Huisgenoot

Hoe gemaak as manlief jou afskeep?

As deel van ons 101jarige bestaan help ons lesers sin maak van sake wat baie mense raak. Dié week: Ál meer vroue kla hul man gee nie genoeg aandag aan hulle nie. Wat is die oplossing?

- Deur LARA ATSON en JANA SMIT (Blaai om)

DIT voel of sy kan doodgaan, want haar man skeep haar af. Ná drie dekades en meer as sewe sakke sout saam, wonder Lydia Brits* wanhopig hoekom sy nog getroud is. “Dis elke dag dieselfde storie: Hy werk, kom huis toe en plak hom voor die TV neer. As ek gelukkig is, kry ek dalk nog ’n ‘ hallo’ voor ek hom moet bedien – en dit sonder ’n dankie,” skryf sy onlangs raadop aan Huisgenoot oor haar ontnugteri­ng met haar huwelik. Sy en haar man is albei in hul 50’s en het drie seuns wat al uit die huis is.

Enkele dae later pleit Rina Bester* ook in ’n e-pos om hulp, want haar man verkies sy werk en vriende bo haar.

Ál meer vroue voel hul man skeep hulle af, bevestig plaaslike kenners. En wanneer die kroos eers uit die nes is, voel dié vroue hulle is so te sê onsigbaar.

EERSTE BRIEF

“Ek het maar altyd net stilgebly en alles gelate aanvaar, maar is sowaar by ’n kruispad,” skryf Lydia.

“Al wat my al jare lank keer, is dat ek nie finansieel heeltemal op my eie kan aangaan nie. Maar regtig, ’n mens probeer en vra jou dan af: Hoekom moet ek ná jare se getroude lewe doodgaan?

“Liewe genade, hy is morsdood; hy wil niks meer doen wat hy altyd gedoen het nie. Wanneer hy iets in die kombuis gebruik, los hy alles net so.

“Hy doen nie eens die moeite om net ’n lappie by die wasbak nat te maak en sy gemors op te vee nie. Verder word alles net neergeplak,” skryf sy.

“Ek verstaan hy is moeg, maar word ek nie ook moeg nie? Wanneer ek ná ’n gewone dag van die werk af by die huis kom, is dit dadelik kos maak en omsien na wasgoed. My pligte hou nooit op nie.

“Elke oggend staan sy kos vir die dag gereed vir inpak. Nooit sal hy dankie sê daarvoor of net een oggend vyf minute vroeër opstaan om die bed op te maak nie. Hy doen dit nie eens naweke nie, wanneer hy altyd ná my opstaan,” vertel Lydia.

“En vergeet maar van romanse of bederfies op spesiale dae. Vir ’n hele paar jaar se huwelikshe­rdenkings kry ek nie eens ’n pakkie Smarties of ’n enkele blom nie.

“Hy kan dit selfs in die tuin pluk, want dit gaan nie vir my oor die geskenk of hoeveel dit kos nie. Maar hy gee my nie eens meer iets wat niks kos nie.

“Ek is die een wat altyd ’n drukkie vra. Hoekom moet dit so wees? Een keer per dag se koebaai-soen en -drukkie. Soms beteken dit nie eintlik iets nie, want dit is so effens, hy kon dit net sowel gelos het. Dis blykbaar vir hom genoeg,” sê sy.

“Niks word meer met oorgawe gedoen nie. Is dit omdat sy pens te groot word dat alles moeite raak, of sommer net gemaksug?” wonder Lydia.

En dis nie dat sy nie moeite doen met haar voorkoms nie. “Ek is oorgewig, maar nog baie ver van waggel af.

“Ek is altyd netjies en baie gesteld daarop om elke dag my hare te was en grimering aan te wend. Ek werk; dus lyk ek nie of ek nou net opgestaan het nie.

“Wanneer ons in winkels of markte rondstap, sal hy nooit my hand vashou nie. Hy is altyd ’n kilometer voor my; dan drentel ek maar agterna soos ’n skoothondj­ie. Hel, nee, ek is moeg daarvoor. Dan loop daar pare van wie die

vrou erg oorgewig is en met onvleiende klere, skurwe hakskene en verslonste hare, maar die man hang aan haar.”

TWEEDE BRIEF

Rina ken ook dié gevoel. “Ek en so baie ander vroue voel ons man skeep ons af en gee meer aandag aan sy werk en vriende. Dit is nie net die vroue wat daaronder ly nie; die kinders ook.

“Dié mans klets 10 minute met t hul kollegas en pelle op WhatsApp, maar wanneer hulle hul vrou bel, is daarar net sekondes of hoogstens twee minutete vir gesels,” skryf sy.

“Soms beantwoord dié soort man n nie eens sy vrou se teksboodsk­appe nie of laat eers ure later van hom hoor.

“Ek het ook al gehoor van een wat ’n oproep van ’n vriend beantwoord­d het terwyl hy seks het met sy vrou,” laatat sy hoor. Dis mos genoeg om enige vrou briesend te maak.

BAIE getroude vroue sit in dieselfde bootjie as Lydia en Rina, beaam beraders. Dis nie noodwendig net mans bo 50 of ou getroudes wat hul vrou afskeep nie – en dis ook geensins iets nuuts nie. “Talle pasgetroud­e mans sukkel om by die getroude lewe aan te pas en skeep dan hul vrou af. Sommigeg ouer mans doen dit ook.

“Wanneer ’ ’n n paartjie kinders het, konsentree­r hulle grotendeel­s op hul kinders en so dryf die huweliksma­ats uitmekaar,” sê Rakhi Beekrum, ’n beradingsi­elkundige van Durban.

“Wanneer die kinders groot en onafhankli­k is, voel die vroue eensamer. Dit gebeur veral met vroue wat nie werk nie, want hulle voel hul man het ’n lewe weg van die huis af, terwyl hulle nou niks meer het waaraan hulle hul aandag kan wy nie.”

Was dit nie maar altyd so nie? “Ek dink nie dit gebeur vandag meer as voorheen nie; vroue sê dit nou net meer,” meen dr. Gretha Heymans, ’n pastorale terapeut van Bloemfonte­in. In die verlede was dit verbode om uit te praat oor wat in ’n huwelik geskort het.

“Vroeër jare het vroue voorgegee alles is in die haak, maar deesdae het hulle die vrymoedigh­eid om te praat,” verduideli­k sy.

“Baie vroue kla hul man gedra hom asof hy ’n alleenlope­r is,” sê Rakhi.

“So ’n man bring baie tyd saam met vriende deur en gaan selfs naweke saam met pelle weg terwyl die vrou tuisbly met die kinders. My pasiënte kla ook hul man skeep hulle op belangrike tye af, soos pas ná die geboorte van ’n baba. Die man gaan uit saam met sy vriende pleks dat hy die nuweling se koms saam met sy vrou vier.”

Seuns leer dié soort gedrag van jongs af aan, meen dr. Anton Jordaan, ’n klinies-pastorale huweliks-en-gesinskenn­er van Pretoria. “Ma’s wat hul seuns nie in die huis laat werk nie, maak mans groot wat niks vir hulself wil doen nie. ’ n Mens kry die indruk dit kom deesdae ál meer voor,” meen hy.

“Dit gaan vir die vrou moeilik wees om gevestigde gedragspat­rone uit die man se kinderdae te verander.

“Die huishoudin­g is tradisione­el as die vrou se verantwoor­delikheid beskou en mans het buite die huis gaan werk. Maar die lewe het radikaal verander en seuns moet geleerg word almal is mede-

verantwoor­delik vir die huishoudin­g.”

Aan die ander kant gee vroue dikwels so baie aandag aan die kroos dat hulle hul man afskeep, sê Rakhi. Dit plaas groot druk op die verhouding wanneer die kinders eendag die huis verlaat.

Mans bevind hulle dan in ’n moeilike posisie, want teen dié tyd het hulle al gewoond geraak daaraan dat hulle nie die belangriks­te mens in die vrou se lewe is nie.

“Dit is ongesond,” meen Anton. “As die kinders die enigste samebinden­de faktor in die huwelik is, kan dit later, wanneer die kinders groter is, probleme in die huwelik veroorsaak.”

HOE OUER, HOE KOUER (SOMS)

Terwyl ’n man ’n vrou die hof maak, sit hy gewoonlik sy beste voetjie voor en doen baie moeite, sê Claudette Jordan, ’n sielkundig­e van Durban. “Dit is nuut en opwindend en emosies en hormone loop hoog.”

Maar dié vlam word soms geblus wanneer die werklikhei­d van die alledaagse lewe intree, hul verhouding in roetine verval en hulle kinders begin kry.

Mans het dalk minder energie soos hulle ouer word, maar wanneer hulle hulle van hul vrou distansiee­r, is dit dikwels net die voortsetti­ng van gedragspat­rone wat vroeg in die huwelik reeds gevestig is, meen Anton.

“Daar is ’n bykomende bose kringloop met die ouer word: Die man se viriliteit verflou, sy status by die werk neem af, daar’s gesondheid­sprobleme en gevolglik voel hy minder goed oor homself.”

Dan is hy minder vrymoedig om by die vrou toenaderin­g te soek en sy beleef dit op haar beurt as afsydighei­d.

“Soos vroue menopouse beleef, ervaar mans andropouse,” sê Anton oor die hormoonver­anderings wat ook mans se energievla­kke aantas. “Onaktiwite­it, verkeerde eetgewoont­es, alkoholmis­bruik en rook dra verder by tot futlooshei­d,” sê Anton.

Mans se testostero­onvlakke verminder met ouderdom, beaam Rakhi. “Dit lei dikwels tot simptome soos gewigstoen­ame om die maag, emosionele veranderin­gs, minder motivering, ’n laer libido en erektiele wanfunksie.”

Daarteenoo­r is vroue in hul 50’s dikwels meer energiek en ondernemen­d, sê Anton. “Die verantwoor­delikheid van kinderopvo­eding is iets van die verlede, die vrou het meer tyd vir selfontdek­king en sy is gemakliker in haar eie vel, met meer selfkennis en insig,” sê hy.

Mans vind meestal hul identiteit in hul beroep, en nadat die kinders uit die nes is, gebruik sommige selfs werk om dié leemte in die huis te vul. “Tog moet ’n man nie werk as ’n verskoning gebruik vir onbetrokke­nheid by sy vrou nie,” is Anton se raad.

Baie mans vrees aftrede, want hulle voel dalk hulle sal nutteloos raak, voeg Rakhi by. Tradisione­el is die man se rol dié van voorsiener en sy sukses word gemeet aan sy verdienste; daarom kan dit mans dalk aanspoor om teen die einde van hul loopbaan harder te werk. En dan ignoreer hulle hul vrou.

Hoewel vroue op hul beurt moet erken dat hulle dalk hul man afgeskeep het terwyl hulle kinders grootgemaa­k het, is dit nie net die vroue wat skuldig is nie, meen Rakhi.

Dit is onnodig dat die vrou haarself en haar eie behoeftes nou as minder belangrik beskou, beaam Anton, maar sy moet in ag neem die man het ook ’n ego.

“Spreek waardering uit dat jou man hard werk, kompliment­eer hom op sukses of prestasie en steun hom in moeilike tye,” sê Anton.

“Dan kan jy met vrymoedigh­eid ook oor jou eie belange praat en hoef jy nie stil te bly oor jouself of jou tweede te stel nie. Dit werk wederkerig.”

Vir mans is dit moeilik, want hulle is swakker kommunikee­rders as vroue, sê Gretha. “Van kleins af word hulle geleer cowboys huil nie en dit maak dat hulle amper voeling met hul emosies verloor.”

Omdat die man sukkel om met sy vrou te praat oor sy emosies, kuier hy dalk liewer saam met die manne. Om- standighed­e by die huis kan hom ook wegdryf; sy vriende aanvaar hom bes moontlik nes hy is en hy gesels waarskynli­k makliker met hulle.

HOE KAN DINGE WEER WARM RAAK?

“Die eerste stap is om met jou man te praat en hom te laat weet hoe jy voel en wat jy verkies,” sê Rakhi.

Let op jou gedrag en aanvaar verantwoor­delikheid vir die rol wat ook jy gespeel het in jul onderlinge afsydighei­d. Dan kan julle saam aan die probleem werk. “As jy sukkel hiermee, oorweeg terapie vir paartjies,” sê sy.

Bring tyd saam deur, sê Gretha. “Probeer ’n halfuur per dag met mekaar

‘Spreek waardering uit daarvoor dat jou man hard werk en kompliment­eer hom’

gesels; nie oor kinders en werk nie, maar oor jou maat se hart. Dit moet amper die soort gesels wees soos toe julle nog na mekaar gevry het.

“Doen goed saam. Lag ook saam. Die belangriks­te is dat julle moeite doen met mekaar.” Pare moet as’t ware van voor af besluit hulle wil saam wees.

Onthou wat julle destyds in die eerste plek na mekaar aangetrek het, is ook Rakhi se raad.

En wys jou vrou jy gee om en stel belang in wat sy doen. “Maak vir haar ’n koppie tee of koffie, bel deur die dag of stuur ’n boodskap om te hoor hoe haar dag verloop, help in die huis, betoon dankbaarhe­id vir die goed wat sy vir jou doen en kompliment­eer haar.

“Vroue hou van kompliment­e, maar dit moet opreg wees,” sê Rakhi.

“Doen klein goedjies vir jou vrou om te wys jy gee om. Bring gehaltetyd saam deur. As jy onseker is wat sy van jou verwag, vra haar.”

Doen goed wat julle geniet, wat dit ook al is: Gaan stap op die strand, beoefen saam ’n stokperdji­e of sport of geniet net aandete sonder afleidings soos ’n televisie of selfoon.

Wees avontuurlu­stig en loop saam risiko’s, sê Claudette. “Stel iets op die proef wat julle altyd wou doen, maar nie kon nie, dalk weens verantwoor­delikhede met die kinders.”

DIE GROOT TABOES

Vermy die volgende as jy die probleem wil oplos, sê Rakhi:

S Kritiek en blaam. Gebruik eerder “ek-taal” om te sê hoe jy voel wanneer jou maat jou afskeep. En hou jou stemtoon dop. As jy kalm is, sal jou maat makliker hoor wat jy sê. As jy skree, sal hy meer die kwaai toon hoor as om te luister na wat jy sê. S Vergelding, soos ’n oog vir ’n oog en

tand vir ’n tand. Tree op soos jy wil hê jou maat teenoor jou moet optree. Wanneer hy jou seermaak, sê liewer vir hom hoe sy gedrag jou laat voel en watter veranderin­g jy wil sien as om dieselfde aan hom te doen.

S Dreigement­e. Moenie jou maat dreig nie, veral nie as jy dit nie gaan uitvoer nie, want eendag is jy dalk ernstig, maar dan glo die mens jou nie meer nie.

S Kla. Dit los nie probleme op nie. Gebruik liewer “ek-taal”, soos: “Ek voel bekommerd wanneer jy so baie drink, want jou gesondheid en veiligheid word bedreig.” Dié soort kommunikas­ie val nie jou maat aan nie en hy sal meer waarskynli­k jou mening insien. S Toenaderin­g- of aandagsoek­ery by iemand anders. Laat eerder jou maat weet dis vir jou ’n belangrike behoefte. As julle nie bereid is om saam daaraan te werk nie, moet jy mooi dink of jy nog in die verhouding wil wees. S Skinder en kla by familie en vriende oor jou maat. Dit is ongesond. Jy vergewe jou maat dalk vorentoe vir sy optrede, maar jou geliefdes gaan dit nie doen nie. Die beste is om te praat met ’n profession­ele mens wat vertroulik­heid kan waarborg.

’n Mens mag maar by ’n hegte vriend of vriendin stoom afblaas, maar maak seker dit is een wat jy weet objektief sal wees, jou goeie raad sal gee, wat jy vertel vertroulik sal hou en jou keuse sal respekteer as jy besluit om met die huwelik voort te gaan. * Skuilname. S

 ??  ??
 ??  ?? Ál meer vroue voel hul man skeep hulle af, sê kenners. En terwyl getroude vroue eens moes swyg oor huwelikspr­obleme, het baie nou meer vrymoedigh­eid om uit te praat.
Ál meer vroue voel hul man skeep hulle af, sê kenners. En terwyl getroude vroue eens moes swyg oor huwelikspr­obleme, het baie nou meer vrymoedigh­eid om uit te praat.
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ?? Vroue gee soms so baie aandag aan hul kinders dat hulle hul man afskeep. Dit plaas druk op die verhouding wanneer die kinders die nes verlaat, sê sielkundig­es.
Vroue gee soms so baie aandag aan hul kinders dat hulle hul man afskeep. Dit plaas druk op die verhouding wanneer die kinders die nes verlaat, sê sielkundig­es.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa