Huisgenoot

STOKBROOD MET GEKARAMELL­ISEERDE KANEELSUIK­ER

-

“Op Oudtshoorn, by die KKNK, het ek Hongaarse skoorsteen­koek ontdek. Dit het my geïnspiree­r om gewone stokbrood ’n nuwe baadjie te gee.” LEWER 10 STOKBRODE Bereiding: 20 min. Rys: 30 min. Gaarmaak: 10-15 min. Afkoel: 5 min. 300 ml warm water 30 ml (2 e) suiker 1 x 10 g-pakkie kitsgis 925 ml (500 g) wit

broodmeel 5 ml (1 t) sout 15 ml (1 e) olie 10 houtstokki­es van 30 cm lank 30 ml (2 e) gesmelte botter 120 ml (½ k) kaneel

suiker

Plaas die water, suiker en gis in ’n maatbeker en meng met ’n draadklits­er tot die gis opgelos het.

2 Meng die meel en sout in ’n elektriese menger se bak. Maak ’n holte in die middel en voeg die gismengsel en olie by.

3 Gebruik die deeghaak en meng 3 min. teen lae spoed. Knie nog 6 min. teen matige spoed tot die deeg glad en elasties is.

4 Besmeer ’n mengbak liggies met olie, plaas die deeg daarin en bedek met ’n plastieksa­k. Laat die deeg sowat 30 min. op ’n warm plek rys tot dubbel die volume.

5 Knie die gerysde deeg af en verdeel in 10 balle van 85 g elk. Bedek met ’n klam vadoek sodat dit nie uitdroog nie.

6 Plaas ’n deegbal op ’n meelbestro­oide werkopperv­lak en rol met jou vingerpunt­e uit in ’n wors sowat 20 cm lank. Rol met ’n rolstok plat. Haak die punt van die deeg aan die bokant van die houtstok en draai in ’n spiraal om die stok. Herhaal met al die deegballe.

7 Braai oor matig warm grys kole. Draai gereeld tot die stokbrood net begin verkleur. Haal van die kole af. Smeer met die botter en sprinkel die kaneelsuik­er oor.

8 Braai nog oor kole tot goudbruin en tot die suiker gekaramell­iseer het. Wanneer gaar, sal die stokbrood maklik van die stokke afskuif.

9 Laat 5 min. afkoel en sit voor. S

 ??  ??
 ??  ?? UITGERYS – SUURDEEGEG­BAK DEUR MARELI VISSER; FOTO’S: MARELI VISSER (HUMAN & ROUSSEAU, R225*)
UITGERYS – SUURDEEGEG­BAK DEUR MARELI VISSER; FOTO’S: MARELI VISSER (HUMAN & ROUSSEAU, R225*)

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa