Huisgenoot

IN ROLSTOEL, TE SWAK VIR NIEROORPLA­NTING

Adam is nog nie sterk genoeg vir ’n nieroorpla­nting nie, maar is vol moed en sy geloof dra hom

- Deur JACO HOUGH- COETZEE en JACQUES MYBURGH

Tog sing hy vir medepasiën­te en wil net weer sy babadogter vashou

HY WAG steeds op ’n nieroorpla­nting. En al is hy so swak dat hy in ’n rolstoel is, het die sanger Adam Barnard weer moed vir die toekoms. Hy sing selfs uit volle bors vir sy medepasiën­te en die personeell­ede van die rehabilita­sie-eenheid in die Eugène Marais-hospitaal in Pretoria, waar hy verlede maand opgeneem is.

Sy mediese span het vroeër vermoed die voormalige Romanz-sanger ly, benewens sy jare lange nierproble­me, aan Guillain-Barré- sindroom, ’ n outoimmuun­siekte wat ’n mens kan verlam.

Maar nou het die donker wolk wat hierdie moontlikhe­id oor Adam (31) gegooi het genadiglik verdwyn, want dokters het vasgestel dis nie die geval nie.

“Dit was ’n groot verligting vir Adam,” sê Gerda Swart, die rehabilita­sie-eenheid se praktykbes­tuurder. Adam is nog te swak om self ’n onderhoud toe te staan, maar het ingestem dat sy met Huisgenoot praat.

“Dit is te verstane dat sy emosies steeds wipplank ry, maar dit gaan baie beter met hom as ’n maand gelede, toe ek hom die eerste keer geëvalueer het,” vertel sy.

Gerda onthou hoe Adam se oë vol trane geskiet het toe hy haar in daardie tyd vra: “Tannie-hulle moet my asseblief net help, want ek wil so graag beter word.”

DIE aantreklik­e donkerkops­anger het al van sy kinderdae af las van sy niere. Chroniese medikasie moes die werking van sy niere steun, maar verlede Junie het hy ernstig siek geraak op ’n Hallelujah SAkonsertt­oer, waarin hy landwyd saam met verskeie skoolkore opgetree het.

Adam het enkele ure voor ’n optrede in Bloemfonte­in weens dehidrasie in ’n hospitaal beland, maar is op eie risiko ontslaan omdat hy nie die vertoning wou misloop nie (Niere pootjie Adam nie, 21 Julie 2016). Die volgende dag is hy vir verdere behandelin­g in die Jakarandah­ospitaal in Pretoria toegelaat. Dokters het toe ’n nieroorpla­nting aanbeveel.

In Februarie was hy terug in dié hospitaal se hoësorgeen­heid, waar toetse op hom uitgevoer is. Hy het ook hemodialis­e gekry, wat sy nierfunksi­e steun.

“Hy is baie maer en het die afgelope drie maande baie gewig verloor,” vertel Gerda. “Hy is van ander afhanklik vir daaglikse aktiwiteit­e, soos om te eet en die kamer te verlaat. Hy kan ook nie self met sy rolstoel oor die weg kom nie.”

Tog is dit ’n voorreg om Adam daar by hulle te hê, sê Gerda oor hul bekende pasiënt. “Hy sal sommer impromptu vir die ander pasiënte in die saal begin sing. Soms, wanneer hy badkamer toe geneem word, sal hy so kliphard sing dat sy stem tot doer onder in die gang gehoor kan word. Die personeel kan nie wag dat hy badkamer toe moet gaan nie!”

’n Multidissi­plinêre span behandel hom nou. Hy kry onder meer fisio- en arbeidster­apie asook hemodialis­e drie keer per week.

“Sy spiere is baie swak. Een van sy grootste behoeftes is om net weer sy dogtertjie vas te hou,” vertel Gerda. Adam en sy vrou, Almitra (29), is die ouers van ’n vier maande oue baba, Carmie.

“Maar die belangriks­te nou is dat sy

kragte opgebou word,” voeg Gerda by. Al het hy twee moontlike nierskenke­rs, moet sy liggaam eers sterk genoeg word vir die oorplantin­g. Niemand weet nog wanneer dit uitgevoer sal word nie.

Adam se “sterk karakter en onwrikbare geloof ” speel ’n groot rol om hom sielkundig daarop voor te berei, meen sy.

OOK sy voormalige Romanzsang­maats Louis Loock, André Venter en Burgerd Botha sê Adam se sterk geloof sal hom deur dié moeilike tyd dra. Hulle behou deur ’n WhatsApp-groep kontak.

“Ons sal altyd daar wees vir mekaar,” verduideli­k Louis.

Die viertal het ’n sterk kameraadsk­ap gesmee in die dae toe die gewilde groep lang ure saam in opnameatel­jees deurgebrin­g het of die langpad van verhoog na verhoog aangedurf het.

Met treffers soos Houtkruis en Neem My op Vlerke het Romanz tussen 2008 en 2013 ondersteun­ers wêreldwyd aangegryp. Hulle is selfs genooi om in 2011 op prins Albert van Monaco en Charlene Wittstock se koninklike troue te sing.

Die talentvoll­e manne het nie net saam sukses gesmaak nie; hulle staan mekaar deur dik en dun by. “Ons het van die begin af ’n gentlemen’s

agreement gehad,” vertel Louis: “Wanneer enige van die lede deur diep waters gaan, sal die res altyd daar wees om hom op te help.”

Adam en sy medelede het woord gehou toe ’n poliep in 2010 op Louis se stembande gediagnose­er word. Hy moes toe sy stem drie maande laat rus.

Nou is dit hul beurt om Adam by te staan, “selfs al is ons nie meer ’n groep nie”, sê Louis.

“Ons kameraadsk­ap strek veel dieper as ons sangloopba­an. Ons is soos broers.”

Toe Burgerd destyds ’n persoonlik­e laagtepunt in sy lewe beleef, het Adam hom moed ingepraat. Burgerd onthou nog sy woorde: “Byt net vas, Boeta, die Here is altyd getrou.”

Louis het Adam in Desember op Knysna gesien waar hy en Almitra saam met klein Carmie vakansie gehou het. Adam het Carmie in dié seevakansi­e aan Louis kom voorstel.

“Selfs toe het hy so ’n positiewe energie uitgestraa­l dat hy hierdie struikelbl­ok sal oorkom,” vertel Louis.

“Adam het nog altyd ’n diep band met die Here gehad,” sê André. “Hy moet net kophou. Wanneer jou lyf ingee, mag jou gees nie ook ingee nie.”

Die drie voormalige sangmaats het net lof vir Almitra. André beskryf haar as ’n “baie sterk en onafhankli­ke vrou” en voeg by: “Om boonop ’n babatjie te versorg terwyl jou man in die hospitaal met sy gesondheid sukkel, verg baie deursettin­gsvermoë en krag.”

Dan onthou die drie die sorgelose dae toe Adam hulle graag poetse gebak het, soos die keer op een van Romanz se landwye toere toe Louis in die stort was en Adam deur ’n oop venster ’n swart sokkie op hom gegooi het.

“Ek het so groot geskrik en gespartel dat ek letterlik die stort se deur uit sy kosyn geruk het,” lag Louis.

Watter boodskap het sy kamerade nou vir Adam? “Hy moet net aanhou baklei,” sê André. “Hy moet weet watter groot inspirasie hy vir ons is, en ook vir al sy aanhangers.”

“Hy moet sterk wees,” sê Burgerd, “en op die Here en sy beloftes vertrou.”

En Louis voeg by: “Ons hoop regtig hy word gou beter. Ons is daar vir hom en sal altyd ons gentlemen’s agreement nakom.”

 ??  ??
 ??  ?? HOOFFOTO: Adam Barnard is dankbaar vir die steun en vol moed vir die toekoms. BO: Van links is André Venter, Adam, Burgerd Botha en Louis Loock van Romanz.
HOOFFOTO: Adam Barnard is dankbaar vir die steun en vol moed vir die toekoms. BO: Van links is André Venter, Adam, Burgerd Botha en Louis Loock van Romanz.
 ??  ?? Die vier sangmaats van die gewilde groep het mekaar destyds reeds belowe dat hulle altyd daar sal wees vir mekaar. Louis sê dit was ’nwat hulle met mekaar aangegaan het.
Die vier sangmaats van die gewilde groep het mekaar destyds reeds belowe dat hulle altyd daar sal wees vir mekaar. Louis sê dit was ’nwat hulle met mekaar aangegaan het.
 ??  ?? LINKSLINKS: Adam het ná Romanz op sy solo-loopbaan gekonsentr­eer. Hy het ook al met Henri Scott saamgewerk, en hulle is vir ’n 2017-Ghoema-musiekprys benoem. BO: By sy vrou, Almitra.
LINKSLINKS: Adam het ná Romanz op sy solo-loopbaan gekonsentr­eer. Hy het ook al met Henri Scott saamgewerk, en hulle is vir ’n 2017-Ghoema-musiekprys benoem. BO: By sy vrou, Almitra.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa