Huisgenoot

Shark kry groot gesin ná geswoeg

Die Sharks se Michael en sy Helen was moedeloos toe sy nie swanger raak nie – maar toe kry hulle wel hul groot gesin

- Deur JACQUES MYBURGH Foto’s: FANI MAHUNTSI

DIE Claassens-huishoudin­g is een van kinders wat skaterlag, waar peuters en pienkvoete jolig met skopfietsi­es in die gang op en af ry en sorgeloos kaalvoet rondhardlo­op. Die Sharks- skrum skakel Michael Claassens (34) en sy vrou, Helen (34), is geseën met ’n volle vyf kinders – ’n derde van ’n rugbyspan – en dit nadat hulle byna moed opgegee het toe dit wou lyk asof hulle nooit kinders sou kon hê nie.

“Dit is nie net vandag dat dit so gaan nie; dis elke dag,” sê Helen oor die soete kakofonie van haar kroos wat speel en rumoer in hul gesinshuis op Ballito, noord van Durban.

Die ouers glimlag van oor tot oor toe hulle gesels oor hul driejarige dogter, Jóco, die tweeling Michael en Anick (2), en die nuutste toevoeging­s tot die gesin, nóg ’n tweeling, die sewe weke oue boetie en sussie Beauden en Teagen.

“Ek was verslae en teen die grond,” onthou Helen haar teleurstel­ling toe hulle in 2009 ná drie jaar as getroudes sonder sukses probeer swanger raak het.

Eindelik, einde 2013, het Helen met behulp van in vitro-bevrugting (IVB) swanger geraak met Jóco. Dokters het gemeen dit was hoogs onwaarskyn­lik dat sy natuurlik swanger sou kon raak. En tog, ná nog ’n mislukte IVB en twee miskrame, het hul droom van ’n groot gesin waar geword.

“Die Here seën ons toe twee keer met natuurlike swangerska­ppe en albei kere met ’n tweeling,” sê Michael.

Jóco rits in die gang af op haar pers fietsie. Iewers in die voorportaa­l hoor ’n mens hoe die oudsted tweelingl stry kryk en dan weer uitbundig lag. Babasus en -boet slaap stil en soet in pa Michael se arms, salig onbewus van hul ouer susters en broer se doen en late. “Dit was ’n baie lang en harde pad wat ons gestap het,” vertel Michael. “Ek het nooit gedink ons sou vyf kinders hê nie.”

HULLE het nog altyd van ’n groot gesin gedroom, vertel die Claassens. “Ek het vooraf gesê ek sou graag drie kinders wou hê; Helen wou altyd vyf gehad het,” sê Michael. In 2007 het hy ’n kontrak by die Engelse rugbyklub Bath losgeslaan en is hy en Helen sak en pak Engeland toe. “Ons het drie jaar daar probeer swanger raak, maar sonder enige sukses,” vertel Helen, ’n onderwyser­es en nou ’n tuisblyma.

“Ons het toe ’n dokter geraadplee­g. Hy het gesê alles is normaal; ons moet net aanhou probeer.”

Toe hulle begin moed verloor, het hulle in Michael se buiteseiso­en ’n spesialis in Johannesbu­rg genader.

“Endometrio­se, ’n toestand waar weefsel wat veronderst­el is om binne die baarmoeder te groei daarbuite voorkom, asook vroeë menopouse, is toe by my gediagnose­er,” vertel Helen.

Met die endometrio­se het die dokters raad gehad, maar aan die vroeë menopouse kon hulle niks doen nie. “My liggaam het nie meer eierselle vervaardig nie.” Helen het behandelin­g gekry en ekstra hormone ontvang. “Dokters kon twee selle oes, waarvan een oorleef en ek met Jóco swanger geraak het.”

Die paartjie is weer oorsee sodat Michael sy rugbyloopb­aan kon voortsit. Jóco is in Frankryk gebore. “Kort daarna het ons besluit om weer deur IVB ’n baba te probeer kry,” vertel Michael.

Dokters het weer eierselle geoes, maar sonder sukses. “Dit was verskrikli­k,” vertel Helen. “Dit het soos die einde van die wêreld gevoel.”

Toe raak Helen in 2014 natuurlik swanger. “Dit was ’n groot verrassing,” sê Michael. “Ons het nie gedink dit is moontlik nie.” Maar toe gebeur die ergste: Op ses weke kry Helen ’ n miskraam. “Ek kan nie vir jou die hartseer beskryf waardeur ’n mens ná so ’n ondervindi­ng gaan nie,” sê sy.

Kort daarna was sy weer natuurlik verwagtend, maar sy het weer op agt weke ’n miskraam gehad. “Ek dink nie ek het aldag geweet waardeur sy moes gaan nie,” sê Michael. “Ek het haar net deur alles probeer steun.”

Die Claassens het besluit om te wag en weer dokters se raad in te win, maar voor dit kon gebeur, het Helen vir die derde keer natuurlik swanger geraak – met ’n tweeling. “Ons het toe besef hoe geseën ons is. Alles het gebeur soos dit moes, met ’n seun en ’n dogter.”

Michael het ’n kontrak met die Sharks onderteken en hulle het teruggetre­k om naby hul familie te wees. “Ons het nie weer probeer nie; ons het gedink dis nou dit,” sê Michael.

Toe vind Helen uit sy is weer swanger. “Michael maak toe by die ginekoloog ’n grap en sê hy lag dis weer ’n tweeling. Ek het vir hom gesê daar is nie ’n manier dat die Here dit weer sal toelaat nie – en kyk nou net,” lag sy.

VIR dié woelige klomp is twee paar hande eenvoudig nie genoeg nie. Die Claassens het ook twee voltydse dagmoeders wat help, want wanneer Michael nie doeke ruil nie, moet hy op die veld rugbyballe vang.

“Dis van die môre tot die aand ’n bedrywige spul,” sê Helen. “Dit is moeilik wanneer jou man op toer gaan of ’n paar weke oorsee is.” Soos toe Michael net vier dae ná die jongste tweeling se geboorte twee weke lank in die buiteland was.

“Ek dink nie ek sou so baie betrokke gewees het as ek ’n gewone nege-tot-vyfwerk gehad het nie,” voeg Michael by. “My rugbyloopb­aan laat my toe om die kinders by die dagsorgsen­trum te gaan oplaai en Helen deur die dag te help.”

Om sesuur soggens begin die kleingoed kriewel. Dan moet ma en pa hulle kos gee en die oudste drie reg kry vir die dagsorgsen­trum. “Gewoonlik sien ek dan om na Beauden en Teagen,” sê Helen.

Wanneer Jóco, Anick en Michael smiddae huis toe kom, slaap die hele gesin ’n bietjie – ma en pa ook. “Van halfdrie tot halfagt saans is dit weer ’n chaos. Dan drink ons 10 koppies koffie om by te bly by die kinders se pas en sit nie weer vir ’n oomblik stil nie,” vertel Helen laggend.

Maar die paartjie is soos ’ n goeie skrumskake­l-en-losskakelk­ombinasie: Hulle ken mekaar goed en weet hoe om na hul kroos om te sien. “Wanneer Michael smiddae van sy rugbyoefen­ing af terugkom, gee hy die oudste drie gewoonlik onder kos, terwyl ek Beauden en Teagen bo gaan bad. Soms ruil ons om. Dit werk goed,” sê Helen. “Soms is ’n mens se geduld maar min,” erken Michael. “Maar elke keer bring ietsie jou net weer geluk, soos jou kind wat mooi vir jou glimlag. Dan besef ons weer hoe geseën ons is.”

Ná die IVB met Jóco het Helen in haar dagboek geskryf sy gaan eendag die ma van ’n tweeling wees. Tog het sy nooit kon droom dit sou sommer twee keer waar word nie. “Ek voel werklik geseën om te kon kry wat ek gevra het.”

Sowat 14 persent van vroue wat ’n onsuksesvo­lle IVB gehad het, raak daarna natuurlik swanger, sê dr. Stephan Volschenk van Vitalab in Johannesbu­rg. Hy sê dit is moeilik om te bepaal of dié behandelin­g kan bydra tot iemand se vrugbaarhe­id.

“Paartjies wat ná die tyd natuurlik swanger raak, kom nie noodwendig terug na die klinieke nie. Dus word daar nie rekord gehou nie en is daar nie genoeg navorsing gedoen nie.”

‘Dis van die e môre tot dieie aand ’n bedrywigee spul’

 ??  ?? HOOFFOTO: Michael en Helen Claassens by hul kroos en dagmoeders. Van links is klein Michael, Jóco, Than- di Mtembu met Teagen, Anick en Philiswe Mtembu met Beauden. REGS: Hy is nie net knap met balle nie, maar ook met doeke.
HOOFFOTO: Michael en Helen Claassens by hul kroos en dagmoeders. Van links is klein Michael, Jóco, Than- di Mtembu met Teagen, Anick en Philiswe Mtembu met Beauden. REGS: Hy is nie net knap met balle nie, maar ook met doeke.
 ??  ?? BO: Michael en Helen saam met die jongste toevoeging­s tot hul gesin:n: die tweeling Teagen (links) en Beauden. REGS BO: Ousus Jóco gee Beauden ’n soen. ONDER: Michael met Beauden. Hy sê hy en Helen het nooit kon dink hul droom van ’n groot gesin sou...
BO: Michael en Helen saam met die jongste toevoeging­s tot hul gesin:n: die tweeling Teagen (links) en Beauden. REGS BO: Ousus Jóco gee Beauden ’n soen. ONDER: Michael met Beauden. Hy sê hy en Helen het nooit kon dink hul droom van ’n groot gesin sou...
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa