Huisgenoot

Bak soos ’n Kokkedoor-wenner

Geniet resepte uit Uitgerys, Mareli Visser, wenner van die eerste Koekedoor-TV-seisoen, se splinternu­we bakboek

- Versorg deur CARMEN PETERSEN

MARSEPEINE­N-BESSIERING

“Hierdie bessiering met sy marsepeinv­ulsel word soos ’n Russiese roosbrood gemaak.” LEWER 1 GROOT, RONDE BROOD Bereiding: 30 min. Rys: 85 min. Bak: 25-30 min. DEEG 250 ml (1 k) melk 15 ml (1 e) suiker 1 x 10 g-pakkie kitsgis 960 ml (500 g) koek

meel 60 ml (¼ k) suiker 2,5 ml (½ t) sout 75 ml (5 e) gesmelte botter 1 eier, geklits 1 eiergeel, geklits VULSEL 140 g marsepein 1 eier, geklits 45 ml (3 e) koekmeel 5 ml (1 t) vanielje

geursel 30 ml (2 e) sagte botter 5 ml (1 t) kaneel 30 ml (2 e) bruinsuike­r 150 g droë bosbessies VIR VOORSIT

versiersui­ker Voorverhit die oond tot 200 °C. Smeer ’n groot bakplaat met botter.

1 Deeg Verhit die melk en suiker tot louwarm en sprinkel die gis oor. Meng tot die gis opgelos het. Laat staan 5 min.

2 Meng die koekmeel, suiker en sout in die elektriese menger se bak. Voeg die gismengsel by.

3 Meng die botter, eier en eiergeel en voeg by die meelmengse­l. Gebruik die deeghaak en meng

3 min. teen lae spoed. Knie nog 5 min. tot die deeg glad en elasties is.

4 Bedek met ’n plastieksa­k en laat die deeg sowat 45 min. op ’n warm plek rys tot dubbel die volume.

5 Vulsel Meng die marsepein, eier, koekmeel, vanieljege­ursel en botter.

6 Keer die gerysde deeg versigtig op ’n meelbestro­oide werkopperv­lak uit. Druk liggies plat met die palm van jou hand en rol met ’n rolstok uit tot ’n reghoek van 20 x 70 cm. Smeer die marsepeinv­ulsel eweredig oor die reghoek, maar laat ’n strook sowat 2 cm breed aan die een lang kant oop.

7 Strooi die kaneel, suiker en bessies oor die vulsel. Rol die deeg in die lengte op tot by die strook wat nie vulsel op het nie. Dit vorm ’n stywe rol. Druk die naat stewig vas om te verseël.

8 Plaas die deegrol met die naat na onder op ’n vel bakpapier. Gebruik ’n skerp mes en sny die rol in die lengte middeldeur sodat die twee kante oopval. Skuif die twee helftes sodat die gesnyde kant na bo lê. Kruis die twee helftes (gesnyde kante na bo) om ’n X te vorm. Vleg dan die boonste en onderste deegdele saam om ’n vlegsel te vorm. Neem die vlegsel en vorm ’n ring. Druk die punte stewig vas.

9 Plaas die bakpapier met die broodring op die bakplaat. Bedek met bakpapier en vadoeke en laat die deeg sowat 40 min. op ’n warm plek rys tot dubbel die volume. Bak 25-30 min. of tot goudbruin en gaar. Haal uit die oond en laat heeltemal afkoel voor dit van die bakpapier afgehaal word.

10 Vir voorsit Sif die versiersui­ker oor.

ROSYNTJIEB­ROOD

“Toe ons kinders was, het my ma ons af en toe met hierdie heerlike rosyntjieb­rood bederf. Ons het altyd oor die soet korsie baklei.” LEWER 1 GROOT BROOD OF 2 MIDDELSLAG­BRODE Bereiding: 15 min. en 30 min. vir spons Staan: 60 min. Rys: 60 min. Bak: 50 min. SPONS 250 ml (130 g) koek

meel 15 ml (1 e) suiker 1 x 10 g-pakkie kitsgis 200 ml louwarm water DEEG 315 ml (1¼ k) warm

water 60 ml (60 g) botter,

gesmelt ½ x 192 g-blik

kondensmel­k 5 x 250 ml (650 g)

koekmeel 7,5 ml (1½ t) sout 500 ml (300 g) rosyn

tjies GLASUURSEL 60 ml (¼ k) melk 60 ml (¼ k) suiker Voorverhit die oond tot 200 °C. Smeer ’n broodpan van 14 x 35 cm of twee broodpanne van 10 x 25 cm elk met olie.

1 Spons Plaas die koekmeel, suiker, gis en water saam in ’n elektriese menger se bak en meng met ’n draadklits­er tot ’n gladde deeg vorm.

2 Bedek die mengbak met ’n plastieksa­k en laat staan 30 min. of tot skuimerig.

3 Deeg Meng die water, botter en kondensmel­k en giet by die spons.

4 Voeg die koekmeel en sout by. Gebruik die deeghaak en meng 3 min. teen lae spoed. Meng nog 7 min. teen matige spoed tot die deeg glad en elasties is.

5 Voeg die rosyntjies by en knie met die hand in. Bedek die mengbak met ’n plastieksa­k en laat die deeg sowat 30 min. op ’n warm plek rys tot dubbel die volume.

6 Keer die gerysde deeg versigtig op ’n meelbestro­oide werkopperv­lak uit. Druk liggies met jou hande plat en vorm ’n reghoek so lank soos die broodpan.

7 Rol in die lengte op. Dit vorm ’n lang wors. Druk die naat stewig vas om te verseël.

8 Plaas die deegwors met die naatkant na onder in die pan. Bedek die pan met ’n plastieksa­k en laat die deeg sowat 30 min. op ’n warm

plek rys tot dubbel die volume.

9 Bak 10 min. by 200 °C. Verlaag dan die oondtemper­atuur tot 160 °C en bak nog 40 min. of tot goudbruin en gaar.

10 Glasuursel Verhit die melk en suiker saam tot kookpunt en laat 2 min. kook. Verf die glasuursel oor die warm brood sodra dit uit die oond kom.

11 Laat die brood effens in die pan afkoel en keer dan op ’n draadrak uit. Draai die brood met ’n lap toe en laat sweet sowat 30 min. Smeer elke sny brood met ’n dik laag botter en sit voor.

 ??  ?? MARSEPEIN-EN-BESSIERING
MARSEPEIN-EN-BESSIERING
 ??  ?? ROSYNTJIEB­ROOD
ROSYNTJIEB­ROOD

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa