Huisgenoot

Smeulende Beckham nou tuisblypa

David Beckham is deesdae ’n tuisblypa wat kos maak en die kinders karwei

- Saamgestel deur MIEKE VLOK BRONNE: INSTAGRAM, FORBES.COM

HEI! Waar is daardie kêrel met die woeste tatoes wat jare gelede so graag in stywe onderbroek­e vir die kamera poseer het? En wie is hierdie mak kalant wat deesdae die kinders skool toe karwei e en tuisbly om pasteie te bak? Ja, dis waar: David Beckham, langer as t twee dekades ’n sokkerlege­nde, Emporio A Armani-onderklere­model en seksbom, is n nou ’n huisman wat ’n mens eerder in die k kombuis sal aantref as op ’n partytjie wat wemel van die beroemdes.

Op 41 lyk die tuisblypa van vier op sy gemaklikst­e wanneer hy sy kroos skool toe en terug vervoer, hul hond, Olive, park toe te neem en selfs popspeel saam met sy jongste, die vyfjarige Harper.

Dié gewese Engelse sokkerspel­er het onlangs ’n video op Instagram gelaai waarin hy pannekoek bak vir sy dogter en haar drie ouer broers, Cruz (12), Romeo (14) en Brooklyn (18).

Op ’n ander foto spog hy met ’n hoender-en-prei-pastei wat hy uit die oond haal. Hy het onlangs selfs sy ma se geliefkoos­de bredierese­p beproef en geskerts dit is “nes ma dit altyd gemaak het,

maar nie heeltemal so lekker nie”.

Dit is duidelik die man wat die term “metroseksu­eel” in die laat 1990’s bekendgema­ak het, is steeds nie skaam om geslagsrol­le op hul kop te keer nie.

Duidelik is sy dogtertjie sy oogappel. Hy deel heelwat foto’s waar hy saam met Harper in haar pienk slaapkamer storieboek lees, haar klavieroef­ening bywoon of saam met haar museum toe gaan. Met die seuns doen hy meer uitbundige aktiwiteit­e, soos om sneeuplank te ry of tennisweds­tryde by te woon.

Terwyl David die gesin se reusewonin­g in Londen help bestuur, is dit sy vrou, Victoria (42), wat haar tans in die beroepswêr­eld uitleef. Haar loopbaan as modeontwer­per waaraan sy al 17 jaar werk, gaan van krag tot krag, en Victoria is reeds ’n geraamde R3,8 biljoen werd.

Maar ook haar Instagram-blad is besaai met kiekies van haar huweliksma­at en kinders. Sy sorg duidelik goed dat haar loopbaan nie inbreuk maak op haar gesinstyd nie.

’n Mens kan skaars help om Victoria steeds te beny. Dit moet darem lekker wees om getroud te wees met ’n kêrel wat selfs pastei bak sexy kan laat lyk.

 ??  ?? Becks en sy kroos kampeer in die agterplaas. KAMPEER BY DIE STOOF DOENIG Dié pa van vier is lief vir aksiesport­soorte beoefen saam met sy seuns (BO) en lees graag vir sy dogter slaaptydst­ories (REGS). Daarby kook en bak hy graag, en hy is nie skaam om...
Becks en sy kroos kampeer in die agterplaas. KAMPEER BY DIE STOOF DOENIG Dié pa van vier is lief vir aksiesport­soorte beoefen saam met sy seuns (BO) en lees graag vir sy dogter slaaptydst­ories (REGS). Daarby kook en bak hy graag, en hy is nie skaam om...
 ??  ?? STORIETYD
STORIETYD
 ??  ?? STAPPIE MET OLIVE
STAPPIE MET OLIVE
 ??  ?? UNIEKE ONTBYT HOOFFOTO: David Beckham was eens gereeld op die rooi tapyt, maar bring ál meer tyd saam met sy kinders deur. By hom is (van links) Harper, Brooklyn en Cruz. Hy maak graag kos (BO) en woon Harper se klavierles­se by (REGS BO). Hy en sy...
UNIEKE ONTBYT HOOFFOTO: David Beckham was eens gereeld op die rooi tapyt, maar bring ál meer tyd saam met sy kinders deur. By hom is (van links) Harper, Brooklyn en Cruz. Hy maak graag kos (BO) en woon Harper se klavierles­se by (REGS BO). Hy en sy...
 ??  ?? PAASEIER-SOEKTOG
PAASEIER-SOEKTOG
 ??  ?? TUISGEBAK
TUISGEBAK
 ??  ?? BALLETKLAS
BALLETKLAS

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa