Huisgenoot

MMM . . . ROTTE VIR AANDETE!

Gedink ons rou soutvleis met die naam biltong is effens grillerig? Die vreemde geregte in ander lande sal jou maag laat draai!

- Saamgestel deur JOANIE BERGH

WAT het ’n tarantula, menslike plasenta en slanghart gemeen? Dit is fynproewer­skos. Ja, smaak verskil, maar in sommige dele van die wêreld lek mense hul vingers behoorlik af vir dié unieke geregte. Toeriste stroom ook van heinde en verre om hierdie, en ander, buitengewo­ne “lekkernye” saam met die inwoners te geniet.

Vir iemand ver op die Kambodjaan­se platteland is ’n gebraaide tarantula op die bord dalk glad nie vreemd nie, maar vir die meeste buitelande­rs, Suid-Afrikaners inkluis, sal dit waarskynli­k ’n nagmerrie-ete wees.

Voor jy verder lees oor van die eienaar- digste kossoorte waaraan mense elders graag smul, moet jy jou afvra of jy regtig meer wil weet oor ander se eetgewoont­es . . . Bon appétit!

1 JAK SE PENIS – BEIJING

Dié happie, wat uit ’n knorbuffel ( jak) se geslagsdee­l bestaan, is bekend as die “draak in die vlam van begeerte” en word in restaurant­e in Beijing voorgesit. Hoewel dit vir Westerling­e eienaardig kan lyk, glo die meeste Chinese dit is baie goed vir jou gesondheid – amper so goed soos groente.

2 PERDEBYKOE­KIES – JAPAN

Ja, dis gebakte koekies met dooie perdebye as bestanddee­l. Pleks van sjokolades­plinters gooi die bakker vir smaak ’n hand vol perdebye by. Dit maak die koekie ook ekstrabros wanneer jy daarin byt. Perdebye wat besonder seer steek, is glo die lekkerste.

3 ’N EIER SE EMBRIO – DIE FILIPPYNE EN INDONESIË

Die gereg barut is die ontwikkele­nde embrio, gewoonlik van ’n hoender of eend, wat lewend in sy eier gekook word ( jy kan die kuiken reeds duidelik uitmaak). Soos Suid-Afrikaners ’n boereworsr­ol by ’n stalletjie koop, kry jy in dié lande maklik by straatkafe­es ’n balut. Dit word gewoonlik saam met ’n glas bier geniet.

4 KOBRAHART – VIËTNAM

Min mense hou van slange; nog minder sal sê hulle hou daarvan om dit te eet. Maar in Viëtnam eet hulle selfs ’n slang se hart. Kobrahart is een van die gewildste geregte op restaurant­spyskaarte in dié Suidoos-Asiatiese land.

Die hart word boonop nie gaargemaak nie. Die sjef sny ’n lewende kobra voor jou oë oop. Dan verwyder hy die kloppende hart en plaas dit in ’n glas saam met van die slang se bloed.

5 TUNA-OOGBALLE – JAPAN

Die oogballe van dié vis is taamlik goedkoop en maklik verkrygbaa­r in kruidenier­swinkel sin Japan. Dit smaak glo soos calamari en moet gekook word voor jy dit eet. Met ’n tikkie sout en peper is so ’n oogbal sommer koningskos.

6 BEESBREIN-HAMBURGER – AMERIKA

Dié gereg was vroeër ’n groot treffer in Amerika. Snye van ’n bees of vark se brein word gebraai en in ’n broodrolle­tjie met tamatie en ’n stukkie blaarslaai verorber.

Die uitbreking van malbeessie­kte het die gewildheid daarvan laat afneem, en dit is nie meer wettig om breinweefs­el van beeste ouer as 30 maande daar voor te sit nie. Tog is daar steeds mense in Amerika wat dit eet.

7 MIERLARWES – MEXIKO

Mierlarwes (escamoles) is ’n groot lekkerny in Mexiko. Dit word soms ook insekkavia­ar genoem. Die larwes, wat rou geëet word, smaak glo soos klein stukkies botter met ’n neuterige geur.

8 VOËLNESSOP – SINGAPOER

Chinese gebruik al honderde jare windswaeln­este in hul sop. Die “neste” word nie uit takkies gebou nie, maar uit die swaels se verharde speeksel. Hoewel daar heelwat variasies van dié kossoort is, word Singapoer se voëlnessop as van die duurste fynproewer­skos in die wêreld gereken.

9 TARANTULAS – KAMBODJA

Nie net paddavoete is baie gewild in dié land in Suidoos-Asië nie; spinnekopp­e, veral tarantulas, val daar in dieselfde klas as biltong in Suid-Afrika. Groot, swart tarantulas word gebraai en met ’n bietjie brandrissi­e of knoffel gegeur. Dit word by verskeie markte verkoop.

10 ROTTE – THAILAND

Dink aan ’n heerlike sosatie. Wanneer jy in Thailand, China, Viëtnam of Laos rondloop, sien jy gereeld hoe mense by kosstallet­jies gebraaide rot aan ’n stokkie koop. Al is die vleis wit, smaak dit glad nie soos hoender nie. In Viëtnam word dit saam met piesang voorgesit vir ’n heerlike middagete.

11 MARMOTTE – PERU

Dié oulike troeteldie­re lyk heeltemal anders wanneer jy hulle op jou bord sien. Gesinne in Peru eet gereeld marmotvlei­s omdat dit ryk is aan proteïen. Die diere word gewoonlik gebak en dan heel voorgesit saam met groente en tamatiesou­s. Die vleis kan ’n bietjie taai wees.

12 KOFFIEBONE IN MUSKELJAAT­KA-TONTLASTIN­G– ASIË EN LONDEN

Vergeet die ander koffie wat jy al gedrink het; dié koffiebone sorg glo vir wêreldklas­smaak. Die bone word vir ’n sivet, ’n soort muskeljaat­kat, gevoer. Wanneer dit deur die spysverter­ingstelsel beweeg het, beland dit heel in die dier se ontlasting. Dit word daaruit verwyder en gerooster. Die warm, stomende bone word gemaal en gee ’n eksotiese sjokolades­maak aan die duurste koffie op die mark.

13 LEWENDE SEEKAT – JAPAN EN KOREA

Dié woelwaterg­ereg word beskryf as ’n “partytjie in jou mond”. Die klein seekatte word lewend voorgesit en met stokkies hanteer. Dis veral ’n uitdaging wanneer seekat se kind sy pote om die stokkie draai in ’n poging om jou kake vry te spring. Dit verg ’n sterk maag om die krioelende arms stukkend te kou.

14 SEEMEEUWYN – NOORDPOOLS­IRKEL

Dié wyn is nie sommer iets wat jy in jou plaaslike drankwinke­l sal kry nie. ’n Dooie seemeeu word in ’n bottel water gestop en ure in die son gelos voor jy kan skink en drink.

15 PLASENTA-SMOOTHIES – OORSPRONKL­IK AMERIKA EN MEXIKO; NOU ALGEMEEN IN DIE WESTERSE WÊRELD

Dit is glo baie goed vir ’n nuwe ma om weg te lê aan ’n smoothie met haar pasgeboren­e se plasenta daarin. Hoewel daar geen wetenskapl­ike bewyse is dat dit voordelig is nie, glo sekere mense vas dit help om nageboorte­like depressie te keer. Die werklikhei-dstelevisi­ester Kim Kardashian West is een van die talle bekendes wat dié gebruik aanhang. Jy kan dit met piesangs en aarbeie meng.

16 SEEGRAS-HAMBURGER – VAN CHINA, JAPAN EN KOREA NA EUROPA VERSPREI

Seegras is glo ’n uitstekend­e bron van kalsium en antioksida­nte en is veral goed vir jou brein. Dit word meestal in sop en op souterige beskuitjie­s geëet. Sommige restaurant­e maak nou ook seegras-hamburgers, wat natuurlik groen is en nie in almal se smaak val nie. BRONNE: HUFFINGTON­POST.CO.UK, HOSTELWORL­D.COM, LIST25.COM, TELEGRAPH.CO.UK

 ??  ?? Van die eksotiese geregte wat oor die wêreld heen verorber word, klink dalk vir jou na ’n nagmerrie.
Van die eksotiese geregte wat oor die wêreld heen verorber word, klink dalk vir jou na ’n nagmerrie.
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa