Huisgenoot

TWO OCEANS – A GUIDE TO THE MARINE LIFE OF SOUTHERN AFRICA

-

Deur George Branch, Charles Griffiths, Margo Branch, Lynnath Beckley (Struik Nature, R383*) In as vormekus hierdie1 voorkom:400 van spesies merkwaardi­gemariene ongewerwel­des,van lewedie algemeenst­ewat gids aan is visse, meerons reptiele,Dis ’n moet soogdiere,vir enige voëls Suid-Afrikanere­n plante. wat naby die see woon of gereeld daar kom en gefassinee­r is deur die lewe wat hulle daar teëkom.

’n Mens kry foto’s en beskrywing­s van nie net die visse en ander seediere nie, maar ook alle lewe wat jy in en om die see sal aantref. Van anemone tot seevoëls, korale tot mossels, duinen kusplante tot besoekers aan die see soos otters, slange en akkedisse.

Elke vorm van lewe word goed om- skryf, geïllustre­er met werklik uitmuntend­e volkleurfo­to’s. Genoeg inligting word gegee vir mense met ’n dieper belangstel­ling in ’n spesifieke dier se gewoontes of verspreidi­ng. Het jy geweet die grootste vis in die see is ’n skadelose walvishaai wat tot 300 kleintjies op ’n slag kan hê? (Onthou, die walvis is ’n soogdier en nie ’n vis nie.) Weet jy hoe ’n rooi tjortjor lyk (nogals ’n oulike vis wat jy dalk kan raakhengel)? Of dat daar agt verskillen­de soorte kreef is wat jy kan aantref op verskillen­de dele aan die Suid-Afrikaanse kuslyn? Gegewe die diepte van die kennis wat oorgedra word, is hierdie boek veral gepas vir mense met wetenskapl­ike neigings. Dit sal egter ook goed vaar in die boekrak of onder die sitplek van nuuskierig­e vissermann­e, strandlope­rs en duinbekyke­rs. – HANNES WIESE * VERKRYGBAA­R TEEN DIÉ PRYSE BY TAKEALOT.COM. DIE PRYSE WAS KORREK MET DRUKTYD EN IS ONDERWORPE AAN VERANDERIN­G.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa