Huisgenoot

Verteer deur die seer oor egskeiding

Maar sy beeldhouku­ns bring troos

- Saamgestel deur NICOLA WHITFIELD BRONNE: DAILY MAIL, OK, E! ONLINE, THE MIRROR

DIT IS S 1991199 en n die fl fliek k Th el m maa and Louise ouise tref diee silwerdoek­wer in sy volle glorie. Geena Davis en Susan Sarandon is die sterre sterrewatw­at voorv die polisie vlug, maar ’n jong akteurak in ’n byspelerro­l trek baie aand aandag. Hy speel ’n jong swerwer in jeansj en cowboystew­els, en Thelma (Geen (Geena) swig vir sy slaapkamer­ogies en sjarmantes­jar glimlag.li l Ongelukkig­O l kki is ih hy ietwatit van ’n skurk en beroof die twee vroue voor hy soos mis voor die son verdwyn. Maar die vertolking is goed genoeg om te sorg dat almal kennis neem van die jong akteur.

Nie net drup die jongeling van seksuele aantrekkin­gskrag nie; hy kan ook toneelspee­l, en kort voor lank stroom die rolle in. Die man is natuurlik Brad Pitt, wat drie jaar later as die tydskrif People se sexyste man ter wêreld aangewys is en in 2000 weer so vereer is.

Vandag is een van die aantreklik­ste mans in die vermaakbed­ryf ’n skadu van die ou vir wie Thelma 26 jaar gelede alles gewaag het.

Soos die tyd aanstap en sy egskeiding van Angelina Jolie nader kom, kan ’n mens sien hoe spanning die 53-jarige ster aantas. Hy lyk uitgeteer en voer glo so te sê ’n kluisenaar­sbestaan.

Enkele weke gelede is berig Brad lyk op sy beste nadat hy in ’n swart jas in die reën in Los Angeles gekiek is (Ná al die drama: ’n nuwe Brad, 9 Februarie).

Maar ’n paar weke maak ’n groot verskil, en op die jongste foto’s is Brad so te sê onherkenba­ar en ligjare verwyder van die beroemde hartebreke­r. Hy het baie gewig verloor, gaan amper nêrens sonder ’n donkerbril nie en glimlag selde.

“Hy bly steeds weg van drank en dagga – Brad het ’n swak vir albei – en kyk na homself,” sê ’n bron na aan die ster. “Maar hy kry swaar weens die egskeiding.”

Om dit te probeer verwerk, sluit Brad hom tot 15 uur per dag toe in ’n kunsatelje­e in Los Angeles en werk glo tot die vroeë oggendure en luister na hartseer liedjies, sê die pel.

Die akteur se openbare verskyning­s was skaars sedert hy en Angelina (41) in September verlede jaar aangekondi­g het hulle gaan skei. Benewens sy verrassing­sverskynin­g by die Golden Globes op 8 Januarie het hy die res van die prysaande misgeloop, al was hy medevervaa­rdiger van die veelbekroo­nde Moonlight. Dié fliek het tydens vanjaar se Oscars vir een van die mees onvergeetl­ike oomblikke in vermaakges­kiedenis gesorg toe

‘Hy werk heelnag en luister na emosiebela­aide liedjies’

dit as beste rolprent aangewys is kort nadat per ongeluk aangekondi­g is dié eer kom La La Land toe.

“Brad het vir ’n rukkie uit die kollig getree,” sê nog ’n bron. “Hy spits hom nou op sy kuns toe.”

Hy is passievol oor argitektuu­r en kuns en leer met behulp van sy vriend Thomas Houseago die beeldhouku­ns beoefen. Dié is ’n Britse kontemporê­re kunstenaar. Brad het glo “heeltemal behep geraak” met dié stokperdji­e.

“Hy werk die hele nag lank en luister na emosiebela­aide liedjies,” het die bron aan Daily Mail gesê. “Almal weet dit het te doen met wat in sy persoonlik­e lewe aangaan, maar niemand sê iets nie. Hy is ’n stil ou en nederig. Hy kry beeldhouwe­rk sommer gou-gou onder die knie.”

KUNS is Brad se manier om sy aandag van sy probleme af te lei. “Hy sal hom liewer konstrukti­ef daarmee besig hou as om te gaan kuier,” sê die vriend. Op sy speellysie is liedjies deur die indie-folkgroep Bon Iver en die uitmaaklie­djie Just to Satisfy You deur Waylon Jennings.

Brad is “steeds mal oor e-sigarette” en is al gewaar waar hy rookdampe by die ateljee se venster uitblaas.

Hy het glo “’n bietjie kop verloor” in sy strandhuis in Santa Barbara en word gereeld gesien waar hy op sy motorfiets ateljee toe ry. Hulle sê hy gaan gewoonlik agterna reguit huis toe, maar iemand het hom onlangs in ’n markie gesien waar hy glo “’n halfuur lank na vrugtemand­jies gestaar het”.

Dit moet waarskynli­k met ’n knippie sout geneem word. Maar hoewel Brad beslis swaar trek, is daar tekens dat sy en Angelina se verhouding begin verbeter ses maande nadat die aktrise, regisseur en aktivis ’n egskeiding aangevra het.

Die vermaakweb­tuiste E! Online berig Brad is onlangs saam met Angelina en die kinders Kambodja toe vir ’n vertoning van haar nuwe fliek, First They Killed My Father. “Hy was die meeste van die tyd daar, behalwe wanneer dit met sy werkrooste­r gebots het,” sê ’n bron.

“Die kinders was meestal by Angelina terwyl Brad in Kambodja was, en hulle het oor en weer tussen hom en haar gekuier. Die spanning tussen Brad en Angie het beslis afgeneem.

“Hulle probeer hul kinders saam grootmaak en hul verskille uit die weg ruim sodat hulle weer vriendskap­lik met mekaar kan verkeer. Albei het ingestem om die kinders voorop te stel.”

Volgens die webtuiste wil Brad “nie hê die huwelik moet beëindig word nie” en is hy “emosioneel in twee geskeur” en “verpletter” deur die verbrokkel­ing van hul verhouding.

“Hy was bereid om enigiets te doen om die huwelik te red,” sê ’n bron aan E!, “en het nie besef Angelina het reeds moed opgegee nie.”

In die tyd kort ná die skeiding het Brad die kinders net twee keer per maand altesaam vier uur gesien, en toe in die teenwoordi­gheid van ’n terapeut met sy seun Maddox versoen.

Aanvanklik is beweer hy het Maddox op ’n vlug aangerand.

“Angelina het sedertdien minder druk op hom geplaas,” sê die bron. “Hulle probeer ’n verstandho­uding bereik wat die minste traumaties vir almal sal wees.”

In Kambodja het Angelina aan ’n verslaggew­er gesê dit gaan nou “baie beter” met hulle almal. “Ons spits ons toe op die welstand van ons hele gesin. Ons sal sterker hieruit kom, want ons is vasbeslote om dit te doen.”

VURIGE aanhangers van Brangelina hoop steeds een van Hollywood se witwarmste paartjies raak versoen, terwyl ander weer die twee in ander mense se arms wil sien – veral vir Brad.

Die gerugte wil net nie gaan lê nie dat hy en die aktrise Kate Hudson (37) aangetrokk­e is tot mekaar, maar oënskynlik steek daar nie veel waarheid in dié stories nie.

Onlangs is berig Brad het sy ou vlam en eksvrou, Jennifer Aniston, se nommer in die hande gekry om haar geluk te wens toe sy op 11 Februarie 48 word. “Hy het nie haar selnommer gehad nie en het dit toe deur ’n verstrenge­lde web van kontakte gekry sodat hy haar kon gelukwens,” vertel iemand in die binnekring.

Maar Jen is dolgelukki­g getroud met Justin Theroux (45), en as dit waar is dat hy haar gebel het, was dit net ’n vriendskap­like gebaar.

“Brad is nou ingestel op sy welstand en sy kinders s’n,” sê ’n pel. “Baie genesing moet nog plaasvind.”

 ??  ?? REGS: Brad Pitt is nou ’n skadu van n wie hy vroeër was as – en ver van die spiertier wat hyy in Thelma and Louise uise (REGS ONDER) gespeel het. L LINKS: BradBr is al tweetw keer as People se sexyste ma man aange gewys. HE HEEL LINKS: Die drama en egs...
REGS: Brad Pitt is nou ’n skadu van n wie hy vroeër was as – en ver van die spiertier wat hyy in Thelma and Louise uise (REGS ONDER) gespeel het. L LINKS: BradBr is al tweetw keer as People se sexyste ma man aange gewys. HE HEEL LINKS: Die drama en egs...
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ?? Brad ry gereeld op sy motorfiets van sy strandhuis in Santa Barbara na ’n kunsatelje­e in Los Angeles waar hy baie van sy tyd deurbring.
Brad ry gereeld op sy motorfiets van sy strandhuis in Santa Barbara na ’n kunsatelje­e in Los Angeles waar hy baie van sy tyd deurbring.
 ??  ?? Angelina Jolie en haar en Brad se kroos. Van links is Pax, Shiloh, Maddox (agter), Knox, Vivienne (’n mens kan nie haar gesig sien nie) en Zahara. Die Jolie-Pittkinder­s reis graag saam met hul ma van die een groot wêreldstad na die ander.
Angelina Jolie en haar en Brad se kroos. Van links is Pax, Shiloh, Maddox (agter), Knox, Vivienne (’n mens kan nie haar gesig sien nie) en Zahara. Die Jolie-Pittkinder­s reis graag saam met hul ma van die een groot wêreldstad na die ander.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa