Huisgenoot

12 DUO’S DUO’SIN IN WIT JASSE

-

Derek en Meredith: Die reeks begin met dié twee wat in haar ma se huis wakker word nadat hulle mekaar die vorige aand in ’n kroeg ontmoet het. Sy is onbewus daarvan dat hy die hoof van neurochiru­rgie is by Seattle Grace Hospital, waar sy dieselfde dag as student moet begin. Meredith en George O’Malley: Hy is op haar verlief vandat hy haar die eerste keer gesien het, maar sy stel nie belang nie. George en Callie ( Sara Ramirez): Die tweetjies het ná George se pa se dood in Las Vegas afgehaak. Izzie en George: Hulle het kort ná sy troue met Callie begin kafoefel.

Mark en Lexie: Ná daardie rampspoedi­ge vliegongel­uk sterf die twee kort ná mekaar. Alex en Jo (Camilla Luddington): Hulle is mal oor mekaar, maar daar is talle komplikasi­es. Bailey en Ben: Hulle is getroud, maar sy is die hoof van chirurgie en hy is net ’n studentedo­kter. Richard en Catherine Avery (Debbie Allen): Daar is ’n vonk tussen hulle en hulle trou, maar sy is te baasspeler­ig na sy sin.

Callie en Arizona: Twee vroue wat trou, was die vervaardig­er Shonda Rhimes se manier om huwelike tussen mense van dieselfde geslag in Amerika te steun.

Jackson (Jesse Williams) en April: Hulle het passievoll­e seks, trou en kry ’n baba, maar die baba sterf en hul verhouding vou. Hulle sien min van mekaar toe April in ’n oorlogsone gaan werk en eers ’n jaar later terugkeer. Toe sy terug is, probeer hulle die huwelik red, maar baklei aanhoudend en besluit om te skei. April was toe swanger. Owen en Amelia (Caterina Scorsone): Daar is talle struikelbl­okke op hul pad kansel toe en ook nadat hulle getroud is. Amelia laat die woord “gekomplise­erd” nuwe betekenis kry; arme Owen leef maar swaar. Meredith en Cristina: Al is dr. Yang Switserlan­d toe, weet ons almal sy is Meredith se beste vriendin e en haaraa sielsge sielsgenoo­t. oot.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa