Huisgenoot

JOU HUISWERKER SE VERGOEDING

Vir baie van ons sal ons lewe in ’n chaos wees sonder hulle. Gee jy haar wat haar toekom?

- Deur LETITIA WATSON Stuur voorstelle en versoeke na geldsake@huisgenoot.com. E-posse sal sover moontlik in die rubriek beantwoord word en nie persoonlik nie.

‘Mense vergeet hoe gou jy ’n taak verrig het, maar hulle onthou hoe goed jy dit gedoen het’ – DIE AMERIKAANS­E ADVERTENSI­EBESTUURDE­R HOWARD W. NEWTON

HOEVEEL BETAAL JY?

Die minimum loonvereis­te is die laagste bedrag wat jy wetlik moet betaal, maar is dit ’n regverdige salaris vir wat jou huishulp alles vir jou doen? As sy boonop kinderoppa­sser speel, is dit net billik om haar meer te betaal vir dié ekstra verantwoor­delikheid. So ook iemand wat gesogte vaardighed­e of opleiding het. Die salaris wat jy betaal, wys ook die respek en waardering wat jy vir die werker het; daarom dien dit as motivering vir haar.

HOE BETAAL JY?

Dit is die werker se keuse, maar moedig haar aan om ’n bankrekeni­ng te open as sy nog nie een het nie. Dit is vir sommige mense makliker om hul geldsake te bestuur as hul salaris maandeliks of weekliks in ’n bankrekeni­ng inbetaal word, pleks van kontant daagliks. Waar nodig, kan jy haar help om die regte rekening te kies en ’n basiese begroting op te stel. Die groot banke het intreevlak­rekenings met betreklik lae fooie; kies die beste een.

BELANGRIKE ADMINISTRA­SIE

Die huiswerker moet ’n kontrak hê wat haar pligte uitstippel en maandeliks ’n betaalstro­kie ontvang. Jy moet haar vir werklooshe­idsverseke­ring registreer. Dit beloop 2 persent van die maandeliks­e salaris: 1 persent word van jou huishulp se salaris afgetrek en jy dra 1 persent by. Sy moet met ontslag ’n diensserti­fikaat kry met jou naam en adres op, asook haar naam en posbeskryw­ing, dienstydpe­rk en salaris.

EKSTRA BETALINGS

Die betaling vir oortyd is 1,5 keer die huiswerker se gewone vergoeding. Sondagwerk is vrywillig en werkers moet dan dubbel betaal word. As hulle gewoonlik op Sondae werk, kry hulle 1,5 keer hul normale weekdagver­goeding. Vir openbare vakansieda­e moet hulle dubbel betaal word. Oortydbeta­lings kan verskil vir werkers wat ingevolge sektor- of vakbondoor­eenkomste gereguleer word. Wat afdankings betref, is hulle geregtig op ’n betaalde kennistydp­erk.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa