Huisgenoot

Steun vir pasgetroud­e Karlien

-

Hoe pragtig beskryf Karlien van Jaarsveld haar seer van die verlede (So geseënd met dié 2de kans, 6 April)! Ook haar geluk en wie sy werklik is: plat op die aarde en vol liefde en geloof. Blommekind, jy weet waar jou seëninge, talente en liefde vandaan kom, en dis al wat saak maak. Jy het nie nodig om almal te oortuig nie.

Ek deel in jou vreugde. Jy is ’n voorbeeld vir vele, ook vir my. Loop in die spore wat vir jou uitgetrap is, want jy doen dit goed. Die Here en dié wat jou liefhet, sal altyd aan jou kant wees. BEWONDERAA­R

Karlien, jou lewenspad word nie bepaal deur buite-invloede nie, of soos jy dit stel: “Alles wat gebeur het, het gebeur soos dit moes.” Jou lewenspad word bepaal deur die keuses wat jy maak, goed of sleg. Ongelukkig raak jou keuses ook ander na aan jou. SÊ NET

Karlien, ons wens jou liefde, vrede en tonne geluk toe. Jy is ongeloofli­k.

Ek voel jammer vir die mense wat ander so beledig. Hulle het ’n swak selfbeeld. ANITA

Baie geluk aan Karlien en die aktrise Nadia Beukes met die nuwe geluk en liefde wat julle albei gevind het (Lesse oor die steiltes na geluk, 6 April).

Mag dit vir julle albei vir ewig en altyd aanhou. TRUIDA Ag, hoe gaan ons Jerome in die sepie Suidooster mis! Sy stoutgeit en skalkse laggie het die morbiede storie ’n bietjie opgekikker. Waarheen is jy, Jerome? WEGGEWAAI Bobby en Karlien, julle het nog niks gesien nie voor julle en jul TV-kameras die plakkers by die ou hospitaal vir melaatses in Pretoria besoek. Dis die armstes van die armes, mense van alle rasse. Probeer daar uitkom. Dis hartverske­urend! HELP Ek wens ek kon dit vir Corlea self sê: Jy het die mooiste en beste vrouestem wat dié land al opgelewer het. Ek is al oud; ek het al baie gehoor. Daarby het jy die heel mooiste oë. Moet nooit ophou sing nie. RIA Baie dankie vir die artikel oor die Britte wat so suur is oor Wills en Kate (Ag nee, klim af van jul troontjie, 30 Maart). Die twee is lui verby! Kate probeer darem nog, maar Wills is ’n reuse-teleurstel­ling. DORET

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa