Huisgenoot

PANTSER JOU KIND

-

Masels is aansteekli­k en bly een van die hoofoorsak­e van kinderster­ftes, maar dit kan voorkom word

’NHOOGS aansteekli­ke virus het kinders en jong mense onlangs op verskeie plekke in die land platgetrek. Dis een wat jou nie net met simptome soos ’n hoë koors en ’n veluitslag in die bed vaskeer nie; dit kan ernstige en selfs lewensgeva­arlike newe-effekte hê, soos blindheid en breinontst­eking.

Die sondaar? Masels. Ja, dié ou bekende kindersiek­te wat ’n mens gemeen het in die vorige eeu saam met koolstowe, plaastelef­one en inryteater­s uitgesterf het, het opnuut in die Wes-Kaap en Gauteng kop uitgesteek.

Selfs al is doeltreffe­nde en bekostigba­re entstowwe teen dié gevreesde siekte reeds sedert die 1970’s beskikbaar, bly masels volgens die Wêreldgeso­ndheidsorg­anisasie (WGO) een van die vernaamste oorsake van kinderster­ftes.

Volgens hul jongste beskikbare syfers het dit in 2008 sowat 164 000 kinders se lewe geëis.

Geen betroubare syfers oor sterftes weens masels in Suid-Afrika is beskikbaar nie, sê Melinda Suchard van die Nasionale Instituut vir Oordraagba­re Siektes (Nios).

Tydens ’n uitbreking van dié siekte tus- sen 2009 en 2011 is meer as 18 000 gevalle aangemeld, en luidens ’n artikel in die Suid-Afrikaanse Mediese Joernaal het dit waarskynli­k ’n paar honderd mense se lewe geëis.

’n Maselsuitb­reking in Februarie op Stellenbos­ch het daartoe gelei dat ’n atletiekby­eenkoms afgelas moes word. Intussen is meer as 270 000 Wes-Kaapse kinders teen dié siekte ingeënt.

In ’n onlangse verklaring waarsku Nios die virus doen op die oomblik ook die ronde in Johannesbu­rg: “Die kinders wat siek is, is meestal op laerskool en nie daarteen ingeënt nie.

“Dié gevalle kom ná ’n bevestigde uitbreking van masels in die Wes-Kaap in die eerste maande van vanjaar, met tot dusver altesaam 29 gevalle.”

Kinders is ingeënt by die laerskool waar die siekte uitgebreek het, en ’n veldtog word beoog om alle Gautengse kinders onder vyf te vaksineer.

“Masels is hoogs aansteekli­k en versprei vinnig,” waarsku Nios in hul verklaring. “Mense wat dié siekte onder lede het, kan dit reeds vier dae voor die veluitslag sigbaar word aan ander oordra en tot vier dae daarna.”

Daar was ’n toename in gevalle in die Wes-Kaap en Johannesbu­rg, selfs al is inentings daarteen deel van die nasionale inentingsk­edule, sê dr. Hans W. Prozesky, ’n spesialis in aansteekli­ke siektes aan die Universite­it Stellenbos­ch se fakulteit geneeskund­e en gesondheid­swetenskap­pe.

Kenners praat uit een mond wanneer hulle ouers dit op die hart druk: Jy is dit nie net aan jou kinders nie, maar ook aan die gemeenskap verskuldig om hulle teen masels te laat inent.

Selfs al herstel jou kind heeltemal van die siekte, kan hy dit oordra aan vriende se babas en kan hulle weens die siekte komplikasi­es opdoen, sê Melinda.

“Inenting is veral belangrik om te keer dat kinders onder ses maande aansteek. Hulle is te jonk vir ’n inenting,” verduideli­k sy. “Ma’s moet die risiko vir hul eie kind en die gemeenskap in ag neem.”

Deur PIETER VAN ZYL

WAAROM LAAT OUERS NA OM HUL KINDERS TE LAAT INENT?

Sommige mense is gekant teen inenting vir masels weens ’n vermoede dat die entstof verband kan hou met onder meer outisme. “Maar so ’n verband is nog nooit bewys nie,” sê Hans.

Die vermoede dat hierdie inentings aandaggebr­ek-hiperaktiw­iteitsteur­ing veroorsaak, kon ook nog nie bewys word nie, sê Melinda.

Kinders wat nie teen masels ingeënt is nie, kan die siekte opdoen wanneer hulle byvoorbeel­d in aanraking kom met kinders uit buurlande waar ’n uitbreking daarvan was, waarsku Washeela Roziers, ’n verpleegst­er verbonde aan die Sir Lowrysklin­iek naby Somerset-Wes in die Wes-Kaap. Sy het jare lange ervaring van kindersiek­tes.

Verwarring onder ouers oor die inokulerin­gskedule kan ook ’n rol speel, meen sy. Voorheen is babas op ses en dan weer op 18 maande teen masels ingeënt. Deesdae vind die tweede inenting by staatsklin­ieke op 12 maande plaas, terwyl dit in die privaat sektor die gebruik is om kinders op 12 en weer op 18 maande teen masels in te ent.

Hoe gemaak as jou kind reeds ouer as 18 maande is en jy hom of haar om watter rede ook al nie laat inent het nie?

Volgens Nios se riglyne is dit nooit te laat om iemand teen die siekte te laat inent nie, ook nie volwassene­s met ’n immuniteit­sgebrek soos MIV nie.

Maar Washeela waarsku minstens vier weke moet tussen inentings verloop, anders word kinders te veel aan die virus blootgeste­l en kan dit hul lewer beskadig.

KAN ’N MENS MASELS KRY AL IS JY DAARTEEN INGEËNT?

Dit gebeur wel, sê prof. D David Coetzee van die sentrumsen­t vir aansteekli steeklike siektes aan die Universite­it va van Kaapstad se skool vir openbare ge sondheid en huisartsk kunde. “M “Menslike foute is die algemeenst­e rede waaromwaar­o iemand wat ingeënt is m masels kry,” sê hy, want die e entstof moet op ’n spesifieke ma manier geberg en toegedien word. Inenting teen masels is 95 persent doeltreffe­nd, sê Melinda. Dit beteken een uit 20 kinders word nie volkome teen die siekte beskerm nie; daarom moet ouers op 15 maande ’n aanvullend­e inenting vir hul kinders oorweeg. So ’ n versterkin­gsinspuiti­ng kan ook tydens ’n uitbreking toegedien word. Statistiek van die WGO toon hoe suksesvol inentings teen masels is: Tussen 2000 en 2015 het dit nagenoeg 20,3 miljoen sterftes wêreldwyd voorkom, raam hulle. In Afrika het die sterftesyf­er weens masels van 2000 tot 2010 met 74 persent afgeneem. Die WGO hoop om die siekte teen 2020 wêreldwyd uit te roei.

HOE WORD MASELS BY ’N PASIËNT GEDIAGNOSE­ER?

Masels moet as ’n moontlike diagnose beskou word by enigeen met ’n koors en ’n veluitslag. Die uitslag is baie dieselfde as dié van Duitse masels (rubella); daarom moet die diagnose met ’n bloedtoets bevestig word of deur ’n monster uit die keel te ontleed.

Masels en Duitse masels word deur twee verskillen­de virusse veroorsaak. Duitse masels is selde skadelik vir kinders, maar die babas van vroue wat dit in die eerste trimester van hul swangerska­p opdoen, kan hartafwyki­ngs hê en blind of doodgebore word; dus beveel dokters aan dat meisies voor hul vrugbare jare daarteen ingeënt word.

Masels by kinders is ’n ernstiger siekte as Duitse masels. Die maselvirus besmet die asemhaling­stelsel en versprei deur aanraking en vogdruppel­s wat uitgehoes of -genies word.

Ná sowat twee weke ontwikkel simptome soos ’n hoë koors van tot 40 ˚C, rooi oë (konjunktiv­itis), ligsensiti­witeit, spierpyn, loopneus, ’n seer keel met wit kolletjies binne-in die mond en ’n verspreide rooi, jeukerige veluitslag.

Masels kan gevaarlike newe-effekte inhou, soos oor- en longontste­king, diarree en ontwaterin­g. Dit kan selfs dodelik wees. Jong kinders kan ook hewige maagpyn kry.

Inenting in Suid-Afrika se openbare sektor is gratis, maar by ’n privaat hospitaal of dokter kos vaksinasie teen masels en Duitse masels R226,40 per geval, sonder die dokter se konsultasi­efooi.

WIE KAN MASELS KRY?

Enigeen kan op enige ouderdom masels kry, maar kinders onder twee loop die grootste gevaar van komplikasi­es.

Gemeenskap­pe is kwesbaar vir ’n uitbreking as 5 persent van hul inwoners nie daarteen ingeënt is nie. Volwasse reisigers wat nie kleintyd ingeënt is nie, kan masels kry wanneer hulle in gevaargebi­ede op reis is.

Amerikaans­e besoekers het byvoorbeel­d tydens die Wêreldbeke­rsokkertoe­rnooi in 2010 masels in Suid-Afrika opgedoen en die virus saam terug huis toe geneem, waar daar toe uitbreking­s was. Nios sê gevolglik inenting teen ’n siekte mag net gestaak word nadat dit wêreldwyd uitgeroei is.

HOE WORD DIT BEHANDEL?

Daar is geen spesifieke behandelin­g vir masels nie. Vitamien A-aanvulling­s bring wel verligting en voorkom veral oogskade. Bedrus word aanbeveel terwyl jou immuunstel­sel die siekte beveg.

WAAR KAN EK NOG INLIGTING KRY?

Bel Nios se sentrum vir inenting en immunologi­e by 011-386-6536 of besoek nicd.ac.za. EKSTRA BRONNE: NEWS24, TRAVELDOCT­OR.CO.ZA, HEALTH24. COM, SAMJ.ORG.ZA

 ??  ??
 ??  ?? HOOFFOTO: Ná die onlangse uitbreking van masels in Kaapstad en Johannesbu­rg beveel gesondheid­skenners aan dat ouers dit oorweeg om hul kinders weer in te ent teen dié aansteekli­ke virus (ONDER), selfs al is hulle reeds ingeënt.
HOOFFOTO: Ná die onlangse uitbreking van masels in Kaapstad en Johannesbu­rg beveel gesondheid­skenners aan dat ouers dit oorweeg om hul kinders weer in te ent teen dié aansteekli­ke virus (ONDER), selfs al is hulle reeds ingeënt.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa