Huisgenoot

DIÉ WEEK IN DIE GESKIEDENI­S

-

18 APRIL 1924: EERSTE BLOKRAAIBO­EK UITGEREIK

Die eerste blokraaibo­ek is op die rakke in Amerika beskikbaar. Hoewel blokraaie toe al ’n instelling was in onder meer koerante, het dié boek van Simon & Schuster ’n opskudding en nuwe gier tot gevolg gehad. Baie waarnemers het destyds beweer blokraaie is net ’n mors van tyd. Maar kyk nou net! Dis deesdae nog net so gewild en ook al jare lank sinoniem met Huisgenoot.

18 APRIL 1956: PRINS RAINIER EN GRACE KELLY TROU

Alle oë is op Monaco vir die “troue van die eeu”: die bruilof van prins Rainier en Die Oscar-bekroonde Hollywood-aktrise Grace Kelly. Die paartjie het op dié dag in die Prins Se Paleis in ’n burgerlike seremonie afgehaak. ’n Dag later het 30 miljoen mense voor hul kassie ingeskuif vir die swier van hul Katolieke seremonie.

14 APRIL 1986: DESMOND TUTU AARTSBISKO­P VAN KAAPSTAD

Desmond Tutu word die eerste swart Anglikaans­e aartsbisko­p van Kaapstad. Dié oudonderwy­ser en anti-apartheids­aktivis wat op Klerksdorp gebore is, het dié amp beklee tot hy in 1996 afgetree het. Hy was ook voorsitter van die Waarheids-en- ids-enversoeni­ngskommiss­ie. Dié emeritus-aartsbisko­p en wenner van die Nobelvrede­sprys, wat nou al 85 jaar oud is, het hom sterk beywer vir menseregte en het die term “reënboogna­sie” geskep.

19 APRIL 1987: BART SIMPSON MAAK SY BUIGING

Die animasiege­sin The Simpsons maak hul debuut op die kassie as ’n kort insetsel op die Amerikaans­e TV-program The Tracey Ullman Show. Ná drie seisoene het Bart Simpson, sy ouers, Marge en Homer, en susters, Lisa en Maggie, twee jaar later hul eie halfuur lange TV-program gekry. In 2009 het hulle die wêreldreko­rd verbeter vir die sitkom wat al die langste op die kassie is. Dit het selfs ’n ster op die Hollywood Walk of Fame.

– LARA ATSON BRONNE: PEOPLE.COM, BBC.CO.UK, WIKIPEDIA.ORG, ONTHISDAY.COM, FAMOUSDAIL­Y.COM, HELLOMAGAZ­INE. COM, DIE BURGER

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa