Huisgenoot

12LIEF JAAR SE & LEED

Grey’sG Anatomy gaan van krag tot krag; herleef van die intriges en leer ken agtergrond­feite

- Saamgestel deur DENNIS CAVERNELIS

DIE dood van ’n geliefde karakter, veral so ’n begeerlike een soos Grey’s Anatomy se McDreamy, sal genoeg wees om TV-kykers summier van kanaal te laat verander. Of so sou ’n mens dink. En ’n vergesogte intrige soos ’n romanse met ’n spook behoort hulle net verder die skrik op die lyf te jaag.

Tog het Grey’s Anatomy op 30 Maart sy 12de verjaardag op die kassie gevier. As jy al 293 episodes van dié reeks, nou reeds in sy 13de seisoen, in een marathonse­ssie wil kyk, sal dit jou agt en ’n half dae besig hou – sonder dat jy ooit tussendeur enigsins ’n oog toemaak.

Die gewilde hospitaalr­eeks, wat hier by ons op M-Net te sien is, vind wêreldwyd aanklank by kykers. Net twee dramareeks­e ouer as Grey’s Anatomy word nog in Amerika uitgesaai: Law & Order: Special Victims Unit en NCIS. Maar nie een van daardie twee hou die tonge aan die klap soos dié mediese dramareeks wat van sepie-intriges wemel nie. Wat is Grey’s se geheim?

Ellen Pompeo (47), wat die rol van Meredith Grey vertolk, meen die voortduren­de veranderin­gs in die rolverdeli­ng hou TV-gehore vasgenael. “Die gehoor wil sien hoe die reeks sonder Derek (Patrick Dempsey, 51) lyk. Hulle is nuus-

kierig. Hoe gaan ons aan?” het sy aan The Hollywood Reporter gesê.

Jerrika Hinton (35), wat Stephanie Edwards speel, meen die stroomdien­s Netflix het ook die reeks se gewildheid versterk. “Ons kykertalle brei gedurig uit wat ouderdom betref,” het sy aan The Hollywood Reporter gesê. “Ons het t tienermeis­ies wat obsessief is oor die e reeks, en hulle het dit ontdek omdatt mense in hul gesin daarna kyk.”

Die vervaardig­er Shonda Rhimes (47) reken die reeks se lang asem is te danke aan hoe die verhouding­s daarin uitgebeeld word en aan ’n hoofkarakt­er vir wie kykers omgee.

“Die gehoor identifise­er werklik met Meredith. Ons volg hierdie vrou se reis en dié van al die mense by haar. Dit gaan nie oor ’n klomp truuks nie; dit gaan daaroor om mense te sien ontwikkel.” Meredith en Derek stoom die skerm toe.

 ??  ??
 ??  ?? Die oorspronkl­ike varsgesig-rolverdeli­ng van Grey’s Anatomy in 2005 was, van links: James Pickens jr., Chandra Wilson, Justin Chambers, Katherine Heigl, T.R. Knight, Sandra Oh, Isaiah Washington, Ellen Pompeo en Patrick Dempsey.
Die oorspronkl­ike varsgesig-rolverdeli­ng van Grey’s Anatomy in 2005 was, van links: James Pickens jr., Chandra Wilson, Justin Chambers, Katherine Heigl, T.R. Knight, Sandra Oh, Isaiah Washington, Ellen Pompeo en Patrick Dempsey.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa