(Van vorige bladsy)
ker dinge, jonk en op die kruin van my sukses; tog het jy my niks van jou moeilike lewe vertel nie.
Soms het ek kom kuier of jou uitgeneem vir ete en vir jou ietsie gekoop, maar net wanneer ek lus was. Vandag weet ek hoe moeilik jou lewe was. Ek is nou op dieselfde plek waar jy was. My lewe het skeefgeloop.
Ek is bang om te ry omdat die kar kan breek, en ek probeer die laaste bietjie tandepasta rek.
Ek is bang iemand kom kuier, want ek het niks om aan te bied nie. Ek is bang die meubels breek onder hulle, en bang iemand sien hoe gedaan my klere is.
Ek is so bly wanneer iemand vir my ietsie bring, maar voel terselfdertyd so skuldig.
Mamma, ek besef nou hoe jy moes sukkel. Ek wens ek het dit toe al geweet sodat ek die lewe vir jou ’n bietjie makliker kon gemaak het. AI, MAMMA
BESKAAFDHEID GEE DEURSLAG
By die kitsbank hou ek agter ’n motor op die parkeerplek vir gestremdes stil. Die twee mans wat daar parkeer het, sit op die kattebak en lyk perdfris. Ek besef toe ek sal nou baie diplomaties moet wees.
Ek klim uit en vra vriendelik of hulle asseblief hul motor sal skuif sodat my blinde passasier makliker toegang tot die kitsbank kan kry. Hulle lyk effens verbaas en onthuts, maar stem in.
Dis eers toe hulle toekyk hoe ek my blinde vriend uit die motor help, hom die sypaadjie oplei en na die kitsbank stuur dat hulle reageer.
Hulle vra verskoning en ek bedank hulle vir hul samewerking. Geen harde woorde nie; geen selfoonvideo’s nodig om konflik te verfilm nie.
Benader situasies met oorleg en beskaafdheid; miskien sal iemand twee maal dink voor hy weer onwettig ’n parkeerplek vir gestremdes gebruik. BEVOORREG