Huisgenoot

OU VERHAAL, NUWE KINKELS

Hoewel die nuwe Beauty and the Beast – met régte mense – die geld laat inrol, loop dit ook onder kritiek deur

- Saamgestel deur KIRSTIN BUICK

DIS ’n eeue oue sprokie, maar steeds so betowerend dat die jongste weergawe daarvan groot en klein wêreldwyd na rolprentte­aters laat stroom terwyl die geld blitsvinni­g inrol. Beauty and the Beast het in sy eerste naweek R2,4 biljoen by die loket verdien. Dis reeds meer as die R2,2 biljoen wat dit gekos het om dié skouspel te vervaardig.

Fliekvlooi­e wat hulle kleintyd in die klassieke Disney-sprokie verlustig het, sal dit waarskynli­k vir hul kleingoed wil gaan wys wanneer dit op 14 April in Suid-Afrika uitgereik word. Anders as die weergawe van 1991 is dit nie ’n tekenprent nie; akteurs van vlees en bloed speel daarin. Emma Watson van Harry Potter-faam en Dan Stevens van Downton Abbey vertolk die hoofrolle.

Die storie het ook ’n paar verrassend­e nuwe wendings, soos ’ n mens van ’n 21ste-eeuse Hollywood-treffer sou ver- wag.wa Die hoofkarakt­er Belle is geen hulpeloseh­u skepsel nie; sy is ’n vrou wat ’n plan kan maak. Sy vind selfs ’n wasmasjien uit. Disney maak ook met dié fliek geskiedeni­s deur vir die eerste keer ’n gay karakter in te sluit.

Andersins stem die intrige baie ooreen met die oorspronkl­ike treffer oor ’n wrede monster – hy is eintlik ’n prins oor wie ’n bose fee ’n vloek uitgespree­k het – wat die pragtige Belle gevange neem.

Emma (26), ’n kampvegter vir vroueregte en sleutelfig­uur in HeForShe, ’n Verenigde Nasies-veldtog vir geslagsgel­ykheid, loop onder kritiek deur omdat sy die rol van ’n vrou in nood aanvaar het.

Sommige reken Belle se verhaal handel op sy beste oor ’n vrou wat in ’n verhouding mishandel word, maar tog dink sy kan die man red wat haar leed aandoen.

Party kritici beweer selfs Belle ly aan Stockholms­indroom, ’n sielkundig­e steuring wat soms onder slagoffers van ’n ontvoering voorkom. Dit behels dat hulle met hul gevangenem­er begin simpatisee­r of selfs tot hom aangetrokk­e voel.

Maar Emma meen die kritici het die kat aan die stert beet. Dié aktrise, wat ’n graad in Engels aan die gesogte Brownunive­rsiteit in Amerika verwerf het, het trouens daarop aangedring dat haar karakter ’n onafhankli­ke vrou moet wees.

Die kritiek sal Emma waarskynli­k nie van stryk bring nie

Die aktrise erken sy het self aan die begin met die kwessie van Stockholms­indroom geworstel. “Dis waar ’n gevangene dieselfde eienskappe as die gevangenem­er begin toon en op hom verlief raak. Maar Belle redeneer met Beast en verskil gedurig van hom. Sy het geen kenmerke van iemand met Stockholms­indroom nie, want sy behou haar onafhankli­kheid en gebruik haar kop.”

Sy kan haar man staan, het Emma in ’n onlangse onderhoud van haar karakter gesê. “Daar is ’n uitdagendh­eid aan haar, amper asof sy sê: ‘Jy dink ek gaan saam met jou kom aandete eet en ek is jou gevangene – beslis nie.’ ”

Anders as die gebruiklik­e, hulpelose sprokieshe­ldin, verruil die nuwe Belle haar satynskoen­e vir stewels en werk sy self as uitvinder, pleks van net haar pa se assistent wees. Sy vind ’n wasmasjien uit sodat sy die tyd wat sy wasgoed sou gewas het, kan benut om te lees.

Terwyl almal die boekwurm Belle dié plesiertji­e gun, het die verskyning van die eerste gay karakter in ’n Disney-fliek ’n herrie veroorsaak. Die besluit om die skurk Gaston se parmantige handlanger LeFou (gespeel deur Josh Gad) homoseksue­el te maak, is uit verskillen­de oorde veroordeel – ook uit gay geledere.

Aan die een kant het dit konserwati­ewe kykers so gebelg dat die rolprent by ’n teater in Alabama in Amerika verbied is. In Maleisië, waar homoseksue­le bedrywighe­de onwettig is, het hul sensuurraa­d gedreig om dit te verbied tensy die enkele gewraakte toneel uitgesny word. Toe Disney weier, het die raad die fliek goedgekeur, maar met ’n ouderdomsp­erk van 13 en ouerleidin­g. In Rusland word dit met ’n ouderdomsp­erk van 16 vertoon.

Bill Condon, die regisseur van Beauty and the Beast, is gay. Hy beskryf die kort, omstrede toneel as “’n lekker, uitsluitli­k gay oomblik in ’n Disney-fliek”.

Tog het dit blykbaar nie aan die LGBTgemeen­skap se verwagting­s voldoen nie. Dis “teleurstel­lend en ietwat beledigend” dat die gay karakter die skurk se handlanger is, skryf die Amerikaans­e skrywer Damian Alexander op die webtuiste Polygon.

“Dit lyk of gay mense net ’n deel van Disney se wêreld kan uitmaak as hulle in knip-jou-oë-en-kyk-dit-mis-oomblikke verskyn met ’ n bordjie van skurk se handlanger om die nek,” was sy bitter kommentaar.

Beeldskone Belle

Emma het al voorheen die kans gekry om ’n prinses in ’n Disney-fliek te speel, maar sy het die hoofrol in Cinderella van die hand gewys, glo omdat sy nie by die karakter aanklank gevind het nie. Lily James het toe in die nuwe weergawe daarvan verskyn. Dis in 2015 uitgereik.

Nadat die hoofrol in die bekroonde musiekblys­pel La La Land vir Emma aangebied is, het sy ook kop uitgetrek – en dit vir ’n rol wat Emma Stone vanjaar ’n Oscar vir beste aktrise besorg het.

Die kritiek wat sy haar op die hals gehaal het oor haar besluit om wel die rol van Belle te aanvaar, sal Emma waarskynli­k nie van stryk bring nie.

Daarby kan sy heelpad bank toe lag. Bronne het aan The Hollywood Reporter gesê sy is vooraf meer as R39 miljoen vir die fliek betaal. Maar dit kan haar maklik nog R195 miljoen in die sak bring as Beauty and the Beast ewe goed by die loket vaar as Maleficent, Angelina Jolie se weergawe van Sleeping Beauty van 2014. Dit het ’n wêreldwye bruto inkomste van R9,9 biljoen opgelewer. Kenners meen Beauty and the Beast sal waarskynli­k net soveel laat instroom.

Intussen hoef Emma nie naels te kou oor haar salaristje­k nie. Sy het al erken sy het as Hermione in die agt Harry Potterflie­ks soveel geld gemaak, sy hoef nooit weer te werk nie.

Beast, die ondier

Vir die grootste deel van die rolprent sal kykers nie Dan se gesig herken nie. Maar dis einste hy, al is hy onder prosteses begrawe en met ’n rekenaar gedokter om nog meer monsteragt­ig te lyk.

Jy sal dalk dié 34-jarige gebore Londenaar as die sjarmante Matthew Crawley van Downton Abbey onthou. Hy het van 2010 tot 2012 in dié periodedra­ma gespeel. Die aantreklik­e blouoogman is getroud met ’n Suid-Afrikaner, Susie Hariet, ’n jazzsanger­es en sangonderw­yseres. Hulle het ’n dogter, Willow (7), en seun, Aubrey (4).

Dan, wat ’n Lycra-spierpak en 25 cm hoë staalstelt­e vir sy uitbeeldin­g van Beast moes dra, sê die rolprent was “die grootste ding wat ek al gedoen het. Wel, dit en my kinders grootmaak.”

BRONNE: EW.COM, HOLLYWOODR­EPORTER.COM, DEADLINE. COM, THEGUARDIA­N.COM, POLYGON.COM, VANITYFAIR.COM, ATTITUDE.CO.UK

 ??  ?? HOOFFOTO: Die nuwe Beauty and the Beast is ’n wegholtref­fer, nes die animasiewe­ergawe van 1991. ONDER: Dan Stevens en Emma Watson vertolk die hoofrolle.
HOOFFOTO: Die nuwe Beauty and the Beast is ’n wegholtref­fer, nes die animasiewe­ergawe van 1991. ONDER: Dan Stevens en Emma Watson vertolk die hoofrolle.
 ??  ?? LINKS en BO: Luke Evans speel die skurk Gaston, wat die boekwurm Belle probeer verlei, maar sy is die enigste meisie op die dorpie wat nie voor sy sjarme swig nie.
LINKS en BO: Luke Evans speel die skurk Gaston, wat die boekwurm Belle probeer verlei, maar sy is die enigste meisie op die dorpie wat nie voor sy sjarme swig nie.
 ??  ?? BO: Josh Gad, Gaston se handlanger, LeFou, het ’n ogie op sy baas. REGS: LeFou in die animasiepr­ent.
BO: Josh Gad, Gaston se handlanger, LeFou, het ’n ogie op sy baas. REGS: LeFou in die animasiepr­ent.
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa