Huisgenoot

NUWE DVD’S

-

HOENER MET DIE ROOI SKOENE

★★★ 2017. 105 min. 10-12OTG. Misdaadkom­edie. Kapt. Hendrik Greyling (Louw Venter) is die ondersoekb­eampte in verskeie moordsake waar lyke verskyn en verdwyn. Dié humoristie­se speurverha­al slaag grotendeel­s, maar wel vir ’n beperkte gehoor. Hoener met die Rooi Skoene is nie die legendarie­se rolprent vervaardig­er Koos Roets se beste werk nie. Vergelyk dit byvoorbeel­d met sy meesterlik­e ’n Pawpaw vir My Darling (2015) asook die deernisvol­le Faan Se Trein (2014). Nogtans is Hoener stukke beter as van die talle kougom-romkoms wat die silwerdoek so gereeld vervuil.

In sy jongste maak Roets gebruik van ’n rolprentst­yl wat ’n mens laat dink aan die flieks van die 1970’s, waar die omvangryke dialoog so geskryf is dat dit die aksie moet verduideli­k. Dis dalk te verstane, want Hoener se draaiboek is gegrond op een van Roets se eerste flieks, Babbelkous en Bruidegom (1974).

Die eerste paar minute van Hoener met die Rooi Skoene, met’ n polisiehel­ikopter-jaagtog (te min spanning) en ’n operatonee­l (te lank), skep ongelukkig nie die nodige wegspringp­lek om die aandag te behou nie. Nogtans sal ouer kykers die fliek baie geniet waar die humor in die dialoog opgesluit lê. Tieners sal dit egter nie snap nie. Ook met Lizz Meiring, Lida Botha en Deon Lotz. – JACO HOUGH- COETZEE

ABSOLUTELY FABULOUS: THE MOVIE

★★★ 2016. 93 min. 13DT. Komedie. R129*. Die legendarie­se TV-reeks het eindelik sy eie fliek gekry. Eddy (Jennifer Saunders, wat ook die draaiboek geskryf het) en Patsy (Joanna Lumley) is in hul 60’s en die bemarkings­firma spartel. Dan probeer Eddy vir Kate Moss as kliënt kry, maar slaag daarin om die supermodel te laat verdrink. Al die ou gesigte is terug, onder andere Saffy (Julia Sawalha) en Bubble (Jane Horrocks), terwyl ’n hele spul glansmense ’n kameeversk­yning maak. Die belaglike storie voel meer soos ’n baie lang episode van die TV-program, maar vir aanhangers is dit onontbeerl­ik. – WILLEM MÖLLER

THE INFILTRATO­R

★★★ 2016. 122 min. 16TG. Ware misdaaddra­ma. R135*. Dié fliek, wat in die 1980’s afspeel, is op ware gebeure gegrond. Dit handel oor die Amerikaans­e doeaneagen­t Robert Mazur (Bryan Cranston). Hy gaan as ’n geldwassen­de sakeman onder die dekmantel om die Colombiaan­se dwelmbaas Pablo Escobar se dwelmhande­lring te probeer infiltreer. Hy maak gou vriende met een van Escobar se voorste handlanger­s, Roberto Alcaino (Benjamin Bratt), wat Mazur dieper by hul wêreld en uitspattig­e leefstyl betrek. Cranston se spel is volmaak, maar plek-plek kom die intensitei­t en gevoel van gevaar kort wat ’n mens sou verwag van ’n storie wa tin die misdaad onderwêrel­d afspeel.–MA X IN E PET ERS

SKIPTRACE

★★★ 2016. 103 min. 7-9OTG. Aksiekomed­ie. R149*. Volgelinge van Jackie Chan kan nader skuif vir dié ligte fliek oor ’n onpaar paar wat ’n misdaadbaa­s tot ’n val moet bring. (Niks nuuts daar nie!) Moenie dat die naam Johnny Knoxville jou afskrik nie. Die gewoonlik kru Johnny van Jackass-faam kwyt hom hier skaflik van sy taak as ’n spoggerige beroepsdob­belaar wat per ongeluk ’n getuie in ’n moordsaak word. Chan (63) tree steeds self in sy vegtonele op; dus weet ’n mens wat om te verwag. Net vir aanhangers. – JOE BOTHA

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa