Huisgenoot

JOU BELEGGINGS EN JOU ERFGENAME

Wie vind baat by jou beleggings die dag wanneer jy sterf, en hoe word hulle daarop belas?

- Deur LETITIA WATSON Stuur voorstelle en versoeke na geldsake@huisgenoot.com. E-posse sal sover moontlik in die rubriek beantwoord word en nie persoonlik nie.

AFTREEFOND­SGELD

Ingevolge die Wet op Pensioenfo­ndse besluit die trustees van ’n aftreefond­s hoe jou voordele verdeel word. Die trustees kry 12 maande om jou afhanklike­s op te spoor en te besluit aan wie dit uitbetaal word. Hulle besluit ook hoeveel elke afhanklike kry. Dit word gedoen al het jy begunstigd­es benoem. Jou begunstigd­es sal in ag geneem word, maar die trustees moet seker maak dis ’n regverdige verdeling. Die pensioenvo­ordeel is nie deel van die boedel nie en word dus so teen krediteurs beskerm.

ANNUÏTEITE

As jy ’n lewende annuïteit het, kan die oorblywend­e beleggings­waarde aan jou begunstigd­es nagelaat word. Dit word nie deel van die boedel nie en is nie onderworpe aan boedelbela­sting en eksekuteur­sfooie nie. Dit kan wel deel van die boedel word as jy nie begunstigd­es benoem het nie of as jou begunstigd­es nie opgespoor kan word nie. Gewaarborg­de annuïteite eindig gewoonlik wanneer jy sterf en niks word dan oorgedra nie, sê Thandi Ngwane van Allan Gray.

EFFEKTETRU­STS

Die belegging word deel van jou boedel wanneer jy sterf. Dit beteken dit is onderworpe aan boedelbela­sting en word nie beskerm teen mense of maatskappy­e aan wie jy geld skuld nie. Die eksekuteur van jou boedel sal al jou bates, soos die geld in die belegging, verdeel om jou skuldeiser­s en erfgename te betaal. Die beleggings­maatskappy betaal gewoonlik die belegging uit volgens die eksekuteur se aanwysings nadat die maatskappy ’n sterfteken­nisgewing ontvang het.

LEWENSPOLI­SSE

Die opbrengs word regstreeks aan die begunstigd­es uitbetaal. Omdat dit nie deel van die boedelbere­ddering is nie, word eksekuteur­sfooie nie gehef nie. Dis nie waar dat boedelbela­sting nooit op lewenspoli­sse gehef word nie. As jy dit aan ’n oorlewende gade nalaat, word boedelbela­sting nie betaal nie, maar ander begunstigd­es kan wel belas word. Vra jou adviseur of jou begunstigd­es boedelbela­sting sal moet betaal. As jy nie begunstigd­es benoem nie, is dit deel van jou boedel.

‘Jy leer eers iemand behoorlik ken die dag dat julle ’n erflating moet deel’ – DIE SWITSERSE DIGTER JOHANN KASPAR LAVATER ( 1741- 1801)

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa