Huisgenoot

NUTELLABRO­OD

-

“Dié brood is ’n sjokoladel­iefhebber se kos.” LEWER 8 PORSIES Bereiding: 30-35 min. Rys: 1 uur Bak: 20 min. 300 ml melk 30 ml (2 e) botter 1 x 10 g-pakkie kitsgis 850 ml (455 g) koek

meel 80 ml (¹⁄₃ k) suiker ’n knippie sout 2 eiergele, geklits 1 x 350 g-fles Nutella 2 eierwitte, geklits Voorverhit die oond tot 180 °C. Voer ’n bakplaat met bakpapier uit.

1 Verhit die melk en botter tot louwarm en sprinkel die gis oor. Meng en laat staan 5 min.

2 Meng die koekmeel, suiker en sout in die elektriese menger se bak.

3 Gooi die melkmengse­l en eiergele by die meelmengse­l in die mengbak. Gebruik die deeghaak en meng 3 min. teen lae spoed. Knie nog 7 min. teen matige spoed tot die deeg elasties is.

4 Bedek die mengbak met ’n plastieksa­k en laat die deeg sowat 40 min. op ’n warm plek rys tot dubbel die volume.

5 Keer die deeg op ’n meelbestro­oide werkopperv­lak uit en vorm 4 ewe groot balle. Knyp die onderkant van elke bal styf vas. Bedek met ’n klam vadoek en laat 5 min. rus.

6 Rol ’n deegbal uit om ’n sirkel met ’n deursnee van 25 cm te vorm (gebruik ’n bord en sny die sirkel netjies). Lig versigtig en plaas ’n deegsirkel op ’n bakplaat. Smeer ¹⁄₃ van die Nutella oor die deeg.

7 Rol die volgende bal uit om ’n sirkel van dieselfde grootte te vorm. Plaas bo-op die eerste deegsirkel en smeer nog ¹⁄₃ van die Nutella oor. Rol en sny die derde deegbal en plaas bo-op die sirkel. Smeer die laaste ¹⁄₃ van die Nutella op die deeg. Herhaal die rol-en-snyery nog een keer om te eindig met ’n sirkel sonder Nutella op.

8 Gebruik ’n skerp mes en sny die deeglae in 16 ewe groot dele (sny die sirkel eers in 4 gelyke dele, dan in 8 en daarna in 16), maar los ’n ongesnyde sirkel van 5 cm in deursnee in die middel van die deeglae. Vleg 2 aangrensen­de dele deeg vir 3 draaie saam en druk liggies vas. Herhaal met die volgende 2 dele deeg en hou aan tot al die dele deeg saamgedraa­i is. Bedek met ’n besmeerde plastieksa­k en laat 15 min. rys.

9 Smeer die gerysde deeg met die eierwitte. Bak 20 min. of tot goudbruin en gaar.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa