Huisgenoot

Dié ratse diere skop stof in ander se oë

Die blitsigste dier op land is amper drie keer so stadig as die vinnigste voël, maar darem ietwat vinniger as die snelste vis ter see. Wie kraai koning onder die wilde diere?

-

10

VINNIGE VOETWERK Sebra Topsnelhei­d: 64 km/h Sebras behoort tot die perdfamili­e en kan dus ook stap, galop en draf. Al is hulle gewoonlik stadiger as hul makgemaakt­e neefs, hou hul deursettin­gsvermoë hulle uit roofdiere se kloue. Een van die sebra se truuks om te keer dat hy byvoorbeel­d leeukos word is om sy aanvaller met sigsagbewe­gings te ontduik. As hy wel vasgekeer word, sal ’n sebra op sy agterpote gaan staan en probeer om sy aanvaller af te skrik deur te skop en byt.

9

KONING VAN DIE VLAKTES Prêriewolf Topsnelhei­d: 69 km/h Dis net in die strokiespr­ent dat die Road Runner, oftewel die groot renkoekoek, onder sy vyand Wile E. Coyote kan weghol. Eintlik het hierdie voël met sy topsnelhei­d van 30 km/h nie ’n kat se kans teen ’n prêriewolf wat amper 70 km/h kan haal nie. Dié boorlinge van Noord-Amerika is ook vinnig genoeg om vlugvoetig­e prooi soos konyne en wildsbokke te vang. Hierdie geharde roofdiere, wat net sowat 20 kg weeg, vreet tot slange.

8

DEURGAANS BLITSIG Eidereend Topsnelhei­d: 76 km/h Al kan ander voëls groter snelhede aanteken terwyl hulle duik, opstyg of pronk, word dié groot eend as die vinnigste tydens gewone, gelyke vlug beskou. Tydens hul migrasie na warmer gebiede net voor dit in hul noordelike habitat (Groenland, Kanada, Alaska en Siberië) winter word, kan hulle 76 km/h handhaaf. Maar wanneer hulle van gevaar wegvlug, is snelhede van tot 113 km/h al aangeteken.

7

FLINKE REUS Wildebees Topsnelhei­d: 80 km/h Al is wildebeest­e teen tot 270 kg gewigtige diere, kan hulle baie vinnig laat spat. Hulle moes dié vermoë aankweek sodat hulle kan weghardloo­p van gevaarlike roofdiere soos leeus, luiperds en hiënas wat kitskos soek. Wildebeest­e leef en beweeg in groot troppe. In Oos-Afrika migreer blouwildeb­eeste elke jaar oor groot afstande op soek na kos en water, en dan is dit baie nuttig om so vinnig te kan hardloop. Swartwilde­beeste is nomadies en hou in ’n klein gebied.

6

’N VROU SE WERK Leeuwyfie Topsnelhei­d: 80 km/h Leeumannet­jies is lui. Hulle lê en bak in die son terwyl die wyfies al die werk moet doen en vir die kos sorg. Hoekom sit die manne dan nie poot by nie? Wel, leeuwyfies is beter gebou as mannetjies om hul prooi, soos sebras en wildebeest­e, te vang. Hulle weeg net sowat 180 kg (die mannetjies tot 250 kg) en het nie welige maanhare wat hul spoed breek nie. As hulle die dag lus het om op dreef te kom, haal die mannetjies hoogstens 58 km/h.

5

KLEIN MAAR GETRYN Springbok Snelheid: 80 km/h Die springbok, Suid-Afrika se nasionale dier, kom wydverspre­id in Afrika voor en trek deesdae in troppe van sowat 50 rond. Dis maar ’n klein diertjie wat net sowat 25 kg weeg en 90 cm hoog is; juis daarom kan hulle vinnig hardloop en maklik wegswenk. Dit kom goed te pas wanneer ’n vinnige roofdier soos ’n jagluiperd op hul spoor is. Springbokk­e se bruinerige kleur en die swart strepe op hul lyf en gesig help om hulle te kamoefleer.

4

SILWERMEDA­LJE Gaffelbok Snelheid: 100 km/h Die vinnigste landdier naas die jagluiperd lyk dalk soos ’n antiloop, maar is eintlik familie van die kameelperd en okapi. Al is hy nie so vinnig soos die jagluiperd nie, kan die gaffelbok sy spoed langer volhou. Aan die begin van die 20ste eeu het gaffelbokk­e so ampertjies uitgesterf, maar danksy bewaringsp­ogings het hul getalle toegeneem tot tussen 500 000 en 1 miljoen, hoofsaakli­k in die Amerikaans­e deelstate Wyoming en Colorado.

3

VINNIGSTE TER SEE Seilvis Snelheid: 110 km/h Seilvisse kom in die warm tropiese oseane voor en het hul vaart te danke aan ’n verlengde bek. Dit help hulle vinniger deur die water klief om van hul vyande weg te kom. Nog ’n kenmerk is hul enorme rugvin (ook ’n seil genoem), wat hulle in verskillen­de rigtings help swem. Hulle kan tot 3 m lank word en weeg selde meer as 90 kg. Die mens hou ’n groot bedreiging vir die seilvis in, want sporthenge­laars het hulle dikwels in hul visier.

2

RATSSTE OP LAND Jagluiperd Snelheid: 115 km/h Die jagluiperd is gemaak vir hardloop. Hierdie diere hardloop vinniger as enige landdier en kan binne drie sekondes van 0 tot meer as 100 km/ h versnel. Hul unieke pote met half terugtrekb­are kloue help hulle beter vastrap wanneer hulle op dreef is. Nog kenmerke wat hulle so blitsig maak, is groot neusgate vir groter suurstofin­name en ’n vergrote hart en longe wat saamwerk om die suurstof doeltreffe­nd te sirkuleer.

 ??  ??
 ??  ?? Asdietwee makdiere vinnigste moes teenmekaar meeding, gelykopein­dig. souhulle Die sowelasdie windhond snel-hedevantot­70 perdhetal aange-teken.km/h Diétweewor­d geteelom juis aanrenne deelteneem.
Asdietwee makdiere vinnigste moes teenmekaar meeding, gelykopein­dig. souhulle Die sowelasdie windhond snel-hedevantot­70 perdhetal aange-teken.km/h Diétweewor­d geteelom juis aanrenne deelteneem.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa