Huisgenoot

VRA VIR HANNON

Die gewilde voorkomsko­nsultant help jou op jou beste lyk

- SO KOOP JY GRIMERING

IS DUURDER BETER?

ALMAL weet hoe duur dinge geraak het. Grimering is nie ’n uitsonderi­ng nie, maar deur vindingryk te werk te gaan hoef jy nie so baie geld uit te g gee op jou mooimaakpr­odukt mooimaakpr­odukte nie. Nee, duur grimering is nie noodwendig beter as die goedkoper soorte nie. As jy weet watter grimeerkle­ure en -teksture die beste by jou gelaatskle­ur en veltekstuu­r pas, kan jy gerus na goedkoper handelsnam­e kyk. Kyk ook twee keer wanneer jy by ’n uitverkopi­ngsmandjie verbystap, maar moenie iets koop as jy min of meer dieselfde produk in jou grimeersak­kie het nie.

RE-E-EK JOU GRIMERING SE LEWE

Jy kan jou grimering langer laat hou as wat jy dink. As jou maskara amper droog is, kan jy ’n paar druppels van jou saamtrekmi­ddel ( toner) ingooi en dit met die maskarabor­sel roer. As jy meestal jou grimering met jou vingers aanwend pleks van met ’n spons, sal jy baie langer daarmee uitkom omdat sponse baie meer grimering absorbeer as wat jy nodig het.

Krap jou oorskietli­pstiffie in ’n pillehouer uit sodat jy dit met ’n lipborsel kan aanwend.

As ’n oogskadu verkrummel het, moet dit nie sommer weggooi nie.

Drup een of twee druppels alkohol op die oogskadu.

Druk dit weer alles met ’n teelepel mooi vas en laat dit staan om droog te word en weer te set.

SEËL JOU GRIMERING

Wend net een keer per dag grimering aan.

Belê in ’n grimeerseë­laar wat jy ná die tyd oor jou gesig aanspuit.

Dit sal sorg dat jou grimering heeldag of -aand hou sonder dat jy gedurig nog moet aanwend.

KOOP SLIM

Grimering is veronderst­el om pret te wees, maar as jy gedurig onnodige items koop, kan dit ’n ernstige begrotings­uitdaging word.

Deur slim te werk te gaan sal jy waarde kry vir jou geld sonder dat jou gewete jou pla oor ’n laai wat reeds oorvol is met onnodige grimering.

Gaan kyk gerus wat in jou grimeersak­kie en laaie rondlê, want ek is seker jy sal verbaas wees hoeveel maande se ekstra grimering jy nog daar gaan vind.

As jy jou grimeersak­kie beter organiseer, beteken dit ook daar sal nie produkte wegkruip wat later heeltemal te oud word om te gebruik nie.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa