Huisgenoot

KYK HOE OULIK IS EK! OF NIE . . .

Spieëltjie, spieëltjie in my hand, wie is s die wonderliks­te in Facebookla­nd? ’n Studie lê uit wat mense se inskrywing­s eintlik beteken Saamgestel deur KIRSTIN BUICK

-

ELKE Facebook-gebruiker ken die storie: Jou nuusvoer word oorstroom met gefilterde foto’s, emoji’s en hutswoorde. Dit is asof elke inskrywing skree: “Kyk na my! Kyk na my kinders! Kyk na my lewe! Kyk net hoe wonderlik is ek!” Dis baie maklik om die kiekies sommerso te glo en ewe maklik om groen van jaloesie daaroor te raak. Om te voel jou pelle met hul skattige kroos, wonderlike beroep en manlief wat altyd ’n hand bysit met die huishoudin­g is so #blessed.

Maar hokaai . . . voor jy daai plak sjokolade verslind om beter te voel, het jy al ooit stilgestaa­n en gedink wat hierdie “vriende” dryf om iets op Facebook te deel wat eintlik ’n privaat gesinsoomb­lik behoort te wees? Wat het geword van die dae toe nederighei­d as ’n deug beskou is? Is hulle nie dalk ’n bietjie te selfbehep en windmakeri­g nie?

In baie gevalle is die antwoord waarskynli­k ja. In ’n onlangse studie deur we- tenskaplik­es aan die Brunel-universite­it siteit in Londen is bevind “vriende wat selftevred­e in die sosiale media aandui wanneer hulle in die gim is of spog met t hulul jongste #banting-skepping in die kom kombuis, is waarskynli­k narsiste.

“Narsiste se gebruik van Facebookok vir aandag en erkenning beteken hullle is meer geneig om almal in te ligg oor hul prestasies, dieet en oefennroet­ine,” het navorsers bevind.

En jou passief-aggressiew­e klik op die “hou van”-knoppie streel hul ego enn moedig hulle net aan. “Hoewel onss resultate wys narsiste se gepronk k werk omdat meer mense op die ‘houu van’-knoppie by hul inskrywing­s klikk en kommentaar lewer, kan dit ookok wees dat Facebook-vriende beleef steun teun betoon, maar heimlik die egoïstiese e ver-

toneryton verpes,” sê dr. Tara Marshall, hoofnavors­er.nav MaarM daar is ’ n ander kant van die munt:mu Sommige gebruikers wat te veel inligtingi­nli deel, soek om heel ander redes na selfbevest­iging. NavorsersN aan die Northweste­rn-universite­itver in Illinois, Amerika, het gefokus op daardie oorywerige gebruikers wat gedurigged inligting oor hul verhouding deel – en hul bevindings was interessan­t. DieD #soinlove paartjies wat daardie ongemaklik­gem intieme soenselfie­s en stroperige inskrywing­s deel, word dalk deur onsekerhei­dons daartoe gedryf. HulH angstighei­d oor hul maat noop hulleh om iets te vestig wat “verhouding­sigbaarhei­d” genoem word. Dis basies die behoefte om vir al wat leef en beef te herinner hulle het inderdaad ’n verhouding met iemand. “Mense is geneig om hul verhouding daagliks sigbaar te maak wanneer hulle onseker voel oor hul maat se gevoelens,” is in die studie bevind. “Hierdie studie beklemtoon die rol wat

 ??  ?? Wanneer jy deur jou nuusvoer kyk, lyk jou Facebookvr­iende se lewe dalk perfek – maar daar is ’n storie agter daardie irriterend­e en stroperige inskrywing­s. John en Julie is in ’n verhouding. WAT HULLE EINTLIK BEDOEL “Ek hoop van harte my eks sien dit.” *Aangemeld in Doha* “So moeg ná die lang vlug na Doha. Nog een vlug om te gaan – en daarna vergaderin­gs, vergaderin­gs, vergaderin­gs! *emoji*”
Wanneer jy deur jou nuusvoer kyk, lyk jou Facebookvr­iende se lewe dalk perfek – maar daar is ’n storie agter daardie irriterend­e en stroperige inskrywing­s. John en Julie is in ’n verhouding. WAT HULLE EINTLIK BEDOEL “Ek hoop van harte my eks sien dit.” *Aangemeld in Doha* “So moeg ná die lang vlug na Doha. Nog een vlug om te gaan – en daarna vergaderin­gs, vergaderin­gs, vergaderin­gs! *emoji*”
 ??  ?? “So“S verlief op my liefling! Dankie dat jy deur dik ene dun daar is vir my en al my nukke so mooi hanteer. Ek het jou lief! #sielsgenot­e #viraltyd #liefde #verhouding­sdoelwitte #geseënd” *Om 06:30 op kantoor aangemeld.* * “Terug by die werk ná net vyf uur se slaap! Die verslae gaan nie hulself skryf nie. e. #riseandgri­nd #terugbywer­k” “Vanaand se heerlike, gesonde aandete! Keker-ertjies en gestoomde groente *emoji* #minkoolhid­rate #banting #gesond #fitspo #eetskoon”
“So“S verlief op my liefling! Dankie dat jy deur dik ene dun daar is vir my en al my nukke so mooi hanteer. Ek het jou lief! #sielsgenot­e #viraltyd #liefde #verhouding­sdoelwitte #geseënd” *Om 06:30 op kantoor aangemeld.* * “Terug by die werk ná net vyf uur se slaap! Die verslae gaan nie hulself skryf nie. e. #riseandgri­nd #terugbywer­k” “Vanaand se heerlike, gesonde aandete! Keker-ertjies en gestoomde groente *emoji* #minkoolhid­rate #banting #gesond #fitspo #eetskoon”

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa