Huisgenoot

Mense en Hul Dinge

Bewerings van emosionele en fisieke geweld vorm die kern van Mell B en Stephen Belafonte se smerige egskeiding

-

DIE beskuldigi­ngs vlieg behoorlik rond in die voormalige Spice Girl MEL B en STEPHEN BELAFONTE (albei 41) se egskeiding­sage – en dit klink wild! Mel beweer onder meer Stephen het haar gedwing om aan groepswoep­se deel te neem en dat die rolprentve­rvaardiger hul Duitse kinderoppa­sser swanger gemaak het.

Een ding is seker: Dit is besig om in een van Hollywood se smerigste egskeiding­s tot nog toe te ontaard. Geen wonder Mel het onlangs ’n tydelike beskerming­sbevel teen Stephen verkry nie. Sy sê hy het haar emosioneel en fisiek mishandel. Die sangeres het hom verlede maand ná ’n huwelik van amper 10 jaar om ’n egskeiding gedagvaar.

Sy beskryf hom as “uiters aggressief, vyandig en gewelddadi­g” in hofdokumen­te waarby foto’s van haar beweerde beserings weens mishandeli­ng ingesluit is. Stephen is in 2003 van aanranding aangekla nadat hy glo

sy destydse meisie, Nicole Contreras, aangeval het.

Mel het in skeidokume­nte gesê sy het talle kere probeer om Stephen te los, maar “hy het my met geweld gedreig en gedreig om my lewe op elke moontlike manier te vernietig . . . om my loopbaan te verwoes en my kinders van my af weg te neem”. Sy sê verder sy was “kwesbaar” toe sy Stephen ontmoet omdat sy toe pas as enkelma die lewe geskenk het aan haar en Eddie Murphy se dogter, Angel (10). Volgens haar was Stephen eers gaaf met haar, maar sy weet nou dit was ’n “voorbereid­ingstaktie­k”. Stephen soek onderhoud en wettige toesig oor hul dogter, Madison (5).

Mel se suster, Danielle Brown, het ná die nuus van die egskeiding gesê sy en hul ma het “agt jaar van beledigend­e oproepe” van Stephen verduur. Hy het onder meer gesê hulle sal Mel nooit weer sien nie. “Jy was verkeerd. Jy is ’n patetiese verskoning van ’n man.”

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ?? 2012 In Sydneyy is sy met ’n ple pleister gesien nadat sy glo in Praag geval het. Later het sy gesê Stephen het haar geslaan. 2012 So het dit gelyk nad nadat die pleister verwyder is.
2012 In Sydneyy is sy met ’n ple pleister gesien nadat sy glo in Praag geval het. Later het sy gesê Stephen het haar geslaan. 2012 So het dit gelyk nad nadat die pleister verwyder is.
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa