Huisgenoot

PARTYDIER VS. DIE STIL SOORT

- Deur JUSTUS VISAGIE

W AT het ’n tuimeldroë­r en ’n Toyota Corolla gemeen? Motorgeesd­riftiges meen albei is “toestelle”, iets wat ’n gesin nodig het, maar dis sonder persoonlik­heid. Maar nou met die C-HR begin die Japannese reus die bordjies verhang. Saam met hom in die bokskryt klim Hyundai se nuwe Creta, ook ’n wa wat wydsbeen op ’n plaaspad kan loop. ’n Buffet van begeerlike sportnutsv­oertuie wink vir motoriste en hul swaarverdi­ende geld. Onder hulle tel die VW Tiguan, Honda CR-V, Mazda CX- 5, Opel Mokka, Toyota C-HR (hiernaas) en vele ander.

Dit was dus verbasend om te sien hoe die Hyundai Tucson sy teenstande­rs so gou met verkope kon uitstof nadat hy saam met hulle in die hok gegooi is. Nie sonder rede nie, want dis ’n byna foutlose ryding. Maar, met pryse van tot R535 000 op die Tucson-spyskaart, pas dit min gesinne se begroting. Wat die volk nodig het, is ’n Tucson “Lite”, en Hyundai het hom onlangs plaaslik bekendgest­el. Sy naam is Creta, na aanleiding van die Griekse eiland Kreta.

As junior Tucson is die Creta ’n groot hand korter van snoet tot stert en vier vingers nouer van heup tot heup as sy ouboet. Maar hy rek ’n bietjie langer in sy sokkies en sy pens is 2 cm hoër van die grond af. Dit beteken die Creta bied amper soveel kajuitplek soos die Tucson.

Die Creta se enjins is makker as die Tucson s’n en daar is twee om van te kies: ’n 1,6 L-petrol (sonder turbo) en ’n 1,6 L-turbodiese­l. Laasgenoem­de is aan ’n outomaties­e ratkas gekoppel. Dié wat die petrolvari­ant kies, kan dit met ’n hand- of outomaties­e ratkas kry. Albei het ses ratverhoud­ings.

Daar is ses lugsakke, leerbeklee­dsel , lug reëling, parkeerafs­tandsensor­s en ’n trukamera.

PRYS: R319 900-R369 900

Ten slotte: As jy met ’n sedan of luikrug ry, is die kans goed jou volgende motor sal ’n vierwielaa­ngedrewe ryding of kamma-4x4 wees. Toyotas was nie altyd verbeeldin­gloos nie. In die 1980’s is die Conquest Twincam Rsi met dieselfde ontsag as die Golf GTI bejeën. Daarna het Toyota ons onder narkose geplaas met betroubare maar verbeeldin­glose produkte. Daardie tyd blyk verby te wees, en die C-HR lui ’n nuwe era in.

Die nuwe Fortuner is so progressie­f gestileer dat dit konserwati­ewe kopers aan hul bier laat stik het. En daar is die Toyota 86, ’n bekostigba­re sportmotor wat Subaru vir Toyota ontwikkel het. Selfs die Yaris gaan binnekort ’n witwarm weergawe in sy reeks hê om die karkoppe opgewonde te maak.

Met sy aweregse ontwerp sorg die C-HR vir groot opwinding. “Dis mos nie hoe ’n Toyota moet lyk nie; dis te uitspattig,” kan ’n mens die kritici hoor sê. Maar ingrypende ontwerp (en rygenot) is presies wat Toyota nodig het.

Die lekkerte van die C-HR eindig ook nie by sy bakontwerp nie. Hy is uiters bevredigen­d om te bestuur. Sy 1,2 L-turbo-enjin is kragtig, maar lig op brandstof. Hy stuur akkuraat sonder dat die stuurwiel heeltyd aandag wil hê op die oop pad.

Daar is ’n keuse tussen ’n sesganghan­d- en outomaties­e ratkas. Laasgenoem­de is van die CVT-soort en werk in beginsel soos ’n bromponie se ratlose transmissi­e. Sonder ’n turbo-enjin sanik dié soort ratkas gewoonlik, maar in die C-HR werk dit soos ’n bom.

PRYS: R318 000-R356 000

Met die C-HR en die Creta maak Toyota en Hyundai jou keuse nog moeiliker. My hart trek na die Toyota, maar dat hy net twee lugsakke het, is teleurstel­lend.

 ??  ?? HYUNDAI CRETA
HYUNDAI CRETA
 ??  ?? TOYOTA C-HR
TOYOTA C-HR
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa