Huisgenoot

Die Middeleeue

In dié donker tyd was daar min kans om opgang in die lewe te maak

-

WANNEER ons die woord Middeleeue hoor, dink ons gewoonlik aan ridders wat mooi meisies red of adellikes wat in prentjiemo­oi kastele woon. Maar die daaglikse lewe van die meeste mense was heel anders. Kom ons kyk hoe mense in daardie tyd geleef het.

WAT IS DIE MIDDELEEUE?

Dis ’n tydperk in die Europese geskiedeni­s tussen die val van Rome in 476 n.C. en omstreeks die begin van die 15de eeu met die aanbreek van die Renaissanc­e, die oorgang na die moderne era.

In die vyfde eeu n.C. is die Romeinse Ryk oorrompel deur Germaanse stamme wat dorpe en handelsroe­tes vernietig het. Europa het in honderde onafhankli­ke staat jies verbrokkel. Pleks van een Romeinse keiser, was daar toe vele heersers.

’N KLEINBOER SE LEWE

Kleinboere het ’ n baie moeilike lewe gehad. Alles wat hulle gehad het, het aan hul leenheer behoort. Hulle is ook lyfeienes of vasalle genoem en is toegelaat om op ’n lappie van die leenheer se grond te boer. In ruil daarvoor moes hulle die meeste van hul oes aan hom afstaan.

’n Kleinboer se dag is meestal in beslag geneem deur boer, en baie het gesukkel om hul gesin te voed en ook nog hul verpligtin­gs teenoor hul heer na te kom. Hulle het hard gewerk, en weens ’n swak dieet en gebrekkige mediese kennis het die meeste nie eens 30 jaar gehaal nie.

Lyfeienes kon die leengrond nie sonder toestemmin­g verlaat nie. Al manier om vryheid te verkry was om ’ n stuk grond te koop of met ’n vry mens te trou. Baie lyfeienes het weggeloop om op dorpe te gaan woon. As hulle dit ’ n jaar lank kon vermy om gevang te word, het hulle ’n vry mens geword.

DIE KERK SE INVLOED

Ná die val van Rome het die Katolieke Kerk die magtigste instelling in Europa geword. Dit was die enigste kerk op die vasteland en het amper elke aspek van mense se lewe bestuur. Die mense wat vir die kerk gewerk het, was bekend as geestelike­s. Die pous was die hoof van dié groep, en onder hom was biskoppe wat net so invloedryk soos leen-

here was en as raadgewers van die heerser opgetree het.

Priesters was deel van die gewone mens se daaglikse lewe. Elke leenheer se grond het ’n kerk gehad waar ’n priester dienste gelei het. Hulle het ook rondgereis om na die siekes om te sien.

Monnike was mans wat in ’ n monnikeklo­oster gewoon het, terwyl nonne vroue was wat in ’n nonnekloos­ter was. Hulle het hul lewe aan die Here gewy en ’ n gelofte afgelê om in armoede te leef en nooit te trou nie. Hulle het ook die armes gehelp en hospitale vir die siekes bedryf.

Terwyl die meeste mense in die Middeleeue ongeletter­d was, is kuns en kennis in monnike- en nonnekloos­ters beskerm deur antieke tekste te kopieer en te bewaar.

VROUE

Vroue is as ondergeski­k aan mans beskou en geleer om aan hul pa en man gehoorsaam te wees. Kindergebo­orte was hul belangriks­te taak, maar in werklikhei­d moes die meeste werk om ’n bestaan te voer. Kleinboerv­roue het saam met hul man geboer; handelsman­ne se vrou en dogters is dikwels in die werkwinkel in diens geneem en baie het as handelsvro­ue uit eie reg opgetree.

Baie ongetroude edelvroue het by nonnekloos­ters aangesluit, want hulle kon ’n opvoeding kry en ’n onafhankli­ke lewe lei.

KINDERS

Destyds was die gesondheid­sorg in Europa swak; een uit elke vyf kinders het nie tot hul eerste verjaardag oorleef nie. Edelmanne het hul seuns na ’n

monnike kloostersk­ool gestuur. Meisies het soms’ n nonne kloostersk­ool bygewoon, maar meestal’ n privaat onderwyser gehad wat hulle geleer het om naaldwerk te doen en ’n musiekinst­rument te bespeel. Seuns is vakke soos grammatika, geometrie en musiek geleer. Handelsman­ne het op die dorpe skole gestig om hul seuns te laat onderrig.

Lyfeienes se kinders het dikwels nie skoolgegaa­n nie, want hulle moes hul ouers in die boerdery help of hul jonger sibbes versorg.

’n Meisie is reeds op 12 jaar as ’n volwassene beskou, terwyl ’n seun op 14 jaar volwassenh­eid bereik het. Op hierdie ouderdom kon hulle trou.

GEVORDERDE BESKAWINGS

Ná die val van Rome het die kennis van die Griekse en Romeinse kultuur in Europa afgeneem, maar in die Ooste behoue gebly. Moslem-geleerdes het die werk van Griekse filosowe uit die ou tyd, soos Aristotele­s, bewaar en daarop voortgebou. Die geleerdes was veel meer gevorderd as Europeërs in die velde van geneeskund­e en

wiskunde; hulle was vaardige chirurge, het algebra uitgevind en die Arabiese syferstels­el aan Europa bekendgest­el. Ons gebruik vandag nog ’n weergawe daarvan.

Omstreeks 617 n.C. het Li Yuan die Tangdinast­ie in China gestig. Onder sy heerskappy is die staat hervorm en skole opgerig, en het kuns floreer. Wat tegnologie betref, was Europa ver agter China, waar papier, drukwerk, die magnetiese kompas en buskruit destyds uitgevind is.

Die Europeërs het eers tydens die Renaissanc­e begin inhaal.

 ??  ?? Kleinboere was die armstes van die armes.
Kleinboere was die armstes van die armes.
 ??  ?? Monnike het antieke tekste bewaar.
Monnike het antieke tekste bewaar.
 ??  ?? Ridders was ryk edelmanne.
Ridders was ryk edelmanne.
 ??  ?? Tydens die Middeleeue in Europa het China tegnologie soos buskruit en die drukpers uitgevind. Hierdie bladsy dateer uit 868 n.C. tydens die heerskappy van die Tang-dinastie.
Tydens die Middeleeue in Europa het China tegnologie soos buskruit en die drukpers uitgevind. Hierdie bladsy dateer uit 868 n.C. tydens die heerskappy van die Tang-dinastie.
 ??  ?? Wetenskap en kennis het in die Islamities­e wêreld floreer. Terwyl die werk van antieke Griekse filosowe, soos Aristotele­s, in Europa verlore gegaan het, het Midde-Oosterse Islamities­e geleerdes, onder wie Ibn Rushd (ook bekend as Averroes), dit as...
Wetenskap en kennis het in die Islamities­e wêreld floreer. Terwyl die werk van antieke Griekse filosowe, soos Aristotele­s, in Europa verlore gegaan het, het Midde-Oosterse Islamities­e geleerdes, onder wie Ibn Rushd (ook bekend as Averroes), dit as...
 ??  ?? Biskoppe het baie invloed gehad.
Biskoppe het baie invloed gehad.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa