MY LEWE SAAM MET DIE ‘ANDER’ PRINCE
Mayte Garcia was net 16 toe sy die 32-jarige musiekgenie ontmoet. In haar memoires vertel sy vir die eerste keer van hul verhouding en huwelik waarin hy nie die wilde plesiertier was wat die wêreld geken het nie
OP HAAR eerste aand saam met Prince in sy presidensiële suite het hulle net springmielies geëet en ’n video gekyk. Dit was die begin van die tienermeisie en die beroemde popster se lewe saam. Maar dit sou binne agt jaar eindig. Mayte Garcia het onlangs op ’n sonnige oggend in ’n hondepark teenoor Ben Hoyle haar hart oopgemaak en onder meer vertel hoe Prince in die wolke was oor hul eersteling se koms, maar hoe sy blydskap in ’n oogwink in afgryse verander het.
DIT was Kersfees en Prince was eensaam. Ná ’n dekade van rusteloos kreatiewe musiek, epiese fliek sen duiselingwekkend e optredes was His Purple Highness een van die wêreld se grootste popsterre. Hy het vriende en geswore aanhangers gehad en ’n ei eindelose rits vroue wa wat agter hom aanlo loop. Maar einde 19 1992 het hy gehunke ker na sy jongste m muse, ’n tienerjarige agt agtergrond danseres wat die feestyd by haar ouma in Puerto Rico deurgebrin deurgebring het. Mayte Garcia was 16 toe sy Prince vir die eerste keer sien. In The Most Beautiful, haar intieme nuwe memoires oor hul lewe saam, skryf sy nadat sy hom in die somer van 1990 in Barcelona sien optree het, “was my wêreld nooit weer dieselfde nie”. Destyds was sy so besig met skool en haar deeltydse werk as buikdanseres dat sy nog nooit ’n kêrel gehad het nie. Twee en ’n half jaar later was sy steeds kêrel loos, al hetsy in’ n uiters gewaagde verhoog uitvoering opgetree. Natuurlik het Mayte dit nie geglo toe Prince (toe 34) vir haar sê hy gaan uit Florida daarheen vlieg nie.
Hy het skielik by ouma Mercedes se beknopte huis in ’n arm buurt van San Juan opgedaag. Die besoek was “onwerklik’’, vertel sy nou. “Hulle het in die limo stilgehou en ek het histeries gelag.”
Die rockster het aangetrek soos sy gewoonte vir informele geleenthede was: uitspattig. Prince het waarskynlik ’n kanthemp gedra vir die besoek. En grimering en vroueparfuum, soos altyd. En sy onthou duidelik hoe sy hoë hakke weerklink het op die teëlvloer waar sy op maat van sy 1980’s-treffers gedans het.
Later daardie aand is Mayte na Prince se hotelkamer, waar hy op ’n klavier oor die see sit en uitstaar het.
“Ek gaan my naam verander,” het hy vir haar gesê. Na wat? Hy het gewys na die onuitspreekbare simbool op die omslag van die album waaraan hulle gewerk het. “Ek wed jou jy’s al een wat nie sal probeer om my daarvan te laat afsien nie,” het hy vir haar gesê. Mayte rol haar oë. “Ek het gedink: ‘O, hy gaan net deur ’n fase.’ ”
Binne weke sou sy Prince se minnares word en kort daarna sou hy “The Artist Formerly Known As Prince” word, ’n lomp bynaam wat hy nooit gekies of van gehou het nie. Later sou sy sy eerste vrou word en die ma van sy seun. Maar hy het daardie aand in Puerto Rico geensins probeer om haar te verlei nie; hy het regtig net ingeloer om hallo te sê.
TOE Mayte op 21 April verlede jaar van Prince se dood hoor, was dit jare nadat sy hom die laaste keer gesien het. Sy het in haar motor gesit langs ’n snelweg in haar aangenome stad, Los Angeles, nadat sy ’n teksboodskap gekry het van die sanger se tweede eksvrou, Manuela Testolini, dat sy haar moet bel. Mayte onthou sy het aanhoudend “Nee!” geskree nadat sy gehoor het hy het per ongeluk ’n oordosis van die pynstiller fentaniel geneem. ’n Ruk lank het alles in die rondte gedraai. Toe huil die twee vroue, bitter mededingers wat rouklaers geword het, saam oor die foon.
Voor Mayte se huis het verslaggewers en fotograwe dae lank kampeer terwyl TV-netwerke haar oorval het met oproepe om kommentaar. “Maar ek het geen kommentaar gehad nie,” skryf sy. “Niks wat ek oor die man kon sê, kon in ’ n insetsel van drie minute vir ’n oggendprogram ingedruk word nie.”
Toe wag sy haar tyd af, sluit ’n ooreenkoms met ’n uitgewer vir die memoires wat sy lankal wou skryf en maak reg om die wêreld te vertel van die Prince Rogers Nelson wat sy geken het. Die man herinner net effens aan die Prince wat die publiek hulle voorstel. Ja, hy was baasspelerig en obsessief oor musiek en geneig om haar maskara te gaps. Maar hy was ook ’n kranige portdrinker, sport- aanhanger, pittige poetsbakker met ’n mond soos ’n “trokdrywer”, ’n bedagsame en geensins perverse minnaar en “’n hopelose romantikus”. Hy het getrou What to Expect When You’re Expecting gelees toe Mayte swanger was.
Ons ontmoet mekaar in die San Fernandovallei in haar buurt se hondepark. Mayte (43) werk deesdae as buikdansinstruktrise en het ook’ n klein liefdadigheid s organisasie gestig wat honde red. Soos ’n besonder ratse hondjie spring sy tot bo-op ’n piekniektafel en gaan sit.
Een soepel danseresbeen is tussen ons uitgestrek en die ander onder haar ingevou. Haar oë kyk aandagtig van agter ’n dikraambril, en haar digte haredos is in ’n los bolla agter haar kop vasgemaak.
Sy praat in ’n sagte, sangerige stem en giggel gereeld; tog loop ’n tragiese draad deur haar verhaal.
Op haar pols is ’n tatoe van Prince se simbool verweef met die eerste letter van haar naam. Hy het dieselfde teken agterop sy wit troupak gedra en op die breekware, gordyne, servette en handdoeke in die huis laat aanbring. Dit was voor hul huwelik misluk en hy alles verbrand het wat hom aan haar herinner het, ook die as van hul seun, Amiir.
Sy het die tatoe twee weke ná Prince se dood laat aanbring. “My ma het gesê: ‘Dit kon groter gewees het.’ ”
Mayte se ma woon op die verdieping onder haar. Hul huislike lewe draai om Gia, Mayte se vyfjarige aangenome dogter, en hul diere: ’n marmot, twee katte, sewe voëls en sewe honde.
Daar is ’n vergrote foto van haar saam met Prince teen die woonvertrek se muur en ’n klompie pryse in haar kantoor, sê sy, maar so nie min tekens van die lewe wat sy eens gelei het.
Mayte is op ’n militêre basis in Alabama gebore. Haar pa was ’n vlieënier; haar ma ’n dansonderwyseres. Mayte het op drie begin dans en op sewe buikdanse teen betaling uitgevoer. Sy het later taamlik roem verwerf toe sy met ’n swaard op haar kop dans vir dieselfde spitstyd talent program waarin’ n vyfjarige Tiger Woods aan die wêreld bekendgestel is.
Haar ouers is geskei en haar pa het daarna na ’n basis in Duitsland verhuis. Toe haar ma besef sy het ’n fout gemaak, het die gesin daar by hom gaan aansluit. Mayte se loopbaan as buikdanseres het in Europa vlam gevat en op 16 het sy reeds meer as R430 000 gespaar.
Haar suster, ’n vurige aanhanger van Prince, het die gesin oorreed om die hele ent te ry om hom in Julie 1990 in Barcelona te sien optree. Toe Mayte hom op die verhoog sien, het alles verander. Die krag van sy vertoning was soos “’n marathon wat by ’n tornado inspring en deur wilde perde ingesluk word”, skryf sy.
Hy was ook ’n kranige portdrinker, sportaanhanger en pittige poetsbakker . . . en ‘hopelose romantikus’
“Ek onthou net ek het gedink: ‘Ek moet hom ontmoet en vir hom dans.’ ”
Op pad terug na Duitsland het haar ma ’n plan bedink om Prince te oorreed om haar 16-jarige dogter in sy video’s te laat dans. (“Ek haat dit om dit te sê, maar sy was ’n verhoogma.”) Sy het gehoor hy sou Mannheim in Augustus op sy Nudetoer besoek en haar dogter gedwing om ’n video te skiet. Hulle het dit vooraf vir ’n danser gegee om dit na die kleedkamers agter die verhoog te neem.
’n Ruk later het ’n lyfwag verskyn en gesê Prince wil haar ontmoet. Sy het ge- weet sy is ’n goeie danseres en was “volkome kalm”. Hy het haar vertel hy het van haar video gehou en gevra: “Is jy regtig 16?” “Ek was trots daarop,” onthou sy.
Sy dink daar was niks duisters aan sy belangstelling in haar nie. Sy het met “smerige mense” te doen gekry toe sy in Kaïro gedans het, maar dit was anders. Prince het haar daardie aand na sy suite in ’n Frankfurtse hotel genooi, maar nadat haar ma en suster daar weg is, het hulle springmielies geëet en nog video’s van haar danspassies gekyk.
Dit was die begin van ’n bisarre langafstandvriendskap. Dit het behels dat een van die wêreld se beroemdste mans met ’n seksfiksasie feitlik elke dag met ’n skoolmeisie-buikdanseres oor die foon gesels. Hy het ook vir haar video’s van liedjies gestuur waaraan hy gewerk het en afent oe’ n stel eersteklas vliegkaartjie sen B B P-passe vir sy konserte. Ná Kersfees daardie eerste jaar het hy haar laat vlieg na Chanhassen, die sneeubedekte dorp in die staat Minnesota waar Paisley Park en sy elektriese blou- en
roos- bottelkleurige huis was. Sy kamer het nes al die hotelkamers gelyk waarin sy hom al besoek het, met lawalampe, kerse, krale, dik matte en kussings oraloor. Dit het ’n badkamer vol vroueparfuums en Oil of Olay gehad en ’n instapkas wat volgens kleur georden is: swart, bruin, rooi, pers, indigo en blou. Hulle het ver ente saam gaan ry, saam met sy twee duiwe rondgehang en The Godfather Part III in ’n teater gaan kyk.
Sy was van plan om ná haar skoolloopbaan terug te gaan Egipte toe en ’n winsgewende buikdansloopbaan na te streef. Pleks daarvan het sy in 1992 as die nuutste danseres by Prince se Diamonds and Pearls-toer aangesluit.
Haar salaris, waarvan Prince blykbaar salig onbewus was, was ’n breukdeel van wat sy in Europa verdien het, en daar was spanning binne die groep oor haar koms. Sy sê sy het een aand van sy musikante hoor lag omdat sy steeds haar bra moes opstop. Toe sy Prince daarvan vertel, het hy uitgebars van die lag. “Moenie huil nie,” het hy getroos. “Hulle weet hul dae is getel. Ek het hulle ontgroei.”
Kort daarna het hy in ’n briefie aan haar geskryf een van die hoofredes waarom hy haar liefhet en aanbid, is “dat jy nie ’n geskiedenis het nie. Jy’t nie ’n benul hoeveel vroue op jou jaloers is omdat hulle weet jy is ’n maagd nie.”
Nadat Prince die Kersfees in Puerto Rico by haar gaan kuier het, het hul verhouding verander. ’n Teken daarvan was dat hy vir haar ’n persoonlike lyfwag aangestel het. Al het hulle soms die nag saam deurgebring, “was dit nooit onder die belt nie. Nooit.” Sy vertrek haar gesig in ’n karikatuur van beledigde frustrasie.
Toe, tydens ’n video-opname, sê hy vir haar dit is “tyd”. ’n Week later skryf sy in haar dagboek: “9 Februarie 1993 – nie ’n maagd nie,” met ’n lagbekkie wat knipoog in die kantlyn.
Ek vra haar hoe dit was om bed toe te gaan saam met die man wat oor 23 posisies met ’n eennagliefde gesing het?
“Baie, baie teer,” sê sy ná ’n stilte. “Ek kan nie namens al die ander vroue praat nie. Vir my was dit altyd baie bedagsaam en dierbaar. Al het ek op die verhoog met boeie gedans, was daar nooit so iets nie.” Hy het nie vir haar in die bed gesing nie, al het hy sy Let’s Have a Baby gespeel toe hulle ’n kind probeer verwek. Hy het oogomlyner en vrouereukwater gedra. “Maar dit het gewerk. Hy was baie manlik.”
Prince, sê sy, het twee persoonlikhede gehad. Aan die een kant was daar die “onversadigbare seksding”. Sy het daardie Prince nooit gesien nie. “Ek het die kêrel gesien. Niks mals nie. Liefdevol. Eerbiedig.” Sy het nooit die vroue beny wat sy ander kant bevredig het nie. “Hy het my hoog op ’n voetstuk geplaas, en ek het daarvan gehou.”
HUL lewe het soms normaal gevoel. Benewens poetse bak, het Prince graag mense nageboots wanneer hy winkels of gaste by Paisley Park bel. Hulle sou snags supermark toe gaan of in plaaslike restaurante eet wat ’n privaat vertrek het, maar meestal het hulle wegneemkos bestel.
Hulle het baie van hul tyd afgesonder van die wêreld in Paisley Park deurgebring, ’n plek wat soos ’n sakepark buite die stad kon voel, net met sy eie klankverhoog, atel jees, redigeergeriewe, basketbalbaan, haarsalon en “voortdurende gemurmel” van duiwe. Hulle sou tot in die vroeë oggendure wakker bly en bedags slaap.
Sy het vroeg al geleer niemand daag Prince uit nie. “Ek sou ander mense dit sien doen en dan word hulle uitgegooi.”
Hy het dit eenkeer in ’n brief aan haar verduidelik: “Wanneer ek en iemand ’n meningsverskil het, is dit gewoonlik net een keer. Dan is hulle weg.” Tog het hy nie omgegee om met haar te baklei nie, “want ek weet ons sal altyd saam wees”.
Maar in die praktyk het sy haar man nooit teengegaan nie, tot heel aan die einde van hul huwelik.
Hulle is in 1996 in ’n kerk in Minneapolis getroud. Die bruidegom, geklee in ’n wit klokbroek en bolerobaadjie met ’n monogram, het ’n oudisie vir blommemeisies gehou. Hy het Paisley Park herversier as ’n verrassing vir sy bruid en dit met blommerangskikking ster waarde van sowat R2,2 miljoen gevul.
Bo die hysbak, waar hy 20 jaar later dood aangetref sou word, het hy die boodskap “ELEVATE” laat aanbring.
Die volgende dag het hulle na Hawaii gevlieg vir hul wittebrood. Eers toe sy op pad na die hotel ’n reklamebord sien, het sy besef dit sou ’n werkvakansie met drie konserte wees.
Sy het dadelik swanger geraak. Die maande voor hul kind se geboorte was “wonderlik”, die “toeganklikste” wat sy Prince ooit gesien het. Sy het gelag toe sy hom op die dag van haar keisersnee in die kraamsaal in ’n hospitaaloorpak sien.
Toe ons die onderwerp aanroer van die gebeure daarna, begin Mayte haar oë knip en is na aan trane. “Ek sou nou ’n 21-jarige gehad het,” sê sy. “Daardie wond sal altyd daar wees.”
Toe Amiir verlos word, het Prince se gesig van ’n vreugde gestraal wat sy nog nooit daarop gesien het nie – en toe, binne oomblikke, verander dit in “loutere verskrikking”. Hul seun is gebore met tipe 2-Pfeiffer-sindroom, ’n genetiese toestand wat “abnormaliteite van die skelet en sisteem” veroorsaak.
Amiir se hande en voete het geweb ge- lyk en hy het nie ooglede of ’n anus gehad nie. Hy het net een pynlike week lank geleef. Die beskrywings in haar boek van dié dae en die rou daarna is wanhopig hartseer. Dit het daarop uitgeloop dat Mayte haar lewe probeer neem het, maar haar hond Mia het haar poging gefnuik.
Mayte “het gevoel ek het ons in die steek gelaat”. Al het Prince hard probeer om sy vrou deur die krisis te steun, vermoed sy nou sy eie smart het hom “so verlore” laat voel dat hy kwesbaar was toe Jehovasgetuies hom werf.
Toe die egpaar daarna ’n tweede kind weens ’n miskraam verloor, was Prince minder simpatiek. Mayte het bly glo sy kon die huwelik red en dat hulle dalk liewer ’n kind moet aanneem. Maar sy sê Prince se nuwe geloof het hom begin verander. Hy het gesê hy glo hul stryd om ’n kind te hê is ’n straf van die Here.
Sy het tydelik na Spanje getrek om vir hulle ’n landgoed te koop, maar hy het selde kom kuier. Op ’n perskonferensie het hy aangevoer hul huwelik is nietig verklaar, al was dit nie waar nie. En hy het ál meer tyd deurgebring saam met Manuela, wat by sy Bybelstudiegroep aangesluit het.
Eindelik het die “Getuiespan” met “’n volgehoue veldtog daarin geslaag om my van hom af te sonder en te vervreem”, vertel Mayte.
Hulle is in 2000 amptelik geskei. “Ek weet nie hoe ek dit alles oorkom het nie,” sê sy nou en trek haar oë op skrefies. Nadat sy as ’n jong vrou met ’n aansienlike inkomste met hom getrou het, is sy met niks uit die huwelik weg. Haar fout was dat sy aanvaar het Prince sou daar wees as sy ooit geldelike hulp nodig sou hê.
Nou is die besef dat hy weg is “hartverskeurend”. Sy is veral verward omdat daar geen testament is nie, “want toe ek met hom trou, het hy een gehad”.
Sedert 2000 het sy ander kêrels gehad – onder wie Pamela Anderson se eksman Tommy Lee van die groep Mötley Crüe – maar niemand kon Prince, haar eerste liefde en die pa van haar oorlede seun, se plek inneem nie.
Sy dood was vir Mayte ’n ontsaglike skok. Omdat hy “baie goed beskerm” was van die publiek en sy nie meer “in die kring” was nie, het sy nie besef hoe afhanklik hy van sterk opioïede geraak het om die chroniese pyn weens sy atletiese verhoogoptredes te verlig nie.
In die dekade dat hy in haar lewe was, het sy hom nooit sien dwelms gebruik nie. Hy het altyd ’n swart sak byderhand gehad, maar sy het gemeen dit bevat weinig meer as lekkers, vitamiene, grimering, ’n Bybel en rolle note.
“Maar,” sê sy, “daar was ’n paar ontstellende voorvalle waar hy vreemd opgetree het . . . verskeie kere toe hy gesê het hy is ‘siek’ of het ’n ‘migraine’.
“Terugskouend kan ek nou besef dit was iets anders. Ek het dit nie toe besef nie; dalk omdat ek nie wou nie.”
Mayte is na aan trane. ‘Ek sou nou ’n 21-jarige gehad het . . . Daardie wond sal altyd daar wees’