Huisgenoot

Koningin se keurige presente

Van die besonderse geskenke wat die koninklike­s oor die jare ontvang het, word binnekort in die paleis uitgestal

- Saamgestel deur KIRSTIN BUICK

VAN ’n keurige troon uit kralewerk tot stoetperds­emen van hoogstaand­e gehalte – as Brittanje se langs regerende monarg het koningin Elizabeth II al heelwat vreemde en wonderlike geskenke ontvang in haar 65 jaar op die troon.

In haar heerskappy van meer as ses dekades het die matriarg, wat op 21 April 91 jaar oud word, na raming meer as 1 600 amptelike presente ontvang. Dit word gewoonlik tydens ’n koninklike besoek aan die buiteland of wanneer ’n staat s leie rin Buckingham-paleis ontvang word as welwillend­heid s gebaar aan die koningsges­in gegee.

Die besoekende staatshoof se soms lomp oorhandigi­ng van ’n unieke item aan Haar Majesteit is as’t ware ’n standaardk­enmerk van amptelike paleisbeso­eke.

Dit was veral die geval toe pres. Jacob Zuma Buckingham-paleis in 2010 vir die eerste keer besoek.

Ons veelbewoë leier het behoorlik gestraal van trots toe hy ’n spesiaal handgemaak­te skaakstel oorhandig, kompleet met glas-en-piouter-stukke van Zoeloeen Xhosa-krygers.

The Telegraph se kultuurred­akteur, wat destyds daar was, het geskryf: “‘Die volmaakte geskenk,’ het Zuma seker gedink. ‘Dekoratief, simbolies van my kultuur en erfenis en uiters ongewoon. Sy kon nog nooit so iets gesien het nie.’ ”

Die koningin het die geskenk natuurlik met grasie ontvang.

Maar skaars 20 minute later, terwyl die twee rondgeskui­fel het op ’n toer deur die paleis se kunsgalery, het die president gaan staan om ’n geskenk te bewonder wat oudpres. Nelson Mandela in 1996 gegee het aan prins Philip, die koningin se 95-jarige man.

’n Skaakstel. Die stukke is in die vorm van Zoeloe-stamlede gekerf. Dit was amper identies. “’n Verleë stilte. “‘O, nog ’n stel,’ het mnr. Zuma gesê terwyl hy staan en rondtrap. Die arme man wat vroeër in die dag so uitgelate was, het baie afgehaal gelyk.”

NATUURLIK is van die sierade wat die koninklike­s present kry uiters kosbaar. Maar selfs al beland die koningsges­in geldelik in die knyp, wat hoogs onwaarskyn­lik is, sal hulle dit nie kan opveil nie.

Streng reëls geld vir die verkoop en uitruil van amptelike geskenke. Dit word alles deel van die koninklike versamelin­g, ’n trust van die koningin vir haar opvolgers en land.

Die weelderige items word almal in die koninklike­s se onderskeie woonplekke uitgestal, soos Windsor- en Balmoral-kasteel, Holyrood-paleis en Sandringha­m House.

Maar omdat dit die jaar van die Britse koninklike­s se heel eerste saffierjub­ileum is (om 65 jaar te gedenk), word 250 van hierdie waardevoll­e items as deel van die someropeni­ng van die staatsvert­rekke van 22 Julie tot 1 Oktober in Buckingham-paleis uitgestal.

Die koninklike­versamelin­gtrust se webtuiste dui aan: “Die uitstallin­g sal Haar Majesteit se rol as staatshoof, hoof van die Statebond en hoof van die volk verken. Dit sluit in geskenke wat tydens staatsbeso­eke, toere in die buiteland en amptelike geleenthed­e ontvang is en dié wat geskenk is om merkwaardi­ge oomblikke in die koningin se lewe te gedenk.”

Die skaakstel wat Madiba aan die koningsges­in gegee het, is een van die belangriks­te items op die uitstallin­g. Dit is nog nie duidelik of Zuma s’n ook uitgestal sal word nie. BRONNE: THE GUARDIAN, DAILY MAIL, THE TELEGRAPH, ROYALCOLLE­CTION.ORG

 ??  ?? In 2010 het pres. Jacob Zuma dié skaakstel aan koningin Elizabeth gegee.
In 2010 het pres. Jacob Zuma dié skaakstel aan koningin Elizabeth gegee.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa