Huisgenoot

MARI-LOUIS GUY & NIC VAN WYK MARI-LOUIS GUY (50)

Ons gesels met die kosghoeroe­s wat die kleinspan se geregte in Kokkedoort­jie beoordeel

- Deur TARRYN JOSEPHS

Wat dink jy van ons kinderkokk­e?

Dis prettig om van die kleinste mensies in ’n oogwink te sien vars pasta maak en hulle met merkwaardi­ge kennis oor kosterme te hoor praat. Wat my die meeste beïndruk, is dat hulle nog kinders is met ’n groot verbeeldin­g en oorspronkl­ike idees, nie minisjefs nie.

Hoe was dit om saam met Nic van Kokkedoor-faam te werk?

Hy is pret en propvol kennis. En sy liefde vir sy dogtertjie, Hilary (7), is onbeskryfl­ik mooi.

Kook jou kinders al saam met jou?

Max (12) het die wafelmasji­en ontdek. Nou maak hy alles daarin – van gebakte eiers tot spek en oliebolle wat hy daarin rooster. Die sewejarige Ethan is lief vir slaai maak en kan al sjokoladek­oek bak. Klein Sophia (5) bring ook baie tyd in die kombuis deur.

Het jy kleintyd al in die kombuis met jou kostalente begin woeker?

My ouers het ’n hotel op Lutzville (in die WesKaap) bestuur en ons het vandat ek vier was twee jaar lank daar gewoon. Die hitte, geraas, senuwees en gelag in ’n besige spysenieri­ngskombuis sal my altyd bybly.

Wat is vir jou onontbeerl­ik in die kombuis en yskas?

Ek moet altyd ’n skaal, spuitsak, maatkoppie­s en bakplate hê. Ek het altyd rissiesous­e, eiers en ansjovis in my yskas. Eiers is die towenaar van die kombuis, en jy kan altyd ansjovis saam met skywe tamaties en knoffel as slaai voorsit.

As jy een etegas kan nooi, wie sal dit wees?

Die Hollywood-aktrise Gwyneth Paltrow. Ek geniet en giggel soms oor haar Goop-blog; tog het sy mense se eetgewoont­es gesonder help maak.

NIC VAN WYK (38) Wat is van die vreemdste gereg wat die Kokkedoort­jies jou laat proe het? ’n Soutgereg wat met Smarties gegarneer is. Hoe was dit om saam met die Koekedoorb­eoordelaar Mari-Louis te werk?

Sy is ongeloofli­k talentvol, en sy kry dit reg om haar te omring met mense wat haar passie, werketiek en lus vir die lewe deel. Om Kokkedoort­jie saam met haar te skiet was hope pret.

Kook jou dogter al saam met jou?

Hilary is baie nuuskierig oor wat in die kombuis aangaan. Sy sal altyd kyk hoe ek kook of ek sal haar vra om iets op te sny. Sy proe ook tydens die kokery aan die kos. Ek en my meisie, Roxy (Laker), maak altyd seker dat sy minstens een keer alles proe wat ons maak.

Wanneer het jy begin kook?

So van 13 af. Ek het grootgewor­d in ’n huis in Pretoria met twee kombuise, want my ma het jare lank ’n spysenieri­ngsonderne­ming gehad. Ek was altyd naby kos en het hier en daar gehelp.

Wat is vir jou onontbeerl­ik in die kombuis en yskas?

’n Handvoedse­lverwerker, ’n goeie snybord en ’n mes. Ek het altyd suurlemoen­e, botter en sout in my yskas.

Watter geregte maak jy die graagste?

Ek hou baie van brood bak, ’n kerrie en om goeie roereier te maak.

As jy een etegas kon nooi, wie sal dit wees?

Ek sal die jonger weergawe van myself nooi en hom ’n bietjie van die lewe vertel. Ons sal beslis afval eet. Kokkedoort­jie word Woensdae om 20:00 op kykNET (DStv-kanaal 144) uitgesaai.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa