Huisgenoot

12 WETENSWAAR­DIGHEDE

-

Die reeks se oorspronkl­ike titel was – heel gepas – Complicati­ons.

Daar is twee buitelands­e verwerking­s van Grey’s Anatomy gemaak: Doktorlar (Dokters), ’n Turkse TV-reeks met vier seisoene, en A Corazón Abierto (Openhartig), ’n Colombiaan­se telenovell­e van 160 episodes.

Beesorgane word vir operasieto­nele gebruik. Sarah Drew, wat April Kepner speel, sê dit ruik “walglik en maak ons almal naar”.

Skaapbrein word gebruik wanneer “breinopera­sies” kastig uitgevoer word.

Isaiah Washington, wat Preston Burke speel, het byna die rol van McDreamy vertolk. Isaiah het in 2007 die trekpas gekry nadat hy homofobies­e aanmerking­s teenoor T.R. Knight (George O’Malley) kwytgeraak het.

Rob Lowe het nee dankie gesê vir die rol van McDreamy om in Dr. Vegas te speel. Dié reeks is ná net sewe episodes van die lug af.

Die slotepisod­e van die derde seisoen was die episode van Grey’s Anatomy met die hoogste kykertal – 22,57 miljoen Amerikaans­e kykers het gekyk hoe Preston Cristina voor die kansel los.

Jesse Williams, wat Avery Jackson speel, was ’ n hoërskoolo­nderwyser voor hy akteur geword het.

Shonda Rhimes het die term “vajayjay” aan die wêreld bekendgest­el nadat ateljeebas­e gekla het dat die woord vagina te dikwels in die reeks gebruik word.

Kate Burton, wat Meredith se ma, Ellis Grey, speel, is die legendarie­se akteur wyle Richard Burton se dogter.

Shonda wou die reeks in haar tuisstad, Chicago, laat afspeel, maar het op Seattle besluit omdat die dramareeks ER reeds om ’ n hospitaal in Chicago wentel.

Aanvanklik het die reeks se skeppers beplan Miranda Bailey sou “’n petite blondine met krulhare” wees.

 ??  ?? Die karakter Miranda Bailey (Chandra Wilson) sou aanvanklik ’n petite blondine gewees het.
Die karakter Miranda Bailey (Chandra Wilson) sou aanvanklik ’n petite blondine gewees het.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa