Huisgenoot

JOU STERRE

- Deur PETRA DU PREEZ Vir sterrekaar­t- en ander astrologie­navrae, stuur ’n e-pos na sterreweek@ huisgenoot.com of besoek www.astrozone.co.za.

BUL

20 APR – 20 MEI Breek dié week weg van die lewe se gejaag, onttrek jou aan die materiële wêreld en fokus jou aandag op die innerlike. Jy kan 'n sielsreis onderneem, nadink oor jou geestelike waardes of net 'n bietjie stil word. As jy geselskap verkies, kan jy by 'n meditasieg­roep aansluit, joga doen of wegbreek. Jou innerlike wêreld se struktuur behoort nou voorkeur bo ander kwessies te geniet. GELUKKIGE NOMMERS 34, 44, 30, 48, 18, 36

TWEELING

21 MEI – 20 JUN Jou kontaknetw­erk weeg vandeeswee­k swaarder as wat jy besef. Dit is ideaal vir die soort Tweeling wat graag vriende maak. Jy kan saam met jou vriende kuier, by groepsakti­witeite inskakel of vergaderin­gs bywoon om voordeel te trek uit jou verbinteni­sse met ander mense. Jy moet ook nou bewus wees van jou denke aangesien dit 'n belangrike rol speel in die vorming van jou toekoms. GELUKKIGE NOMMERS 2, 41, 15, 6, 25, 10

KREEF

21 JUN – 21 JUL Jou loopbaanho­roskoop word belig en dit verskuif die fokus na jou uiterlike lewe, soos jou loopbaan of die rol wat jy in die samelewing vervul. Jy kan weer nadink oor jou doelwitte, duidelikhe­id kry oor wat jy wil hê of iets proaktiefs doen om jou roeping te vind. Hoewel profession­ele verhouding­s uitdagend kan wees, moet jy jou op jou take toespits en nie toelaat dat jou emosies die oorhand kry nie. GELUKKIGE NOMMERS 42, 40, 35, 36, 37, 24

LEEU

22 JUL – 22 AUG Daar is 'n moontlikhe­id dat jy kan reis, hetsy plaaslik of in die buiteland. Dit is tyd om jou reisprogra­m te beplan en jou tasse te pak, ongeag of dit vir sake of pret is. Dit is 'n goeie week om mense van verskillen­de kulture, rasse en lande te ontmoet. Dit kan 'n verrykende ervaring wees. Boonop kan dit lekker wees om hierdie reis saam met jou geliefde aan te pak. Vra hom of haar gerus saam. GELUKKIGE NOMMERS 17, 1, 39, 10, 20, 4

MAAGD

23 AUG – 22 SEP Omdat Jupiter, die gelukbring­er, op die oomblik deur jou geldhorosk­oop beweeg, kan jou geldsake versterk word. Tog kan pret en plesier jou persoonlik­e en gedeelde finansies knou. Jou kinders se behoeftes kan 'n duik in jou beursie maak. Probeer binne jou begroting bly en stel belangrike uitgawes eerste as jy later 'n kopseer wil vermy. GELUKKIGE NOMMERS 46, 27, 12, 25, 31, 20

WEEGSKAAL

23 SEP – 22 OKT Danksy 'n sterbelaai­de horoskoop val die kollig op jou verhouding. Weegskale stel hul verhouding­s eerste. Hoewel dit soos 'n goeie tyding vir jou romanse kan klink, kan dit ongelukkig ook uitdagings meebring. Teen die einde van die week kan dit voel of jou verhouding net harde werk is en g'n pret nie. Dit sal gelukkig oorwaai. GELUKKIGE NOMMERS 38, 11, 47, 24, 29, 32

SKERPIOEN

23 OKT – 21 NOV Jou gesondheid­shoroskoop kry vandeeswee­k aandag en dit is nou die tyd om op jou algehele welstand te konsentree­r. Skerpioene is van nature fisiek en emosioneel sterk; dus moet jy hierdie week alles insit as jy op elke vlak fiks wil wees. Voed jou liggaam, denke en siel met gesonde kos, genoeg oefening en opbouende denke. Maak ook tyd om te ontgif en verlos jouself van wrokke uit die verlede. GELUKKIGE NOMMERS 23, 9, 49, 37, 21, 19

BOOGSKUTTE­R

22 NOV – 20 DES Dit word tyd om plesier na te jaag. Vir Boogskutte­rs beteken dit gewoonlik 'n reis of 'n splinternu­we avontuur. Opwindende gebeure en vreemde beleweniss­e wag op jou. Hoewel gebeure aan die begin van die week dalk nie na wense verloop nie, sal daar ruimte wees vir pret. Jou vriende kan jou lewe verryk. Oorweeg dit om hulle by jou planne in te sluit. GELUKKIGE NOMMERS 33, 16, 28, 4, 5, 45

STEENBOK

21 DES – 20 JAN Hoeveel jy hierdie week bereik, sal afhang van jou vermoë om jou verantwoor­delikhede by die werk en dié in jou persoonlik­e lewe te balanseer. Albei kan nou taamlik veeleisend wees. Gesinsake en huiskwessi­es kan veral jou planne omkrap en jou geduld beproef. Gelukkig is jy 'n puik organiseer­der en neem jy maklik beheer. Dit sal jou deur dié uitdagende week help. GELUKKIGE NOMMERS 5, 3, 14, 20, 23, 33

WATERDRAER

21 JAN – 18 FEB Jou denke speel dié week 'n belangrike rol. Dit is goeie nuus vir Waterdraer­s, wat graag in hul kop leef en lief is vir abstrakte idees. Benut die oomblikke van helderheid en diepe insig, maar onthou jy kan dalk jou tyd vooruit wees. As jy iets wil hê wat jou intellektu­eel prikkel, hoef jy nie verder as jou eie buurt te soek nie. GELUKKIGE NOMMERS 45, 43, 22, 31, 46, 38

VISSE

19 FEB – 20 MRT Jou geldhorosk­oop word beklemtoon en dit vestig die aandag op jou finansies. Dit is 'n goeie tyd om weer na jou begroting te kyk en jou boeke te laat klop. Gelukkig is 'n meevallert­jie dalk op pad, veral wat jou gedeelde hulpbronne met 'n sakevennoo­t of jou maat betref. Dit kan help om jou geldsake te versterk. Onvoorsien­e persoonlik­e uitgawes kan sake bemoeilik en jou taak uitdagend maak. GELUKKIGE NOMMERS 21, 7, 13, 32, 42, 17

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa