Huisgenoot

INKONK? NEE, NET ÁL STERKER

Lance KlusenerK se eks wen nou spierbousp­ierbouprys­eupryse nadnadat sy vir haar ’n nuwe lyflyyf geskep hethe

- Deur MARELIZE POTGIETER

SY YWASWAS die pragtige blon blondine wie se wêreld ineengesto­rt het toe die legendarie­se krieket speler Lance Klusener haar vir ’n ander vrou los.

Maar vandag is Isabelle Klusener ( 41) ’n ystervrou, letterlik en figuurlik, want die spiere, bulte en blokkies op haar ferm arms en maag vertel ’n verhaal van dissipline, deursettin­gsvermoë en dryfkrag. Daarby spog sy met haar eerste medaljes in ’n liggaamsbo­ukompetisi­e.

“Dit gaan goed met my,” sê Isabelle in haar huis in die Kaap, waarheen sy net meer as ’n jaar gelede uit Durban verhuis het. En ja, sê sy syy met ’n vonkel in haar oog, oog,g, die beste maniermman­ier om “wraak te neem” op haaarhaar eksman was om vir haarself die volmaakte lyf uit te beitel. “Almaal “Almal dink mos jy gaan in duie stort, maar nie ek nie; ek is ’n vegter.”

Haar oë glinster, glinster,g haar gesonde vel straal sttraal en haar wit uitrusting beklemtoon­b beklemtoon haar perfekte bruuin bruin arms en bene. Aan die binnekantb­innnekant van haar arms sien ’n mens die are deur haar haarr vel skyn, tekens dat sy syy 22 22per-persent liggaammsv­et liggaamsve­t tot net 11 per- peersent vermin- verminnder het.

Die skok van haar man se affair het haar haarr getref toe een van haar kinders haar daaar-daarvan vertel enkele ennkele weke nadat nadaat die gesin in Juulie Julie 2015 van ’n oorsese vakansie teruggekee gekeerr het ( Lance Kluseener Klusener se Isabelle ‘gebroke oor affair’, 29 Oktober 2015). SyySy het Lance gekonfront­eer.kkonfronte­er. Al heth het hy dit eers ontken,kken, het hy gesê hyyhy is ongelukkig­on gelukkig enn en wil die huwelik beëëindig.beëindig. Drie kinders is geboree bore uit hul huwelik van 15 jaar.

Buite blaf Ozzie die rottweiler ’n vriendelik­e waarskuwin­g na die besoekers se kant toe dat hy enigiets sal doen om hierdie enkelma en haar drie kuikens te beskerm. “Hy is regtig die beste sekuriteit,” sê Isabelle; “hy blaf vir die geringste dingetjie.”

Buiten dat Isabelle die stukkies van haar lewe opgetel en na ’n ander stad verhuis het, het sy ’n ekstra huppel in haar stap ná haar prestasie op Maart se Conrad Nagel Xtreme Classic-byeenkoms. Dit was haar eerste liggaamsbo­ukompetisi­e en sy het sowaar tweede gekom in die bikini-fiksheidsa­fdeling vir beginners. “Ek voel wonderlik. Dit was soms

‘Ek moes die kinders net uit daardie hele situasie kry met al die geskinder’

moeilik, maar ek het so iets nodig gehad.”

Die naweek daarna het sy aan die Muscle Dynamix Classic deelgeneem en tweede gekom in die kategorieë vir vroue bo 30, asook in die afdeling vir vroue korter as 1,63 m. Isabelle sê sy sou nie dié wonderlike prestasies sonder haar afrigter, Mark Fox, kon behaal nie. Sy is ook vol lof vir haar dieetkundi­ge, Mariska Nel.

Sy het verlede jaar aan die Kaapstadma­rathon deelgeneem, maar toe sy daarna sonder ’n doelwit sit en van ’n paar kilogramme wou ontslae raak, het sy besluit om vir ’n liggaamsbo­ukompetisi­e te begin oefen.

Vroueligga­amsbouers was nog altyd vir haar inspireren­d, maar sy sê sy het nooit gedink sy sou haar lyf so kon verander nie. Sy het egter deurgedruk, en haar harde werk werp duidelik vrugte af.

Tussen die aanpassing in ’n nuwe stad, kinders rondry en voltyds ma-wees deur kon Isabelle haar voorkoms die afgelope sewe maande merkwaardi­g herskep. “Ek voel nou gemaklik in my eie lyf.”

AL HET sy vroeër onder meer ballet, moderne dans en klopdans gedoen en baie tyd op die verhoog deurgebrin­g, het die senuwees maar geknaag toe sy in die kompetisie op die verhoog moes uitstap.

Dit verg baie voorbereid­ing, vertel Isabelle. Benewens die weke en weke se geoefen in die gim, ses dae per week, moet sy ook reg eet.

“Liggaamsbo­uers eet baie, maar geen gemorskos nie. Mense dink ons honger onsself uit, maar dis nie waar nie. Ons eet elke twee uur en een keer per week mag jy oortree en eet net waarvoor jy lus het.”

Voor Isabelle die uitdaging aangepak het, het sy 54 kg geweeg. Sy het eers 5 kg verloor en toe weer vier aangesit, alles spiermassa.

In die week voor die kompetisie volg die meeste vroue streng reëls oor wat hulle eet en drink. Isabelle het dit nie voor die eerste kompetisie gedoen nie, maar met ons besoek was sy daarmee besig vir die kompetisie wat die volgende naweek sou plaasvind.

“Hulle noem dit jou piekweek. Dis hel. Jy drink tot 7 L water per dag. Jy begin met 4 L, verhoog dit tot ses, en dan sewe, en dan weer vier, tot een, tot niks . . . Jy mag geen koffie, versoeter of suiwel inneem nie en jy gebruik geen aanvullers nie. Jy maak jouself skoon en alles word gedoen om maerder te lyk.”

Isabelle sê sy het verwag daar is dalk katterighe­id tussen die vroue wat deelneem, maar sy is aangenaam verras. Almal was baie ondersteun­end, en sy het selfs vriende gemaak.

Haar drie kinders was ook in die gehoor toe sy die eerste keer ’n tweede plek behaal, en sy kon sien hoe trots hulle is. “Hulle het nie eintlik voorheen geweet waarmee ek besig was nie.”

Isabelle se dogter kom ná skool tuis en gaan speel rustig saam met haar broer in die agterplaas by die swembad. Die kinders vertrek die volgende dag na Lance (45). Isabelle sê al is dit nie aldag lekker wanneer hulle Durban toe gaan nie, weet sy dit is belangrik dat hulle hul pa sien.

Sy het gevoel dit was die regte besluit vir haar en die kinders om in die Kaap ’n nuwe begin te maak. Sedert hulle in die gesellige klinkerste­enhuis in Constantia kom nesskop het, gaan dit sommer stukke beter.

“Ek dink ek sou doodgegaan het as ek in Durban aangebly het; selfs met die kinders. Ek moes hulle net uit daardie hele situasie kry met al die geskinder en mense wat oor jou praat. Hier gee niemand om nie.

“Die skuif was moeilik en vinnig. Maar ek het nog altyd baie dinge op my eie gedoen; dit was nie regtig vir my nuut nie. Dis asof dinge net aangegaan het soos dit was, maar ek stel myself nou eerste.”

Isabelle sê van smiddae eenuur af is sy in die kar met die kinders om te sorg dat hulle by hul sport en buitemuurs­e aktiwiteit­e uitkom.

Sy erken sy beleef nog moeilike dae en frustrasie­s, soos dat Lance nie altyd daar is om te sien in watter goeie krieketspe­lers hul seuns ontwikkel nie. Maar dan gaan sy gim toe, waar sy gelukkig is om wonderlike vriende te hê.

Al het sy en Lance nie juis kontak nie, hoor sy hy en die vrou met wie hy haar verkul het, is nog bymekaar. Isabelle, daarenteen, het nog nie weer iemand in haar lewe toegelaat nie.

“Ek sal weet wanneer die regte een kom, maar hoekom moet ek my lewe onnodig ingewikkel­d maak? Dis ook moeilik met die kinders; jy kan nie net heeltyd ’n nuwe mens in hul lewe inbring nie.”

Mis sy hom? “Dit klink vreeslik om te sê, maar ek dink nie so nie, want ek is nou regtig gelukkig.”

Die egskeiding was vir haar traumaties oor die affair wat Lance gehad het, vertel sy. “Ek was kwaad en seergemaak, maar namate ek begin konsentree­r het op my kinders en op wat ek geniet, het die woede en pyn soort van weggegaan.”

Kom wat wil, dit gaan duidelik meer as ’n egskeiding verg om Isabelle Klusener onder te kry; inteendeel, sy sal uitstyg met haar perfekte bikinilyf en positiewe houding – en nog lank ander vroue se bewonderin­g afdwing.

 ??  ?? HOOFFOTO: Isabelle Klusener in haar huis in Kaapstad. HEEL LINKS: Saam met Lance en hul kinders voor hul egskeiding. LINKS ONDER: Isabelle met haar eerste medalje.
HOOFFOTO: Isabelle Klusener in haar huis in Kaapstad. HEEL LINKS: Saam met Lance en hul kinders voor hul egskeiding. LINKS ONDER: Isabelle met haar eerste medalje.
 ??  ?? Isabelle op die verhoog tydens haar eerste liggaamsbo­ukompetisi­e. Sy sê die senuwees het geknaag.
Isabelle op die verhoog tydens haar eerste liggaamsbo­ukompetisi­e. Sy sê die senuwees het geknaag.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa