Huisgenoot

VRIENDE MET VOORDELE OF NET GOEIE MAATS?

-

Ek is oor die 50, goed versorg en het onlangs my man weens kanker verloor. Hy was baie ouer as ek. Ek het ’n ou kennis van ons in die winkels raakgeloop. Hy was altyd gelukkig getroud, maar is nou geskei. Ons het mekaar met ’n geselsie oor koffie getroos. Toe het die selfoonboo­dskappies begin. Ons gesels ’n hond uit ’n bos uit.

Ek weet hy wil net ’n vriendin hê. Ek wil ook nie met ’n verhouding begin nie, want dis nog te gou ná my man se dood; daarom werk dit vir ons. Ons was al intiem.

Hy sê net hy wil nie hê ek moet voel ek word gebruik nie, maar ek voel nie so nie. Dink jy so iets kan hou?

GH op WM

Verhouding­s het unieke uitdagings in verskillen­de lewensfase­s. Vriendskap­pe sonder verbinteni­s tussen ouer volwassene­s het ’n kans op sukses mits perke gestel word en die betrokkene­s geen verwagting­s het nie. Sulke vriende steun mekaar op vele vlakke en intimiteit is ’n gelukkige neweproduk.

As vriende mekaar vir seks gebruik, het die verbinteni­s wel ’n vervaldatu­m. Selfs vurige liefdespel kan mense ook net so lank bymekaarho­u.

Die een wat die langste alleen was, sal dalk eerste ontevrede raak met die perke wat gestel is. Gevoelens van liefde kan dan ’n rol begin speel.

Die oomblik dat een meer wil hê terwyl die ander steeds met die bestaande reëling tevrede is, is die vriendskap gewoonlik verby.

Die beste beleid is om eerlik te wees met jouself voor iemand seerkry. As jy jaloers begin raak of omgee dat hy by iemand anders kuier, moet die gevaarligt­e flikker.

Dalk is dit nog te gou ná jou man se afsterwe om in ander arms troos te vind, ’n troos wat jou emosioneel duur te staan kan kom.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa