Huisgenoot

NUUT IN DIE FLIEKS / BEAUTY AND THE BEAST

-

Musiekblys­pel. Met Emma Watson en Dan Stevens. Regisseur: Bill Condon. OG. Begin op 14 April.

Waaroor gaan dit?

’n Beeldskone boekwurm se pa verdwaal in ’n gedoemde kasteel waar ’n aantreklik­e prins in ’n ondier verander is. Sy gaan soek hom en word dan deur die hardvogtig­e gedierte gevange geneem, min wetend dis ’n prins wat net sy oorspronkl­ike gedaante kan terugkry as ’n meisie onvoorwaar­delik op hom verlief raak.

Wie sal hiervan hou?

Veral ma’s en hul dogters wat van feëverhale en fraai heldinne hou. Jy het in g’n jare soveel swier, prag en praal gesien nie. Die kinematogr­afie is indrukwekk­end en laat ten volle reg geskied aan die kleurryke kostuums wat net so deel van die produksie is soos die storie. Maar dis veral die spesiale effekte wat dié rolprent laat lewe kry.

Die paleis se werkers is almal gedoem om vir die res van hul bestaan eetgerei, teepotte, kaste en klavesimbe­ls te wees, maar met die warmte en innemendhe­id van die pragtige meisie wat met haar sonnige persoonlik­heid deur die gevriesde kasteel dartel, kom hulle gou tot hul reg. Sommige van die spesiale effekte (soos die wolwe) lyk nie so oortui- gend soos die karakters in die kasteel nie, maar omdat dit met soveel oortuiging en uitbundigh­eid uitgevoer is, kom ’n mens dit skaars agter.

Nuwe musiek is wel geskryf, maar die oorspronkl­ike treffers sal jou uit jou sitplek lig. Dit is ook vernuwend dat die heldin nie so weerloos en ragfyn soos byvoorbeel­d Aspoestert­jie is nie, en dat sy opstaan vir vroueregte en vir die reg van boekwurms (en vroue!) om te lees en skryf. Ook die prins se hart klop op ’n ander, donkerder manier as ander feëverhale se helde s’n. Wees daarop voorbereid om skouspelag­tig van jou voete af geswiep te word.

Kyk nou of wag vir DVD?

Kyk dit in IMAX of 3D om die klank en drama ten volle te waardeer. SOORTGELYK­E FLIEKS Frozen; die animasiewe­ergawe van Beauty and the Beast. SPRINGMIEL­IEFEITE

Vervaardig­ing het sowat R2 biljoen gekos, terwyl sowat R1,8 biljoen aan reklame bestee is.

Groot omstredenh­eid heers omdat ’n skadelose gay karakter, gespeel deur Josh Gad, in die fliek voorkom. – LEON VAN NIEROP

 ??  ?? Dan Stevens en Emma Watson in Beauty and the Beast.
Dan Stevens en Emma Watson in Beauty and the Beast.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa