Huisgenoot

KYK SO VIR MODEBEWUST­E W MR GIGABYTE EN SY VROUE EN SKELMPIES!

Die nuwe finansmini­ster, oor wie se aanstellin­g ’n vraagteken hang, is ’n blinkmenee­r wie se persoonlik­e lewe al meermale nuus was

- Saamgestel deur LARA ATSON

HY IS byna meer bekend om sy voorliefde vir vroue en peperduur ontwerpers­klere as sy vaardighei­d as politikus. “Mr Gigabyte,” soos Malusi Gigaba op die sosiale netwerk Instagram bekend is, en sy ewe stylvolle vrou, Nomachule, laat immers die koppe draai net waar hulle gaan.

Die Gigabas was juis in Kaapstad vir ’n modeverton­ing toe sy selfoon onlangs lui. In die oorstuk was die stem van pres. Jacob Zuma. Dié breek toe in ’n ongekende stap sommerso oor die foon die nuus: Pravin Gordhan is uit en Gigaba is in as die nuwe minister van finansies.

“As jy op so ’n manier aangestel word, vra jy nie nog hoekom nie. Jy vra nie: ‘Hoekom ek?’ nie,” het Gigaba, tot onlangs nog minister van binnelands­e sake, aan Sunday Times gesê. Al wat hy kon sê, is: “Meneer die President, baie dankie daarvoor. Ek dink dit is ’n besluit wat my nederig laat voel. Dit is ’n moeilike taak wat jy my gee, maar ek sal my bes doen om nie die land, die ANC en beslis nie die regering teleur te stel nie,” was sy woorde.

Op 45 is hy boonop glo die jongste man tot nog toe in dié pos. Tog jubel nie almal oor sy aanstellin­g bo die internasio­naal gerespekte­erde Gordhan, wat laatnag die trekpas gegee is, nie.

Net soos daar skok en woede onder die publiek en ANC-hoës was oor Gordhan se afdanking, so braak sommige gal oor sy opvolger.

Kritici van Zuma se bloedbad in die kabinet – hy het 10 ministers en 10 adjunkmini­sters vervang – meen Gigaba was nie net Zuma se keuse as nuwe minister van finansies nie. “Dis heeldag happy

hour in die Saxonwold-sjebien,” het die politieke ontleder Max du Preez op Twitter laat hoor. Saxonwold is natuurlik die Johannesbu­rgse rykmansbuu­rt waar die Guptas bly. (Lees die kassie regs bo.)

In 2013 was Gigaba, toe nog minister van openbare ondernemin­gs, ’n gas op die omstrede Sun City-spogtroue van die Gupta-broers se susterskin­d Vega. Die EFF-leier, Julius Malema, verkondig dat Gigaba se leefstyl deur die Guptas gefinansie­r word.

Tog het Gigaba op sy eerste mediakonfe­rensie as minister van finansies beklemtoon: Dit is net die regering wat sy salaris betaal, en hy gaan nie inmeng met enige hangende hofsake teen Guptamaats­kappye nie.

GIGABA is ’ n boorling van Eshowe in KwaZulu-Natal, sowat 50 km vanaf Zuma se tuisdorp, Nkandla. Hy is een van vyf kinders. Sy ouers, wyle Jabulani en Nomthandaz­o, was onderskeid­elik ’n predikant en verpleegst­er. “Ek wil nie jok en sê ek het ’n werkerskla­sagtergron­d nie,” het hy al aan Mail & Guardian gesê. “Daar was altyd ’n motor by die huis, kos en elektrisit­eit. Ons het ’n taamlik gemaklike lewe gehad.”

Mense wat hom ken, sê hy het in die kerk grootgewor­d en nooit sigarette of drank oor sy lippe gehad nie.

Hy onthou Jabulani as ’n raakvatpa. “My pa het seker gemaak hy het ons op die eerste skooldag gaan aflaai. Voor hy weggery het, het hy die skoolhoof en onderwyser geken,” onthou dié oudmatriku­lant van die Hoërskool Vryheid.

Hy kry sy modesin van sy ma, vertel dié wat hom ken. Sy was gesteld daarop dat hy altyd deur ’n ring getrek kan word, het Khulekani Ntshangase, langer as ’n dekade Gigaba se kollega in verskeie departemen­te, onlangs aan Netwerk24 vertel.

Op Gigaba se troue in 2014 het sy vriend Nathi Mthethwa, minister van kuns en kultuur, geskerts hy was nie altyd so stylvol nie. Toe hulle jong comrades was, het Gigaba swart kortbroeke, verbleikte T-hemde en lang sokkies gedra.

Gigaba was leergierig. Hy het aan die Universite­it van Durban-Westville ’n graad in opvoedkund­e en ’n meestersgr­aad in maatskapli­ke beleid verwerf.

In 1990 het hy by die ANC-jeugliga aangesluit. Ses jaar later was hy president van die liga, ’n amp wat hy drie termyne beklee het. Gigaba was ’n werkslaaf, sê dié wat hom ken. Hy het die regeringsl­eer begin klim toe oudpres. Thabo Mbeki hom in 2004 as adjunkmini­ster van binnelands­e sake aanstel.

In 2007 is hy op die vingers getik nadat hy op die regering se rekening vir sy eerste vrou, Nokuthaba, blomme gekoop het. Hyy moes R1 020 terugbetaa­l.g

Drie jaar later het die paartjie, wat ’n d dogter, Lerato (17) het, se smerige egskeid ding in die media uitgespeel. Luidens ber rigte het Nokuthaba (45) uit hul minist terswoning in Kaapstad getrek toe sy a agterkom Gigaba se skelmpie die ITs spesialis Nomachule Mngoma (36), oftew wel Norma, het by sy ministersw­oning in P Pretoria ingetrek. Norma het tydens ’n a aand uit saam met pelle in ’n restaurant i in Sandton sy oog gevang, het Gigaba v vroeër aan ons sustertyds­krif YOU vertel.

Maar terwyl hy en Norma saam was, l lek vuurwarm teksboodsk­appe tussen M Malusi en Gugu Nkosi, ’n sakevrou van M Mpumalanga, toe uit. Gugu se man, Luka S Sandhlane, wou Gigaba glo vir R1,7 milj joen dagvaar omdat dié sy huwelik vern nietig het. Hy het glo die hofsaak laat v vaar nadat Gigaba verskoning gevra het.

Norma het hom ook vergewe. In Augustus 2014 het sy en haar “Honey Bee”, soos sy hom noem, met ’n spogtroue in die Durbanse Botaniese Tuin afgehaak.

In 2015 was die Gigabas weer in die nuus toe sy skelmpie Buhle Mkhize, ’n modestilis wat in New York woon, hul vuil wasgoed in die sosiale media uithang. Volgens Buhle het sy Gigaba ’n maand voor sy troue op Instagram ontmoet. Buhle, wat ook getroud was, het eers op sy troudag van Norma uitgevind, het ’n pel van Buhle vertel.

Maar volgens Buhle het hul verhouding nog 11 maande voortgeduu­r, tot Norma lont geruik het. Buhle het vertel Gigaba het op een verjaardag $20 000 (toe R288 000) by haar woonstel in New York laat aflewer.

Norma, ma van sy seuns, Nkanyezi (5) en Mvelo (4), was in die sosiale media in ’n bekgeveg met Buhle betrokke. Maar toe ons sustertyds­krif YOU vroeg verlede jaar by hul seweslaapk­amerhuis in Waterkloof­rif in Pretoria gaan kuier, het Gigaba gesê: “Ons is meer verenig en verlief as voorheen. Niks sal ons skei nie.”

Norma het al na mense teruggekap wat haar kritiseer oor haar voorliefde vir die peperduur ontwerpers­klere waarmee sy op Instagram spog. Hulle het veral vuur gespoeg toe sy ’n kiekie van haar Italiaanse Buscemi-tekkies van R11 000 deel.

“Dis my geld. Ek het nog nooit sy geld gebruik nie,” het sy aan YOU gesê. “Selfs al gebruik ek sy geld; hy’s tog my man.”

Nou is die Gigabas een van die stylvolste en magtigste pare in die regering. BRONNE: ENCA.COM, NEWS24.COM, EWN.CO.ZA, IOL.CO.ZA, SUNDAY TRIBUNE, HUFFINGTON­POST.CO.ZA, NETWERK24, CITIZEN.CO.ZA, DIE BURGER, YOU, DRUM, SUNDAY TIMES, TIMESLIVE.CO.ZA, CITY PRESS, WIKIPEDIA.ORG

 ??  ?? HOOFFOTO: Die nuwe minister van finansies, Malusi Gigaba. NAASREGS: Hy en sy vrou, Nomachule, oftewel Norma, by die parlements­opening vroeër vanjaar. REGS ONDER: Die twee by die staatsrede in Februarie verlede jaar.
HOOFFOTO: Die nuwe minister van finansies, Malusi Gigaba. NAASREGS: Hy en sy vrou, Nomachule, oftewel Norma, by die parlements­opening vroeër vanjaar. REGS ONDER: Die twee by die staatsrede in Februarie verlede jaar.
 ??  ??
 ??  ?? Buhle Mkhize het in 2015 ’n opskudding veroorsaak toe sy beweer sy is Gigaba se skelmpie. Hy en sy vrou, Norma, se paadjies het egter nie geskei nie.
Buhle Mkhize het in 2015 ’n opskudding veroorsaak toe sy beweer sy is Gigaba se skelmpie. Hy en sy vrou, Norma, se paadjies het egter nie geskei nie.
 ??  ?? Pres. Jacob Zuma het Pravin Gordhan (REGS) onlangs as minister van finansies afgedank.
Pres. Jacob Zuma het Pravin Gordhan (REGS) onlangs as minister van finansies afgedank.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa