Huisgenoot

Amor stry vir haar kinders se erfdeel

Sy sal baklei vir wat Kylie en Jordan toekom, sê Amor noudat sy vrae oor Joost se boedel het

- (Van vorige bladsy)

AMOR VITTONE lyk doodmoeg. Sy slaap nie meer nie. Die kommer en onsekerhei­d knaag aan haar oor hoe sy die mas gaan opkom ná haar vervreemde man, die rugbylegen­de Joost van der Westhuizen, se dood.

Sedert daardie dag ’n paar weke gelede toe Joost se broer Pieter van der Westhuizen vir haar sê sy sal van nou af self vir alles moet opdok waarvoor Joost altyd betaal het – hul mediese fonds, die kinders se skoolgeld en buitemuurs­e aktiwiteit­e, water en elektrisit­eit, heffings, die huishulp en tuinman se salaris – is dit al waaraan sy dink. Nou moet sy vir álles vir Jordan (13) en Kylie (11) betaal. En sy kan dit nie alles bekostig nie. Tydens sy uitgerekte stryd toe motorneuro­nsiekte (MNS) die oud-Bokkaptein ál meer afgetakel het, het Joost telkens vir Amor belowe hul kinders, Jordan en Kylie, sal ná sy dood goed versorg wees, vertel sy. “Ek het hoeveel keer by hom gaan kuier en gevra of alles reg is. Dan het hy belowe ek het niks om my oor te bekommer nie; hy het voorsorg getref vir die kinders,” sê Amor (45) in ’n eksklusiew­e onderhoud met Huisgenoot.

Maar nou, ná sy dood, is daar glo nie genoeg geld in sy boedel om in sy geliefde kinders se behoeftes te voorsien nie. Daarby sê Amor en haar prokureurs hulle sukkel om antwoorde uit Joost se familie en regspan te kry. Hulle weet wel Joost het drie TV-stelle aan Amor nagelaat. Origens is Jordan en Kylie sy enigste erfgename. Maar of daar enigiets in die boe- del is, weet hulle nie.

Intussen stroom die rekenings in, soos dié van Telkom wat in Joost se naam was. Die landlyn in Amor en die kindersrs se huis op die Dainfern-landgoed noord van Johannesbu­rg – en daarmee saam hul internetve­rbinding – is afgesny omdat die rekening nie betaal is nie.

“Nou die dag vra Jordan my ná skool of ons na ’n restaurant kan gaan sodat hy hulle Wi-Fi kan gebruik om sy huiswerk te doen,” vertel Amor.

Dan was daar die “ongeloofli­ke verleenthe­id” toe Kylie se perdryskoo­l Amor inlig die maandeliks­e fooi is nie betaal nie, terwyl sy oortuig was dit is.

Kylie, wat aan perdesport deelneem, werk hard om weer soos verlede jaar vir die Gauteng-span gekies te word. As sy die span haal, sal sy later vanjaar aan die Suid-Afrikaanse byeenkoms deelneem.

“Kylie sal iets oorkom, want haar perd, Zossie, is al een met wie sy praat. Sy hou alles binne; dit is net by haar perd dat sy vertroosti­ng kry. Sy sal ure lank net by haar perd sit.

“My kinders kry swaar, want hulle rou oor hul pa se dood. Hulle sien my huil. Hulle vra of ons die huis gaan moet verkoop. Hulle vra of ons nog geld het. Jordan het nou die dag gesê hy sal gaan sokker speel en vir ons geld maak . . .”

Sy voel asof sy in ’n dwaal is, sê Amor. “Ek ry die kinders rond vir hul buitemuurs­e aktiwiteit­e. Ons doen tuiswerk. Ek sit met kinders wat siek is. Ek sit met kinders wat vrae vra waarop ek nie antwoorde het nie. “Ek is moeg, maar ek gaan nie ophou baklei vir wat my kinders toekom nie . . .”

OM ALLES te vererger, het Amor se eie inkomste drasties gekrimp. Dis nadat sy haar linkerenke­l in Januarie in ’n Johannesbu­rgse trampolien­park gebreek het toe sy saam met die kinders trampolien spring op Jordan se 13de verjaardag­partytjie. Sy word nie meer vir vertonings bespreek waar sy moet sing en dans nie, “want ek kan nie optree nie”, sê Amor. Sy moet sit en sing en kan nie dans nie, want sy kan skaars op die beseerde voet trap. Sy kry wel bespreking­s vir motivering­spraatjies en vrouedae.

In die eerste drie maande van vanjaar het sy nie eens ’n kwart van die bespreking­s gehad as in dié tyd verlede jaar nie. Ook het sy geen bespreking­s vir optredes vir April en Mei aanvaar nie, want sy sou Belladonna in die pantomime Doringrosi­e gespeel het. Maar weens die enkelbeser­ing het daar niks van gekom nie.

“Die dokters het gesê ek moenie optree nie, want ek moenie op my enkel trap nie.

‘Ek sal alles doen wat ek moet om na my en Joost se kinders om te sien’

Maar ek moet werk, want ek moet kos op die tafel sit,” sê Amor in die kantoor van LP Baartman Prokureurs. Sy het Sean Hefferman en Louis Baartman se hulp ontbied toe sy sowat twee weke ná Joost se dood begin vrae vra oor sy testament en sukkel om antwoorde daarop te kry. Toe reeds het die kommer oor hoe sy vir Kylie en Jordan gaan sorg elke dag ál meer aan haar gevreet.

Sowat ses dae ná die gedenkdien­s op Loftus Versfeld het Sean vir die eerste keer Ferdi Hartzenber­g, Joost se prokureur, gebel en ’n afskrif van sy testament versoek.

Toe hy dit ná ’n gesukkel kry, het sy kopseer begin, vertel Sean. “Die testament is einde 2015 opgestel, maar Joost het dit nie onderteken nie.

“Ek is onder die indruk hy was toe nog in staat om selfs net ’n merk op die testament te maak. Wanneer iemand nie self kan teken nie, is daar sekere voorskrift­e oor hoe so ’n testament moet lyk.

“Dié voorskrift­e is nie heeltemal nagekom nie,” meen hy. “Die meester van die hooggeregs­hof sal moet besluit of die testament geldig is of nie.”

Volgens die testament het Joost drie trusts gehad. In die eerste is net een eiendom, Nondela. Amor weet net dit is ’n standplaas op ’n bankrot landgoed.

In die tweede trust, die J9-trust, is twee meenthuise op die Dainfern-veiligheid­slandgoed wat verhuur word. Amor woon op dieselfde landgoed in ’n huis wat sy en Joost saam besit het. Hy het tot sy dood ook op dié landgoed gewoon, maar in ’n huis wat hy gehuur het.

Jordan en Kylie is die begunstigd­es van die J9-trust en Joost was die enigste trus- tee. Die probleem is, nou ná Joost se dood is daar nie ’n trustee nie.

“Dié trust het Amor en die kinders se uitgawes betaal. Dit blyk ook dat Joost van sy mediese uitgawes uit dié trust betaal het. Die trust se bankrekeni­ng is intussen gevries,” sê Sean.

Laastens is daar die J9-stigtingtr­ust, waarvan Jordan en Kylie ook die begunstigd­es is. Mense wêreldwyd het met die jare geld aan die J9-stigting geskenk vir navorsing oor MNS en om lyers se lot te verlig. Wat van dié stigting se geld geword het, is vir Sean duister.

DIT maak alles nog meer ingewikkel­d dat Joost en Amor binne gemeenskap van goed getroud was. Die helfte van die boedel behoort dus aan haar, maar sy is ook verantwoor­delik vir enige skuld daarin. Dit lyk vir Sean asof Joost sy lewenspoli­sse laat uitbetaal het om sy mediese koste te dek. Daar is glo nog een polis, maar Sean weet nie wat dit is nie.

“Daar is ’n (magdom) regsproble­me met Joost se testament en boedel waarvoor ons nie antwoorde het nie,” sê hy. “Dit voel asof Joost se goed nie mooi in plek was nie, asof sy afsterwe almal en homself onkant betrap het.”

Amor begin die bedrae opnoem waarvoor sy ná Joost se dood elke maand verantwoor­delik is.

Jordan is deels gehoorgest­rem (hy het danksy ’n kogleêre inplanting 90 persent gehoor in een oor, maar net 20 persent in die ander) en is by ’n skool vir kinders met spesiale behoeftes. Net sy skoolgeld en geld vir sy fasiliteer­der en spraaktera­peut beloop R22 000 per maand. Die koste vir Kylie se perd en perdryless­e is R7 000 en haar inskrywing­sgeld vir kompetisie­s R1 000. Joost het haar skoolgeld vir die eerste kwartaal vooruitbet­aal.

Nog maandeliks­e uitgawes is R7 000 vir hul mediese fonds, R9 000 vir water, elektrisit­eit en heffings, R1 000 vir DStv, R6 000 vir die huishulp en tuinman, sowat R6 000 vir versekerin­g en R2 500 vir selfoondat­a nadat hul Telkom-landlyn en ADSL afgesny is. Dan is daar nog kos wat Amor ook moet koop.

“Ek het nie geld om alles te betaal nie,” erken Amor. “Daar is vir my gesê ek moet ’n dip in my leefstyl vat as dit moet. Ek gee nie om om af te skaal nie.

“Ek gee nie om om my huis te verkoop nie. Ek sal alles verkoop, want ek sal alles doen wat ek moet om na my en Joost se kinders om te sien, maar my kinders sal dieselfde lewenstand­aard hê as voor hul pa se dood. Niemand het die reg om dit van hulle af weg te vat nie.

“Soms wil ek net in die bad klim en huil,” sê Amor moedeloos.

Buiten die kinders se uitgawes wat Joost gedek het, het hy nooit gehuiwer om te betaal wanneer hulle ekstras nodig gehad het nie, veral wanneer dit iets met Kylie se perdry of Jordan se sokker te doen gehad het. “Joost sou enigiets vir sy kinders doen,” sê Amor. “Hy het altyd belowe dat die kinders ná sy dood versorg sal wees. Altyd.

“Ek het hoeveel keer by hom gekom en gevra of alles in plek is, want hy kon enige dag doodgaan; ék kon doodgaan. Ek

het selfs vir hom my testament gewys. Maar hy het nooit enige van sy dokumente vir my gewys nie. Hy het net belowe alles sal oukei wees. Dit is waarop ek vertrou het. Ek het hom met al ons geldsake vertrou. Maar ek was naïef.”

HUL kinders het Joost nooit as die fiks en gespierde Springbokr­ugbyspeler geken wat hy eens was nie. Jordan was drie en Kylie ’n jaar oud toe MNS by hom gediagnose­er word. Al wat hulle geken het, was ’n siek pa.

Dit was nie vir hulle maklik om hul pa so te sien agteruitga­an en hoe hy later in ’n rolstoel gesit en in ’n “robotstem” met hulle gepraat het nie. In die laaste paar maande van sy lewe kon Joost net praat met die hulp van ’n rekenaar wat op die beweging van oë reageer.

Aan die einde was dit veral moeilik om hul pa gekluister aan ’n suurstofma­sjien te sien. Tog het Amor en die kinders hom gereeld besoek.

Haar geldelike penarie maak alles vir die kinders nog erger, sê Amor. “Dit veroorsaak spanning en die kinders voel dit aan. Ek vra nie geld vir myself nie. Ek kan vir myself sorg, maar moenie my kinders te na kom omdat jy iets teen my het nie.”

Haar kinders word benadeel omdat Joost se familie haar haat, sê sy reguit.

Hoekom? Omdat sy Joost nie wou terugvat nie toe MNS in 2011 by hom gediagnose­er word, meen sy.

In daardie stadium was hulle reeds ses maande in ’n skeigeding gewikkel . “Toe die siekte gediagnose­er word, het ek gevoel asof ek net weer verkul word, want hy het nie siek gelyk nie. Hy het soveel keer vir my gejok. Daar was die seksvideo waarvan hy drie jaar geweet het voor dit uitgekom het.

“Toe word vir my gesê hy gaan oor twee jaar dood wees en ek moet hom vinnig vergewe. Ek hét hom weer vergewe, soos menigmaal tevore, maar ek kon net nie meer saam met hom in ’ n huis woon nie.”

Joost se ouers, Gustav en Maria- na, het haar so oor dié besluit verkwalik dat hulle twee jaar nie met haar gepraat het nie, sê Amor. Sy het nooit haar kinders van Joost se ouers weggehou nie, maar hulle was nooit so betrokke by die kinders se lewe soos haar eie ouers nie, voeg sy by. Met Joost se gedenkdien­s in die Loftus Versfeld-stadion het sy uitgesluit gevoel. Amor vertel sy is gevra om alleen voor te sit in ’n ry met 10 leë sitplekke. Haar ouers, Dario en Delyse Vittone, is aangesê om agter haar te sit, nie langs haar nie. Die Van der Westhuizen­s het almal saam in die regterkant­ste blok gesit.

“Hoekom moes ek alleen voor sit soos ’n black widow?” vra sy bitter. “Ek moes Jordan smeek om langs my te sit. Hy het vir my gesê hy moet saam met die Van der Westhuizen­s sit.”

Sy is nie toegelaat om ’n boodskap in die begrafnisb­rief te skryf nie. En toe foto’s uit Joost se lewe op ’n groot skerm vertoon word, was sy op geen enkele een te sien nie. Ook is geen foto’s gebruik wat sy van hul gesinsvaka­nsies verskaf het nie.

“Ek is heeltemal by alles uitgesluit. Ek is die ma van sy kinders. Ek was sy vrou. Ons het sewe wonderlike jare saam beleef. Die laaste sewe jaar, toe ons nie saam was nie, was ons byna elke dag in mekaar se huis. Ons het Kersfeeste en vakansies saam deurgebrin­g.

“Sedert hy dood is, voel dit vir die eerste keer asof ons uitmekaar is, want ek het dit nooit verwerk dat ons nie meer saam is nie . . .”

Soos Amor ook op Joost se gedenkdien­s gesê het, is sy tot vandag toe nog baie lief vir hom. Tot aan die einde was hulle nog goeie vriende. Sy het nog die WhatsApp-boodskappe waarin Joost tot ’n week voor sy dood vir haar gesê het hy is lief vir haar.

En in ’n e-pos wat hy middel verlede jaar aan haar gestuur het, het hy geskryf hy is jammer oor die video en dat hy haar verkul het. Hy het haar ook bedank dat sy ’n goeie ma vir sy kinders is.

“Joost was my eerste liefde, die pa van my kinders. Ek dink nie dié situasie sou Joost se wens gewees het nie. Hy sou nie Jordan en Kylie uit hul skool wou laat haal nie. Hy sou nie wou gehad het Kylie moenie meer perdry en Jordan moenie meer sokker speel nie. Dit is al wat Jordan wil doen: om eendag vir (die Engelse sokkerklub) Liverpool te speel.”

Amor sê sy weet nie hoekom Joost nie sy sake agtermekaa­r gekry het nie. Sy weet nie of hy al die jare vir haar daaroor gejok het en of hy dalk nie die regte raad ingewin het nie.

Sy weet nie of Joost se familie net besluit het dat haar kinders nie hul deel uit sy boedel moet kry nie.

“Hoe kan daar geld wees tot in Februarie om alles vir Jordan en Kylie te betaal, en skielik is alles net weg?” vra sy. “Ek weet Joost se kinders was alles vir hom. Hy sou nie wou gehad het dat sy kinders slegter daaraan toe moet wees nie.”

Blaai om vir ’n verduideli­king van Joost se broer Pieter van der Westhuizen en sy prokureur oor die testament en boedel.

 ??  ?? Deur HILDA VAN DYK Foto’s: LUBABALO LESOLLE HOOFFOTO: Amor Vittone glimlag nog ten spyte van die bekommerni­sse oor hoe sy ma-alleen vir haar twee kinders gaan sorg ná die dood van haar vervreemde man, die oud-Springbok Joost van der Westhuizen.
Deur HILDA VAN DYK Foto’s: LUBABALO LESOLLE HOOFFOTO: Amor Vittone glimlag nog ten spyte van die bekommerni­sse oor hoe sy ma-alleen vir haar twee kinders gaan sorg ná die dood van haar vervreemde man, die oud-Springbok Joost van der Westhuizen.
 ??  ?? LINKS:LI Joost se familie by sy kis tydens sy gedenkdien­sge op Loftus Versfeld in Pretoria.ri ONDER: Amor sê sy sal enigiets doen om te verseker haar kinders, Kylie en Jorda dan, , se lewenstand­aard blyy dieselfde. SHARON SERETLO
LINKS:LI Joost se familie by sy kis tydens sy gedenkdien­sge op Loftus Versfeld in Pretoria.ri ONDER: Amor sê sy sal enigiets doen om te verseker haar kinders, Kylie en Jorda dan, , se lewenstand­aard blyy dieselfde. SHARON SERETLO
 ??  ?? VERSKAF
VERSKAF
 ??  ?? Amor en haar prokureurs, Sean Hefferman (links) en Louis Baartman, praat oor al die vrae wat hulle het na aanleiding van Joost se testament van einde 2015.
Amor en haar prokureurs, Sean Hefferman (links) en Louis Baartman, praat oor al die vrae wat hulle het na aanleiding van Joost se testament van einde 2015.
 ??  ??
 ?? MARTIN DE KOCK ?? BO: Joost het sy lang stryd teenMNStee­n MNS in Februarie verloor. ONDER: Amor sê hy sou nie wou hê dat sy kinders swaarkry nie.
MARTIN DE KOCK BO: Joost het sy lang stryd teenMNStee­n MNS in Februarie verloor. ONDER: Amor sê hy sou nie wou hê dat sy kinders swaarkry nie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa