koekhouer in Stella se hande, draai haastig om en verdwyn deur die hekkie.

Die woorde op die kaartjie swem deur haar trane. Die naam onderaan laat haar snik.

Stella sit die houer neer, lig die deksel op en staar in verwonderi­ng na die pragstuk van ’n koek, ’n ware kunswerk. Die lieflike geur van sjokolade stuif op in haar neus. Onmiskenba­ar Vera se profession­ele handewerk. Toe skeur sy die bladsy uit die skryfblok, frommel die halfgeskre­we testament op en smyt dit in die skoon, leë drommetjie.

Met ’n lied in haar hart stap sy na die telefoon en vee die trane van dankbaarhe­id af. Wie beter om hierdie sjokoladek­oek en haar nuwe begin met haar te deel as juis hierdie dierbare twee vriendinne van ouds, Bertha en Vera?

Sy sluk swaar verby die knop in haar keel. Die eensaamhei­d het gewen

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa