Huisgenoot

12 KARAKTERS EN HUL RAMPE

-

Derek “McDreamy” Shepherd (Patrick Dempsey) oorleef ’n vliegongel­uk, ’n skietery en natuurramp­e, maar sterf toe ’ n vragmotor sy kar in die 11de seisoen tref.

Cristina Yang (Sandra Oh) word deurboor toe ’n yskeël buite die hospitaal op haar val. Owen Hunt (Kevin McKidd) red haar en hulle raak verlief. Weens posttrauma­tiese stres probeer hy haar in haar slaap verwurg, maar sy vergewe hom.

Mark Sloan ( Eric Dane) sterf ná ’ n vliegongel­uk saam met sy geliefde, Lexie (Chyler Leigh), Meredith se halfsuster.

Arizona Robbins ( Jessica Capshaw) verloor haar been in die vliegramp.

Meredith Grey (Ellen Pompeo) draai by die dood om ná ’ n aanval deur ’ n breinbesee­rde pasiënt. Sy het byna verdrink, tydens ’n kragonderb­reking gekraam en was aan boord van die rampvliegt­uig.

Izzie Stevens (Katherine Heigl) word vir kanker behandel, sien visioene van ’n oorlede pasiënt op wie sy verlief was en het ’n romanse met die “spook”.

George O’Malley ( T. R. Knight) word deur ’n bus omgery. Sy gesig is so erg geskend dat sy kollegas hom nie herken nie. Nadat Meredith besef het wie hy is, verval hy in ’n koma en sterf.

Preston Burke (Isaiah Washington) verloor beheer oor sy regterhand nadat hy geskiet is. Sy tydelike oplossing is om saam met sy meisie, Cristina, te opereer.

Miranda Bailey (Chandra Wilson) skenk tydens ’n bomdreigem­ent in die hospitaal die lewe aan haar seun en sonder haar man, wat in ’n motorongel­uk betrokke is.

Alex Karev (Justin Chambers) kry sifilis, druip sy eksamen, raak impotentnt en ’n pasiënt se man skiet hom. Hy is byna tronk toe toe hy ’n kollega bydam.

April Kepner (Sarah Drew) moet kraam en kan nie by die hospitaal uitkom nie. Ben Warren ( Jason George) sny die baba sonder narkose met ’n kombuismes uit haar.

Richard Webber ( James Pickens jr.) herstel stadig ná ’ n elektriese skok tydens ’n storm.

 ??  ?? Mark en Arizona ná ’n vliegongel­uk.
Mark en Arizona ná ’n vliegongel­uk.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa